EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 43 - 02.03.2016 om 04:30 aan Wendy

Kom LOOF JAHWEH, AL die KNEGTE van JAHWEH!

Kom LOOF JAHWEH, AL die KNEGTE van JAHWEH, wie Snags IN DIE HUIS VAN JAHWEH STAAN!

"Skryf my Lief-Kind, My Dogter

Dit is nou die tussen-hartklop tyd en die Tye is hier. Die gelykenis van die Saaier sal vir julle nou al nuwe betekenis gekry het. Moenie verbaas wees nie, het Ek julle nie gesê dat dit gaan gebeur nie? Ek het ook gesê dat die Saad op Goeie Grond tot 1000 keer meer sal lewer.

Wees versterk in jul innerlike en weet dat alles is soos wat dit moet wees. Die sifting van die groepe het begin, daar waar mense hul vergader. Wees onderrigbaar, wees naby My Voete en kom neem die kruis op. Die kneg is nie verhewe bo sy Meester nie. Daar is min van My Knegte wie in die Tempel staan en die nagwaak hou. Kom vra My hieroor en Ek sal jou onderrig.

Hef op julle hande na My Apartgestelde Plek, en LOOF MY!

Kom My Kinders, moenie swaar van hart wees wanneer jul sien wat aan die gebeur is nie. My teenpool is soos 'n tierende wilde dier wat deur lammers beweeg, en sovêr hy gaan byt, verskeur en laat stukkend agter, dood. Die winde vanuit die vier hoeke is losgelaat. Dit is skokkend vir julle, My Kinders, maar Ek maan julle om jul oë op My te hou, want dit gaan vererger, en vinnig. Dit wat My teenpool verhinder het, is weggeneem en hy sal hom wreek op My skepping, My maaksel. Wees nie bevrees nie, Ek het oor hom triomfeer en hy maak dieselfde fout as toe. ALLES is binne My Plan om hierdie skepping terug te bring na My toe. Ek is jul Redder, Ek is jul Voorsiening, julle is Myne!

Nou is die tyd vir julle om elke oomblik, elke gedagte aan My te wy. Aan elkeen van julle is ’n "laaste kans" gegun om julle nog meer in My te verdiep. Wees baie duidelik oor die volg van My instruksies. Ek sal met elkeen van My Kinders praat in jul innerlike. As jy nog nie My Stem kan hoor nie, kom nou na My toe. Daar is nie meer tyd nie, jul geleenthede daarvoor is haas uitgeloop. Hoor die Roepstem!

Ek is hier, My Liefling, My Bruid! Hou moed, hou vas. Bly gerig op My. Ek kom vir jou. Ek kom na jou. Jy is Myne!

Ek Is"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205