EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 69 - 02 + 03.05.2016 (aan Wendy)

02.05.2016 om 21h00

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid

Hoe goed is dit om te wees waar Lig julle voed en klee! Kom nog nader aan My, My Liewe Kinders en Ek sal julle selfs meer reinig. My Bruid, My Beminde, kom kruip hier in die holte van My Arm, sodat Ek jou styf kan vashou.

Julle moet hierdie laaste paar tikke van die sekondes in jul harte nie gaan lê nie. Julle ore hoor die sekonde maat, maar Ek sê vir julle daar is by My geen meer daarvan oor nie. Welgeluksalig is julle wie Ek besig sal vind in My Oesland wanneer Ek julle kom besoek. Ek weeg die harte en deursoek die niere van elkeen. Ek weet wie Myne is! Roep My aan terwyl Ek nog te vinde is en Ek sal jou uitred. Roep net na My!

Verwese en alleen staan My kinders voor die rollende aanslag wat kom, hulle wie nie in My verborge is nie. Hoor mooi My Kinders, My Bruid, wanneer Ek julle uitwys met wie julle moet praat, hoor ook die Woorde wat Ek in jul mond sal plaas. Sê slegs wat Ek jou gee om te sê. Waak dat julle in jul harte nie opgepof raak, omdat Ek gekies het om deur jou te werk nie. Waak en bid dat julle bruikbare artikels sal bly, tot en in My Diens! Moet nie na die influistering van My Teenpool luister nie. Hy wil jou van jou kroon beroof. Bly gefokus op My, bly nederig, bly Diensbaar! 'n Hardkoppige, eiewyse kind kan Ek nie gebruik nie, kan Ek nie met verantwoordelikhede toevertrou nie. Kom na My, My kind en bely jou wederstrewigheid en Ek sal jou daarvan reinig, jou daarvan red. Buig net jou wil en plaas dit by My Voete.

Dit is waar dat Ek julle gaan gebruik op plekke en maniere wat julle nog nie verstaan of kan indink nie, My Bruid. Ek is en sal altyd by jou wees. Jy In My en Ek in jou, onafskeidbaar! Hou aan met nader aan My beweeg, Ek is so na aan jou, dit sal jou asem wegslaan as jy maar kon sien. Op die regte oomblik sal Ek jou aanraak, My Liefling en ALLES sal vir jou verander! Maak seker jy het alles reg, jou kleed skitterwit, jou ekstra olie by jou. Die Nag is donker, My Liefling, die mag soos 'n duister wolk.  Maar Ek in jou het en sal hulle oorwin. Moet nie wankel in jou vasstaan voor die vyand nie. Hulle kan niks aan jou doen nie, want Ek beskerm Myne en jy wie in My verborge is, is beskermd. 

My Liefling, My Kind, sien hoe die gebeure ontvou, hier en ook in die wêreld. Alles verloop volgens My Tydtafel. Ja, die dae van Lyding nader vinnig en baie van julle volksgenote gaan hul vlees agterlaat en sal moet verantwoord vir hulself, hul keuses, hul voorliefdes. Gooi elke las af wat julle voete en harte verstrik en hardloop na My. Dit is beter om sonder 'n hand of oog in My Koninkryk aan te kom, as om jul kans mis te loop en aan jul verknogthede te moet werk in die Duister Ryke. My kind, gee ag op My waarskuwings, Ek wil nie hê dat enige van julle die Afgrond ingaan nie! Hoor My Stem en roep uit na My! Slegs Ek kan jou red vanuit die moeras waarin jy jouself bevind. Roep My aan terwyl daar nog tyd is. Selah!

03.05.2016 om 04h45

Begin om julle innerlike gesprekke met My neer te skryf, My Bruid. Ek onderrig julle en is dit wat Ek julle leer, ook tot lering van hulle wie na julle in My sal kom. Wees bedag op julle elke gedagte, julle elke woord. Suiwer julle steeds meer en wees in My teenwoordigheid.

Dit is nou Tyd, My Bruid.

Ek is LIEF vir jou!

EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205