EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 61 - 13.04.2016 om 15h45 (aan Wendy)

Hoe soet is die Roepstem van die Herder, die klank van Sy Stem, Sy Minnelied!

"Skryf My Liefling, My Bruid

Waaragtig en Getrou is EK, Skepper en Heerser van die Heelal. EK is jou Man, jou Voorsiener en die Bereider van jou elke dag, jou elke oomblik. Jy het gesien dat jou lewe in My Hand is en hou Ek jou veilig te midde die planne van die vyand, My Teenpool. Laat ook alles wat jy nog vashou oor aan My en word werklik vry van die teistering van My Teenpool. Kom in My Sabbatsrus!

Kom My Kinders, kom nader aan My, sodat julle My goed kan leer ken, sodat julle nie verwilderd sal wees wanneer die onheilswolke oor julle land losbreek nie. Moenie nog met een voet in die materiële sit nie, die Vlam binne julle brand dan skaars en julle is dan deel van die Louwarm groep. Met hulle kan en wil Ek niks maak nie. Hulle sal die skokke moet deurmaak.

My reëlings vir My Kinders is lank reeds in plek. Kom hoor by My waar jy moet inskakel. My take is reg vir hulle wie hulle wil neergelê het. Voete van Gehoorsaamheid.

Welgeluksalig en Gelukkig is julle wie reeds julle alles op My gewerp het, Ek weet hoe om te sorg vir Myne.

Kom, neem die Weg van Verootmoediging, My Kinders, julle wie steeds stram bly in julle denke. Aan julle is al gesê dat die tyd wat kom, nie gaan wees soos wat julle uitgewerk het, of uitgeredeneer het nie. Van julle het vir julself wegsteekplekkies gemaak. Kom voor My en erken My as julle Meester en Ek sal julle Wysheid gee oor julle besluite, julle reëlings. Wees dan ook bereid om My Stem, My Instruksie, gehoorsaam te wees. Ek is Lief vir jou, My Kind, hoe sal Ek toelaat dat jy verlore gaan? Plaas AL jou vertroue IN MY!

Dit is julle nie geoorloof om besluite te neem in My Naam, sonder dat julle voor My gekom het nie. Kinders van My Huis is binne My Orde! Erken eerder aan jou mense jy het fout gemaak en Ek sal die Weg voor jou oopmaak. Moenie dat trots en hardnekkigheid die lewens van mense kos nie. Ek vergeld en verreken met ALMAL.

Moenie bevrees wees nie My Kleintjies, Ek is HIER! Ek sal jou veilig in My Arm hou. My Liefling, Jou skittering is selfs helderder en verlig al die uithoeke van My Skepping! EK IS LIEF vir JOU!

EK IS" Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205