EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 68 - 29.04.2016 om 02h50

Die nuwe Stad Jerusalem daal uit die Hemele neer. Die see en al wat skei verdwyn, JaH self kom by ons bly!

" Skryf My Liefling, My Bruid

Waaragtig en Getrou is Ek, Meester van die Oes, EK IS, JaHshua van die Leërskare, jou Skepper! En Redder!

Wees nie bevrees nie, My Kleintjies. Nooit sal Ek julle wees agterlaat, sonder enige verweer nie. Julle moet die gevoelens wat opwel in jul binneste met 'n fyn siffie deurwerk, want vrees kan kom sit in die grond van jul harte soos muf draadjies. Jou grond benodig My Lig, My Adem. Dit is nie soseer wat julle doen as wat julle nie doen nie, om My Lig op jul aarde te laat skyn. Moenie dat dit in permanente skadu wees, skadu veroorsaak deur ruigtes van onkruid wat ongesiens begin groei het, begin gedy het nie. My Kinders, julle moet jul lande bewerk en deurlopend skoon hou.

Daar waar julle in My Lande werk, moet julle nie versuim om steeds jul eie lande skoon te hou nie. Leer die balans, vind daardie plek in My waar julle nie oorhel na die een of die ander kant toe nie. Dit neem tyd, My Geliefde om die innerlike lewe en die uiterlike Diens in balans te kry. Jou balans moet op My gesentreer wees. Ek is die Rots van Ewigheid. Doen soos wat Ek jou sal lei.

Ek leer julle om fyner en fyner te luister, My Liefling. Moenie verward raak as julle My nie soos voorheen "hoor" nie. Die Weg waarop jul wandel wentel al hoe verder die berg op. Kleuters kan nie die hoogtes bereik nie en is dit dan nie meer nodig vir My om so hard te praat nie. My Liefling, Ek fluister in jou hart, jou oor, want jy sal My Stem enige plek herken, selfs bo die wind wat soms onverwags om 'n draai jou dalk laat vashou aan die rotswand. So is dit wanneer julle die pieke klim. Ek is jou elke asemteug, die Bereider van jou elke oomblik. Wees in hierdie oomblik met My, moenie in die verlede of die toekoms leef nie.

Ja, die Stad daal uit My Hemele neer, sal jy by die Poort wees om in te kan gaan of sit jy vas in dit wat Ek in die verlede jou gegee het, die take wat afgehandel is? My Kind, My Kind! Dit wat julle tot dusvêr in jul heugenis met My deurgemaak het, is nie eens 'n watersproeidruppel in vergelyking met wat nog kom nie. Ek ken jou, Ek ken elkeen van My Kinders en weet Ek reeds van voor Tyd begin het wat jou lewe is, sal wees, al gewees het. Dit klink dalk vreemd, maar onthou dat Tyd vir julle denke op 'n sekere manier skyn te werk. Daar is baie wat julle nog nie weet nie. Hou slegs aan My vas, My Kinders en Ek sal julle begin leer. Daar is nog so baie om aan julle oor te dra, en ewighede vir julle om daarmee kennis te maak. Volbring die take aan jul uitgemeet met blye gemoed, want Ek verander omstandighede in 'n oogwink. Wees sterk en vol moed, My Liefling. Ek sien jou, Ek weet waar jy is elke mikro-onderdeel van elke sekonde. JY IS MYNE!

Lewe volgens My Wil en neem nie dit op wat Ek julle nie gegee het nie. Ek gee nie klippe in plaas van brood nie. Moet ook nie klippe optel en saamdra as Ek nie so gesê het nie. Jul natuurlike vaardighede wat julle vir My diens voorgelê het, moet julle nou slegs in My Diens gebruik. Ek sal julle versorg. Soek eers My Wil, My Koninkryk en Ek sal julle julle hartewens gee.

Kom LEEF in My, My Liefling. Gooi elke gedagte af wat jou van My weghou. Kom was jou hart weer en weer in My Bloed en sal jy My skitterend kan begroet. My Bruid, My Liefling, moenie tob oor waar jy My dalk gefaal het nie, bring ALLES dadelik na My en Leef met My in elke oomblik. Ek is jou Beminde, EK IS JOU MAN.

Moenie bedroef word oor die al slegter wordende gebeure in jul land nie. Dit is die verloop van die deel van My Plan. Die wie boos is, sal duidelik nog boser word, en hulle wie rein en apartgestel is, meer suiwer. Kom suiwer julself in My! Ek is LIEF vir julle, My Kinders, My Bruid!

Kyk uit vir My!" Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205