EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 47 - 14.03.2016 om 02:50 aan Wendy

Skryf My Lief-kind, My Bruid

Kom LOOF My in die middernagtelike ure, hef julle hande omhoog en Seën My met danksegging, want EK IS julle Skepper, EK IS jul Verlosser, Redder en Beskermer.

Wat gebind is op aarde is, is gebind in hemele, wat gelos is op aarde is gelos in die hemele. Kom en verstaan mooi waaroor dit gaan. Alle "tegnieke" wat nie vanuit algehele Liefde ontstaan nie, is nie van My nie. Ek is Liefde, Ek is Lig, Ek is Lewe. Sit die fyn tand kammetjie deur jou gedagtewêreld en verstaan van waar julle rympies, julle dogma, vandaan kom. In My is GEEN DUISTERNIS nie! Wees leerbaar, wees duidelik oor hierdie punt: My Bruid is hier vir My kinders, die skones, die stofbesmeerdes en die wie vir jare in die bos wegkruip, vuil, vol peste en verwilderd. Jy moet na My Stem luister en doen. Dit is nie vir jou om te kies wie Kind mag wees nie. Jy was self in die bos en daar het Ek jou kom uithaal, skoongewas en aangetrek en geleer om mens te wees. Kritiek is om op die regterstoel te sit en niemand het die reg daartoe nie.

My kamp is Rein, andersins kan Ek nie daar wees nie. Wees versigtig om nie drekgode, idole in jou huis te begrawe nie. Die straf en moontlike dood van jou mense in My Kamp sal op jou wees. Moet My nie vertoorn nie. Moet nie deur ongehoorsaamheid aan My Stem die vyand van julle siele ingang in My Kamp gee nie. Soos in die dae van Moses sal Ek Myne beskerm teen jou rebellie. Julle is onder bevel.

Soos sagte reën die aarde verfris en versterk, so is My Gees vir julle siele. Kom staan in die Reën en laat My Lewe in julle gedy, My Liefde in julle blom en My Lig julle deurskyn. Alles is soos wat dit moet wees. Ook julle nou in hierdie Tyd as Kinders van My Huis.

Laat die HALELUJAH's uit basuin vanuit julle siele, 'n refrein van Lewe, Lig en Liefde! Voel die diepgesetelde Bron in jul harte dit laat opborrel en uitklink soos die geskal van Ramshorings! EK IS HIER!

My Liefling, Ek is HIER! EK IS" Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205