EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 44 - 08.03.2016 om 17h20 aan Wendy

"Skryf My Liefling, My Bruid

Ek neem julle aan wie nou nog na My sal kom in ootmoed en afgryse oor jul sondebesef. Kom neem van My om te eet en drink en word versterk, julle wie uitgemergel is deur My teenpool.

Daar is niks wat julle kan oorkom, julle wie In My is, en julle sal op slange en skerpioene trap.

Voorwaar Ek sê vir julle daar kom die dag wanneer julle bekragtig gaan word en julle sal verwonderd wees oor die tyd toe julle nog daarna gesmag het. Let op! Die Werk begin dan en dan gaan daar nie tyd wees om terug te sit nie. Julle word nou reeds gelouter deur werksdruk, emosionele en geestelike druk wat maak dat julle julle taak goed sal kan volbring.

Moenie sit en wonder wat julle take gaan wees nie, julle kan aan die neus gelei word deur jul eie denke en die hoogmoed kan weer opstaan in julle. Wees tevrede dat julle in My Diens is en dat julle My Geliefdes is.

Ek sal jou nie 'n taak gee wat jy nie sal kan doen nie.

Die woorde aan My knegte Nicolaas en Johanna is nou nog meer in jul gedagtes en dit is reg. Ek herinner mense aan gesigte soos wat Ek ook mense herinner aan Skrif uit die Bybel. Hulle wie nog altyd glo die Skrif is die enigste Woord van My, moet begin insien dat so ook is My knegte se woorde van My, Nicolaas en Johanna, asook die ander neergeskrywe woord wat Ek aan My getroues deurgegee het en wat verwerp word. My Waarheid is ewig en sal bly staan.

Gaan en neem My Woord op en saai dit in jul harte, maak eers die lande skoon, rol die klippe uit en maak seker die kluite is opgebreek. My saad kom vinnig op en lewer gou oeste. Wees getrou om die onkruid uit te roei.

EK IS jul Man, EK IS jul Vader, EK IS Waardig en Geloofwaardig. KOM NA MY, die tyd is min. Moenie rondkyk en wonder "wat nou, waarheen nou" nie. Julle moet wegkom van die een wie aan die stuur van sake wil wees. Ek IS die Heerser, EK IS die Koning!

Kyk hoe kan 'n klippie in jou skoen jou skaaf en rasper totdat jy baie vinnig nie meer kan of wil loop nie, om nie eens te praat van draf of hardloop nie. Julle kan nie "klippies" met julle saamdra nie, dit wat buite My Orde is, MOET julle van ontslae raak. Ek praat ernstig met julle, want Ek sien daar is nog dit en dat wat julle dink nie 'n probleem is nie, wat 'n klippie in julle skoen gaan wees. Eers bring dit net ongemak, later voel dit soos 'n rots. Maak los jou veters, trek jou skoen en kous uit as jy moet en sorteer die saak voor My uit.

Die wa-wiel het begin draai en dit wat daaraan vasgepak het, is besig om los te kom. Wees bedag, kyk uit, want julle lewens gaan baie skielik verander. Luister baie mooi na My Stem.

My Bruid, My Liefling, Ek is nader aan julle as wat julle kan dink. Moenie moed verloor nie, moenie julle ore uitleen vir die influistering van Duisternis nie. Al, Al, Al My Beloftes aan julle SAL EK DOEN! Wees getrou en BLY in My GLO. Ek is nie 'n mens dat Ek vir julle sal lieg nie. Ek laat hierdie ook toe, want Ek wil hê dat julle ook hierin geoefen en getoets moet word. My Woord is EWIG, en STAAN VAS VIR ALTYD. GLO my, Vertrou My!

Sing My Lofsange, Hef My Naam op, sing luidkeels van My Dade, want julle is My Kinders, My Liefling. Ek is jul Losser en het reeds vir julle betaal. Duur gekoop en Kosbaar is julle! Dit is nou nie meer lank nie. Kom nog nader aan My, wees geborge in My. Kyk net na My en julle sal nie mislei kan word nie. Ek hou Myne veilig, luister net na My Stem, My instruksies. Ek is Lief vir julle!

EK IS"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205