EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 65 - 22.04.2016 om 12h20 (aan Wendy)

Kom LOOF JaHWeH, alle Knegte van JaHWeH! Wie SNAGS in die Huis van JaHWeH staan! Hef op julle HANDE na die Apartgestelde Plek en LOOF JaHWeH, en LOOF JaHWeH!

"Skryf My Dogter, My Bruid

Dit is vir My hartseer dat daar nog onder julle bakleiery is oor die of daai "magsposisie" en voogdyskap. Luister mooi! Ek plaas mense waar Ek Wil en gee take uit soos wat Ek dit in My Alwetendheid goeddink. Nydigheid en afguns, al is dit weggebêre in julle harte, is vir My oopgevlek en pas nie by My Kinders nie. Kom na My, My Kinders en hoor My Hartklop. Ek het elkeen van julle uniek geskape, vir ’n spesifieke doel wat geen ander van die ontelbare engelgeeste kan doen nie. Jy het 'n taak vir jou uitgekies, omdat Ek jou ken van toe jy voor My gevorm is. Wees RUSTIG, ONTSPAN en WEET dat EK JHWHSHUA, jou Skepper, weet watter take net jy kan verrig. Moenie dat die vyand van julle siele by julle influister nie. Hy wil onmin en twis saai en dit begin daar in jou hart waar net Ek dit kan sien ontkiem. Trap elke gedagte plat wat nie in lyn is met My Wil nie en bring weer en weer jou hart, jou kleed na My vir reiniging. Ek is LIEF vir jou, My Seun, My Dogter. Hou julle oë op My en verberg julle hart in My. Ek is julle Vesting.

Dit maak nie saak hoeveel tydings julle kry oor wat My Teenpool aan die gang gesit het, die dele van sy planne wat nou in werking gestel word nie. Hy is NIE die een wie in beheer is nie. Daar gaan nog meer en meer blatante uitlatings en kennisgewings deur sy kommunikasie pyplyn, deur die media oor die wêreld uitgesaai word. Kom na My met julle vrae oor wat waar en onwaar is en Ek sal julle Wysheid gee. Wees ingestel om My Hand te sien beweeg, want My Plan oorkoepel syne. Ken My, en julle sal die valse dadelik sien en duidelik uitken. Leer om selfs fyner na julle harte te luister, want dit is daar waar Ek jou onderrig. 

Soos 'n waterval sproei opslaan van die luidrugtige en uitgelate oorwerp van elke waterdruppel, so, My Kinders, moet julle saamvloei en soos sproeidruppels die plante en diere in julle omgewing tot Lewe wees. Die sproeidruppels gee nie om wie watter kleur weerkaats in die sonlig nie, gee ook nie om in watter rigting in die bries gewaai word nie, nee, al wat van belang is, is dat daar Lewe sal wees daar waar hulle te lande kom. Bly hulle sproeidruppels? Nee! Hulle het geen ego, geen missie, behalwe om My Wil te doen en hulle is gelukkig om daar te gaan en te doen wat Ek van hulle verlang. So moet julle wees, My Kinders. Dink 'n bietjie na oor julle laaste maand van lewe, wat julle daagliks gedoen het , waarmee julle besig was en ook met watter hartsgesindheid julle dit gedoen het, al dan nie. My Kind, My Kind, julle moet soos daardie sproeidruppeltjies word, nederig en onopmerklik in julself en verrig die take aan julle uitgemeet. Dalk val jy as sproeidruppeltjie op die klippe, of op die diep groen blare, dalk die helderkleurige blomme wat blosend tussen die takke deurloer. Of dalk beland julle op die vlerk van 'n papegaai of lystertjie. Maak nie saak waar dit is nie, EK SIEN JOU en weet elke millisekonde waar jy is en hoe jy vaar. Daar sal meer watervalle wees en die volgende keer is jy dalk nie deel van die sproei nie, maar 'n waterdruppel wat laggend die poel in plons om Lig en Lug in die water te bring. Jou taak is deur My op die oomblik aan jou gegee. Doen dit met 'n lied in jou hart, want more kry jy dalk 'n nuwe en gaan jy dit dan met vreugde aanpak? Julle is slegs 'n kort tydjie hier, My Kinders. Laat staan alles wat julle vasmaak aan hierdie wêreld en wees vry in My LIEFDE.

My Bruid, My Liefling. Ek wil hê dat julle nie sal versuim om die Kinders te onderrig in dit wat elkeen nodig het nie. Dit is waar dat onderrig slegs gegee kan word as die Kind gewillig is om te leer. Soos 'n ma sal julle die aanvoeling kry vir wat elke kind nodig het. Ek sal jou lei en Wysheid sal jou insette gee. Wees sterk en vol moed. EK IS MET JOU! Ek laat toe dat julle solank begin inoefen om die kinders te versorg, sodat julle nie vreemd in julle nuwe posisie van Vrou sal wees nie. Soos die oudste suster haar jonger boeties en sussies versorg en leer, haar die die goeie grondslag gee in haar rol as moeder, so is hierdie tyd vir julle. Vrede, Geduld, Barmhartigheid moet vermeerder, alles gegrond in My. EK is LIEFDE! Wees Getrou, wees Betroubaar.

Klaagliedere en kermliedjies begin opgaan in julle Land en oor die wêreld. "O wee" prewel die mense, "O wee" kerm die verknogtes, want hulle begin aanvoel dat die "goeie dae" op 'n einde is. Hulle ore is toegeslaan, stompsinnigheid sal maak dat hulle nie julle stemme sal kan hoor, julle woorde van waarskuwing, van leiding nie. Hulle draai op die plek in sirkels en kan geen rigting kry nie. Vir hulle is geen hulp nou te gee nie. Luister na My en Ek sal julle die uitwys wie reg is om My Stem te hoor. Gee hulle slegs die woorde wat Ek in julle monde sal plaas. Ek weet wie nog gered kan word, Ek weet wie is Myne. EK IS BUITE TYD. Neem julle plekke in en wees gereed vir My instruksies. 

Kom nooi My na die plekke in jou wese waar julle tot nog toe nie deure oopgemaak het nie, My Kinders. Ek is nie die Een wie jou sal verraai of verlaat nie. My Kinders moet ten volle aan My oorgegee wees. Ek is jou ALLES, neem My hierin aan en Vertrou op My Woord. Ek is LIEFDE. EK IS JOU SKEPPER. EK IS!

Waardigheid en arrogansie pas nie bymekaar nie. Laat staan julle hardgebakte idees en houdings, My Kinders. Nederigheid is van pas in elke Kind in My Huis. Kom binne My Orde! Kom handig julle ou flenterklere in en kry 'n nuwe kleed by My. Daarsonder kan julle nie by My Feesmaal aansit nie. Kom na My, My Kinders en LEEF!

Ek is julle toerusting wat julle in die toekoms gaan nodig kry, My Bruid. Laat toe dat Ek julle harte begin onderrig in die dinge wat kom en Ek sal jou ook wys wat Ek vir jou en hulle in jou sorg sal doen, My Liefling. Daar is voorwaar geen detail wat Ek ontsien het nie. Alles is reg vir julle. Julle is Myne en Ek is julle s'n. Word sterk in die wete en moet nie meer soos verskrikte voëltjies rondfladder nie. Kom tot rus My Geliefde, alles loop volgens My Plan, ook My aanraking op jou! Ek is LIEF vir jou!

Wees slegs gefokus op My, groei in Liefde, want daarsonder sal jy geen sukses hê in jou strewe na My nie. Waar en Getrou is Ek, WAG OP MY!

Ek is Lief vir julle!

EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205