EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 40 - 10.02.2016 aan Wendy

"Skryf My Dogter, My Kind

Ek neem julle nie kwalik wie nou tot die besef gekom het julle is nie bestem vir die taak van Vrou nie. Julle het ook spesifieke take en sal dit van My ontvang. Bly julle naby My, my Kleintjies, want EK IS julle Beveiliging, julle Skans en jul Vesting. Pa sorg vir alles wat Sy Kinders nodig gaan kry. Vertrou op My, vertrou in My. Ek sorg vir jou.

My Liefling, My Bruid, vibreer julle in elke vesel met die trompetgeskal wat Ek uitstuur oor die aarde? Ek wek My Kinders op om Ramshorings te blaas; wees gehoorsaam wanneer Ek jou daartoe beweeg. Julle verstaan nog nie wat dit in die onsigbare realm doen nie. Wees net gehoorsaam, die res sal duidelik word soos wat Ons aangaan. Julle gaan nog verwonderd staan oor hoe gehoorsaamheid in die klein dingetjies julle van waarde gaan wees in My Ryk.

Kom neem byvoorbeeld 'n pak papier en maak daarvan 100 papier waaiertjies. Hulle lyk almal soort van dieselfde, maar elkeen is uniek gevou, op sommige is daar bietjie verf, en prentjies en ontwerpe. Ander het patroontjies daarin uitgesny. So My Kinders, My Bruid, is julle elkeen ook uniek en het julle dan ook so elkeen 'n taak wat by julle gaan pas. Soos My Bruid opgemaak is uit baie dele, Haar liggaam waarvan Ek die Hoof is, so kan slegs die mond praat en die hand optel en vashou. Dit is nie 'n "een grootte pas almal" nie. Almal dien in nederigheid, in LIEFDE en in VREUGDE! Net soos wat die trompetgeskal elke deel van jou opwek, so word My Bruid in elke deel opgewek. Kom, My Bruid! My Liefling, dit is Tyd!!

Waaragtig en Getrou is My Beloftes aan elkeen van julle. Moenie bevrees wees dat Ek julle "vergeet" het nie, dit kan Ek nie, Ek maak ook nooit 'n fout nie. EK KEN JOU, Ek weet wat Ek en jy saam gaan vermag. Vee jou herd skoon, pak al die skottelgoed weg. Trek die binnedeure toe nadat julle die vensters op knip gesit en die gordyne toegetrek het. Dis tyd om te vertrek.

O Kom na My, My dogter, My Bruid! Laat ons in die laning afloop in die laatmiddagson. Die skaduwees maak lang arms en die vroeë aand voëls begin hul regskud vir hul sang beurt. Hier en daar word nog goggas gevang as kos vir die kroos in die nes. Die pas verlangsaam, die Aarde sug en raak stil. Dit is die oomblik voor die son sak en alles kry gouer kleur. Die stof in die lug gee effense appelkoos kleur aan die wolke en die kleurpallet verdiep soos wat die son groet. Dis vroegaand en die kriekekoor begin, ook die paddas by die dam. Die sirkel om ons verklein totdat dit net Ek en Jy is. Die kleure en vorms raak weg in die verdiepende skemer. Ons is nog nader aan mekaar. So sal dit wees wanneer die donker gekom het. EK EN JY!

Ek wil dat julle vir jul sulke prentjies opbou, van tye wat Ek al by jou kom kuier het, tye wanneer Ek jou gehelp het, met jou kom praat het onder die boom by die dam. Die prentjies wat in jul harte gebêre is, van beloftes en woord en Seën gaan julle deurblaai in die dae wat kom. Dit gaan belangrik wees, want al kom julle op 'n plek waar julle van My afgesny voel, sal Ons onthou tye jou deurdra, soos die foto’tjie van geliefdes in die beursie van die soldaat op die gevegsfront. Daar is NIKS wat jou van My kan skei nie, onthou dit in hierdie Tye van Toetsing. NIKS KAN JOU VAN MY SKEI nie, Ek is met jou, My Liefde is oral en hulle wie vaste vertroue in My het, sal nie deur die donker oorval word nie. EK, die Lig in jou, sal die Baken wees vir hulle in die donker wie smag na Lig. Hulle sal na jou kom, My dogter, My Bruid, hou jou oë op My, jou hart in My verborge. Ek is jou voorsiening in ALLES. Ek ken jou hart, Jy is MYNE.

Bid vir julleself vir Lig en Liefde, Krag en Sterkte van wil wanneer Ek julle besoek, Guns, Genade en Vrede. Ek is die Gewer van alles goeie gawes wat aan julle sal gee.

Hou julle oë op My, maak seker van jul Bruidsgewaad, jul kleed en tooisels en WAG OP MY. Ek is HIER, My Liefling EK is HIER.

EK IS" Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205