EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 45 - 11 en 12.03.2016 aan Wendy

"My Liefling, My Bruid!

Kom neem die pen op in vaste vertroue in My, Ek gaan jou nie mislei nie. Bly in My Lig. Jy weet wie jy is.

Soos wat Ek gesê het, het Abraham en Abimelek 'n verbond gesluit oor 'n put en het Abraham vir hom sewe ooi lammers gegee as deel van die verbondsluiting. Neem waar, Ek doen dinge op 'n manier wat teen die normale orde ingaan. Om ’n verbond te sluit is nie 'n ligtelike saak nie en Ek maak hoe Ek WIL.

Soos 'n tsunami gaan die golf van geweld hierdie land oorspoel. Veilige plekke gaan daar wees, daar My Hand My Kinders sal oorskadu. Hierdie is nie onverwags nie. Waarsku Ek nie al jare deur My profete van die Tye wat kom nie? Hierdie golf is nie net tot Suid Afrika beperk nie, maar gaan die wêreld oorspoel. My Aarde kreun in barensnood, sug vir die verligting van haar pyn. Ek kom vir Myne. Ek kom, om hulle wie nog gered kan word, te ontruk soos smeulende stompe vanuit die vuur.

Moenie dat julle emosies onstuimig word nie, My Kinders, moenie sondig nie, bly IN My. Hou julle oë op My. My teenpool gaan poog om julle van balans te gooi. Onthou die giroskoop. Bring die sewe in balans in jou innerlike en laat die arms begin draai, staande altyd op My Orde!

Weer nie bevrees nie, want Duisternis sypel in die hoekies van jou siel in wanneer jy vrees in jou toelaat. Ek is jou Beskermer, Ek is jou Voorsiening, Ek is jou Man.

In My Huis is daar Lig, is daar Liefde, is daar Lewe.

12.03.2016

Besin oor dit wat uit julle uitborrel en kom na My met dit wat nie-Lig, nie-Liefde en nie-Lewe is. Ek sal julle help, Ek sal julle die regte perspektief gee. Julle is Myne. Dit is besig om donker te word en dit kan oortrek in julle siele as julle nie daarop gaan let nie. Wees geanker, vas op die Rots. Hier by My kan die Winde en gedonder julle nie raak nie. Alles verloop volgens My Plan.

Hef Lofliedere op na My! Ek is suiwer Lig en daar kan geen Duisternis wees waar EK IS nie. My kindertjies, wees geborge IN MY. My Bruid kyk uit, EK IS HIER!

EK IS!"

Amein

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205