EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 4 - 12.12.2015 om 21h00

(Aan Wendy)

"Jankempdorp. Pas op vir wat daar gaan gebeur.

Sowaar as wat goud uit 'n gat in die grond kom en wesens daarvoor rondkrabbel, so gaan hulle wees wat Waarheid gaan soek en met groot moeite in gate daarvoor grou, want hulle sal niks van waarde kry nie. Die gate is verlate en die plekke gevaarlik.

Kom, koop van My, sonder geld, die skatte wat mot en roes nie verweer nie. Waarheid sal julle ontvlug wie haar nie nou aangryp nie. Kom! Kies die Lewe! Moenie die afgrond in 'n “waas“ van ongevoel nader nie. Die vyand van jou siel staan reg om jou oor te help na die duister dieptes van die Afgrond. Kom, neem My Hand en laat My toe om jou heel te maak. Die slaggate en verspoelings van jou lewe wat jou pad 'n woesterny gemaak het, sal Ek vir jou nuut opbou. Ek wil jou die beter Weg wys, EK is die Weg en nooit kan enige situasie My ontdaan maak of onkant vang nie. Plaas jou vertroue in My en kom leer My Weë aan My voete.

"Liefde vir Vader en Liefde vir jou naaste" het julle al gehoor. Dit wat nie uit liefde in jou hart uitborrel vir jou naaste nie, is nie van My nie en jy moet jou hart deeglik ondersoek. Die spreuk is Waarheid wat sê daar kan nie soet en brak water uit een fontein kom nie. Kyk uit, die toets is daar vir julle om, gedurende die dae wat kom, hulle te eien wie nie van My is nie. Hou julle harte skoon en rein voor My, want slegs hulle wie rein van hart is sal My sien. Dit is nie vir jou om in die regterstoel te gaan sit en woorde te spreek oor enigiemand nie, nog minder My kinders. Bewaar jou tong, leer om stil te bly en kasty jou hart, sodat die oorloop daarvan jou nie die wenpaal laat misloop nie. Die wie ore het om te hoor, laat julle hoor.

Hoor die Liefde wie julle naderroep soos die hert wie deur die skerms loer. Kom My Beminde, My Bruid! Die uur is laat en tyd amper verstreke. Maak skoon, maak reg, want jou Bruidegom is om die draai. Hoor die stemme van Sy Getuies!"

Amein!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205