EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 46 - 12.03.2016 om 14h00 aan Wendy

"Skryf My Geliefde, My Bruid!

O My Geliefdes! Julle wie nou na My gryp neem Ek aan! En julle wie reeds deur My gewas is en in My Huis is, voel hoe My Gees in julle opwel. Leer om na die Gees te luister en trap enige denke van vrees en ongeloof plat. Die roering in julle is die begin. Groot en Magtig is Ek, JaH van die Leërskare! Niks gebeur sonder dat Ek dit sien nie, niks. Word versterk in jul innerlike deur My Gees. Ek is jul Brood en Wyn.

Binnekort vier julle Pasga, laat Ek julle geestelike oë open daaroor in hierdie tyd. Keer binne na My, sonder af tot My. Julle sal My Stem nie hoor tussen die wêreldse gebrabbel nie.

Julle mag dink dat Ek tog nie die dood van soveel van julle volksgenote kan goedkeur nie. Julle uitkyk is nie Myne nie. Dit is goed dat julle harte verskeur word daardeur, want daardeur word julle oop om My Stem te hoor. Hoor My weer wanneer Ek sê: Jou siel leef vir Ewig en kan nie sterf nie, nie soos die vleeslike kleding waarmee julle nou in hierdie wêreld omgaan nie. Alle lewe is uit My en Ek hou alles in stand. Ek ken die hart van elkeen van julle, jul volksgenote s'n is nie toegesluit vir My nie. Hulle wie reeds ontslaap het, het nader aan My gekom in hul laaste oomblikke. Geeneen van hulle se dood is verniet nie. Ek LIEF my skepsels, My Kinders. Hulle wie hul harte ver van My gehou het, is na die duister ryke, maar hulle sal uiteindelik na My keer! Kyk weer na die woord "ont-slaap". Hulle is nou almal werklik WAKKER!

Laat geen woede wortel skiet in jul harte nie, dit wurg Liefde in jou dood en daar bly net donkerheid agter. Bring julle hartseer, julle skok, julle wrewel na My toe en Ek sal julle help daarmee. Kom wees 'n Kind in My Huis. Ek IS jul Ewige Pa en sal jou help met alles wat jy nie kan doen of verander nie. Jy moet net vir My VRA.

Kom verlaat julself op My. EK is jul sekerheid, Ek is jul Verlossing. Is enigiets te moeilik vir My? Ek is JaHH, jul Elohim wie julle uit Egipte gelei het, julle gered het van die Doodsengel en verlos het van Egipte deur hulle voor julle oë weg te veeg. Gaan weer deur die verhaal van die Pasga en kom leer van My.

Deugsaam moet julle maagde wees wie wil reg wees om by die Bruilof in te kan gaan. Die Bruid se enigste fokus is die Bruidegom. Daar is geen oomblik wanneer sy nie aan Hom dink nie. Is Ek so in jul gedagtes? Is Ek julle s'n? Haal nie julle oë van My af nie. Elke Hartklop behoort aan My, My Geliefdes.

My Kinders, kom sit aan by My Tafel en eet, vleis en groente en geniet die beste wyn. Die tyd vir melk is verby.

Daar is nie eens meer sekondes voor middernag nie. Kyk uit vir die gebeure wat Ek deur My profete aan julle verkondig het. Soos 'n basuin het Ek My woorde aan julle deurgegee en tog het min hulle daaraan gesteur. Slegs hulle wie die Liefdesvonk in hul harte het, word na My aangetrek.

Genadig en Barmhartig is Ek aan almal wie My aanroep! Roep my aan Waaragtig vanuit jou hart en Ek sal jou noodkreet hoor en jou kom help. Geen ander manier sal werk nie!

Geen geoefende gebede, dit wat jy iewers op papier gekry en geleer het, gaan werk nie. Ek moet in Waarheid en Gees aanbid word. Gebede vanuit die hart moet na My opstyg. My koninkryk is van die Gees! Die tyd is verby om nou te wil uitwerk wat jy moet doen. Roep My aan vanuit julle hart en Ek sal julle antwoord, julle red. Ek sal julle alles leer wat julle nodig het en julle by grysaards plaas waar julle in nederigheid sal moet leer. Jy sal vinnig moet leer ook. Die Tye is op julle en die gevaar is al om julle. Leer om na My Stem te luister. Luister baie fyn na die grysaards, hulle sal jou in My Weë onderrig. Werk hard om My Stem te hoor, My Kleintjie! Ek het werk vir jou om te doen in My Koninkryk.

Barensnood ken die moeders wie hul kinders gebaar het in My Orde. Dit is vir julle, My Dogters, 'n simbool van wat My skepping nou deurgaan. Die dringendheid en dwingendheid kan nie gekeer word nie. Net so is dit met haar, My dienende skepsel.

Ek sê weer, julle toetsing sal voortduur tot julle bemagtiging. Hou moed en maak werk van elke puntjie wat nog nie reg is voor My nie! Kry die onkruid uit jou lande uit. Jou oes sal groot wees!

Kom My Kinders, julle wie nog hier en daar jul eie weg wil gaan. Kom nou in My Orde en julle sal die seëninge om julle sien vermeerder. Werk hard aan julself en julle kan dalk nog Bruidskap kry. Alles hang af van jul keuses.

My Liefling, My Bruid, My Kinders, My Lammers! Hoor My Roepstem! Ek IS HIER! Ek is Lief vir julle!

EK IS "

Amein

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205