EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 57 - 03.04.2016 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Ek wil dat julle nie mismoedig word nie, moet nie die vyand aan die hoeke en kante van julle siele toelaat nie, dit is soos 'n fyn mistigheid wat vinnig tot 'n wolk sal opbou. Beskerm julle harte en hou julle oë op My gefokus. Dit is voorwaar nie eens meer 'n hartklop voor Ek by julle sal wees nie en gaan die gebeure in maat ’n aanvang neem.

Kom, neem julle kruike op en lig dit na bo! Vir julle wie op My wag, is daar Helder Reën, Water vanuit die Fontein om julle te verkwik en te genees. Maak seker jou kruik het nie krake in nie, dit sal nie die gewig van Water kan hanteer nie. Kom eers na My en Ek sal julle kruike heelmaak.

My Kinders, Ek wil hê dat julle seker moet wees dat julle My Stem kan hoor, sodat Ek julle elkeen op die gegewe tyd kan roep en instruksies gee. Maak die kanale oop, daar het dalk klippe ingerol of dalk grond wat die vloei belemmer. Ek is jou Leidsman, jou Aanvoerder. Wees gereed om te hoor, wees gereed om op My instruksies te reageer. Kom na My in nederigheid en Ek sal jou wys waar daar nog die een of ander vassit. Neem sorg oor hierdie saak anders sal julle dalk in die nette gevang word.

Moenie wag totdat die donderweer in julle ore knal en die weerlig teen julle voete slaan voordat julle na My hardloop nie! Julle kan en sal julself baie pyn en hartseer spaar as julle gehoorsaam aan My Roepstem is en voortydig kom. Julle ontneem julself van geleenthede om opgebou, gereinig en bruikbaar te word. 'n Koppige kind kan nie gebruik word nie.

Tel die seëninge wat julle tans geniet, want dit gaan al te gou in die verlede wees, 'n herinnering van "die dae voor die moeilikheid". Ek het My grasie oor julle uitgespan en daar is tyd vir julle uitgekoop. Gebruik elke minuut, elke oomblik, want hulle tik uit, soos die laaste paar sandkorrels in die uurglas voor My Hand dit omdraai om weer te begin loop. Dié sand is met bloed gevul, moet dus nie dink julle kan daarvoor wag nie. Vinniger sal hierdie sand deurloop, - Ek ken julle perke en sal nie dat julle vergaan nie.

My Lief-Kinders, hou styf vas aan My wanneer die blitse begin slaan. Julle is veilig by My!  Ek sal julle neem na die plek waar julle vrolik sal wees en gelukkig, die plek is IN MY. So sal julle elke dag kan werk, want EK IS met julle. Ek IS julle vesting. Jul sterk Toring.

My Bruid, skik julself, EK IS HIER! Ek sal van julle begin aanraak, moet nie bekommer dat Ek julle dalk vergeet het nie. Ek ken die Tydsberekening vir elkeen van julle. Hou vas aan My Belofte van Trou! Ek is LIEF vir julle!

EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205