EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 64 - 19.04.2016 om 17h20 (aan Wendy)

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid

My Kind, Ek wil dat jy nie fokus verloor van dit wat Ek voor jou sit om te doen nie. Los die detail van jou dag, jou lewe vir My en Ek sal voor jou uitbeweeg. Het Ek nie gesê EK IS die Bereider van jou elke oomblik nie. Verlaat jou op My!

Hier kom binnekort groot veranderinge in julle land wat julle vir eers verwese sal laat in die felheid van die braaksel wat oor julle gaan uitkom. Hou julle oë op My en Ek sal julle instruksies gee en julle sal veilig wees solank julle gefokus bly. Ek ken Myne en weet hoe om julle veilig te hou. Ek het reeds die wêreld oorwin en My Teenpool poog steeds om met mag teen My op te staan. Hierdie Skepping is Myne en Ek sal verseker dat My Plan op die regte Tyd ten uitvoer kom.

Daar is nie meer tyd om nog kant en lint aan julle tooisels te sit nie, My Liefling, kyk by jou venster uit, die Bruidegom se Party kan julle reeds die ligte van sien! Hoor die roepstem van die Getuies!

Julle sal vinnige progressie van gebeure in die wêreld sien, en steeds hoor julle net die minimum. Kom hoor by My en Ek sal julle op hoogte hou. Kyk en sien hoe My Hand in elke situasie werk. Ek is die Meester van die Oes! Gaan in, My dienaars en bring My Oes na My!

HalLelu-JaH! Groot en Lofwaardig IS U! Prys en Aanbid U WONDERBARE NAAM! Dit is U Naam wat die sleutel is! U NAAM! Halleu-JaH! Hallelu-JAHH!

Daar is hulle wie steeds nie My Nuwe Bybel wil lees nie, nie die Naam daarvan kan aangryp nie, want hulle sit nog vas in ou leerstellings, ou idees van wat die posisie van "Die Bybel" moet wees. My Kind, My Kind! Kom eers na My toe en laat Ek tot jou hart spreek. Julle het begin groei in die Sieleleer. Hierdie is soos dit was vir julle in die begin. Neem dit op en hoor My Stem in julle harte. Dit is daar waar Ek jou gaan onderrig! Plaas My in My regmatige Plek in jou hart en dan kan ons begin.

Hoe kosbaar is elke siel! Hulle wie in My Ligryke is en sal ingaan, ook hulle wie in hardhorendheid en wederstrewigheid steeds op die Afgrond afpyl, of reeds daar vassit.  Basuin My Liefde vir ELKE SIEL UIT. Julle het almal, elke een, vanuit My gekom, Elkeen, almal sal na My terugkeer. EK IS LANKMOEDIG, EK IS GEDULDIG, EK IS BARMHARTIG, EK IS

Neem toe in die LIEFDE, soos Ek vir My kneg Bertus gesê het. Kan julle die praktiese hoor wat Ek deur hom vir julle sê?  Sonder LIEFDE het julle nie die beginpunt nie! Verstaan julle harte dit? Alle woorde en "vroom" gedagtes beteken NIKS sonder LIEFDE nie!  Kom voor My voete in ootmoed en giet julself daar uit van alle vooraf opgemaakte idees en planne. EK IS die Meester, as julle werklik My knegte wil wees, sal julle nie meer bekommer oor wie wat van jou gaan, sal of kan dink nie. As julle mikro-reaksie steeds is "hoe gaan dit lyk", is julle nog nie daar nie en wag groot ontnugtering op julle. My Kinders, kyk uit vir hulle onder julle wie julle sien nog hiermee sukkel en dra hulle op aan My. Ek wag net vir julle gebed om in hulle lewens te kan begin werk. Moet nie voorwaardes plaas nie, julle gebed kan hulle selfs erger daaraan toelaat. Vertrou dat Ek die beste vir hulle Wil, soos wat Ek die beste vir jou Wil. Kom in My Orde en begin jou broers en susters aan My voete neerlê.

Ek is die Meester van die Feesmaal, slegs hulle wie gereinig is en 'n kleed gegee is, sal saam met My daar kan wees! Kom NA MY!

EK IS REEDS HIER, My Liefling! Verwag My aanraking. Ek is jou Beminde en Jy IS MY BRUID!

EK IS LIEFDE.  EK. IS!"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205