EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 70 - 05.05.2016 om 17h40 (aan Wendy)

"Skryf My Harte-Lief, My Bruid

Dit is nou die Tyd wat Ons albei al so lank afwag. Die tyd het gekom om met julle te begin verenig, My Liefling. Vir alles is daar 'n tyd, so ook is die Tyd van skeiding ook nou verby. Moenie begin om rond te fladder nie, Ek doen vir jou wat jy nie kan nie. Is Ek dan nie jou MAN nie? Die olie in jul lampe is gesuiwer, want die Lig wat julle om jul uit skyn word al helderder. My Liefling, My Bruid, eers wanneer julle kan terugkyk op hierdie oomblikke in die eons wat hierna kom, gaan julle verwonderd staan oor julle gewoel en gewikkel om tog net nog hierdie of daardie deeltjie van jul kleed reg te kry. Dit is voorwaar 'n pragtige uitsig vir My om te sien hoe angstig julle op My wag. Hierdie tyd sal homself nooit weer herhaal nie, net soos die tyd wat die Bruid haar Bruidegom se koms afwag, nooit ooit weer sal kom nie. My Geliefde, vind julle ook hierin die verwondering daarvan? EK IS JOU ALLES! Verlaat jouself geheel en al op My!

Soos die snikheet dae verlangsaam in die koeler en koue julle soms onverwags oorval, so is dit met die verloop van gebeure in die wêreld. Julle weet wat moet kom en julle verberg julle selfs dieper in My. Dit is reg so, My Liefling want by My, slegs by My is en sal jy veilig wees. Ervaar julle geborgenheid op ’n al hoe dieper wyse, want julle gaan My Kinders moet leer in dit waarin Ek julle nou onderrig. My Opgerigtes is besig om na vore te tree, maar vir julle sal die hele prentjie nog nie duidelik wees nie, want ons is nog nie Een nie. Elkeen het 'n taak, soms wil die taak klein voorkom, maar My Liefling, dit is nie hoe Ek My Planne beraam nie. Wat oënskynlik onbenullig lyk, ontwikkel in baie belangrike take. Julle kan dit nog nie insien nie, omdat Ek dit so Wil. Wag op My soos die Bruid op haar Man wag.

In Galasiers 5:8 skryf My Paulus dat die verleiding nie kom van Hy wie jou geroep het nie. Wees baie versigtig om nie na enige influistering te luister wat nie van My afkomstig is nie. Julle behoort My Stem al baie duidelik te herken. Dra die boodskap ook aan My Kinders oor, My Liefling. 

Ek is elke oomblik met julle en julle begin ook hierdie Waarheid al meer ervaar in jul lewens. Soos julle nog leer om selfs vaster in My te glo, My Bruid, sal die Lig in julle meer en meer helder brand. Moet nie verbaas wees wanneer My Kinders na julle kom met vrae nie. Hulle kry 'n glimpie van My en hulle wie verwonderd is daaroor, is hulle van wie Ek gesê het dat Ek julle sal uitwys wie om mee te praat. Wag op My Woorde in jul hart, die Woorde wat Ek in jul monde sal lê. 

Dit is elke oggend wat julle jul oë kan oopmaak werklik 'n heuglike dag, My Bruid. Die taak vir julle hier is uitgelê en is elke ontwaking na die nag die geskenk wat Ek vir julle toeberei het. In hierdie dag kan daar geen mismoedigheid, geen hopeloosheid, geen verlatenheid wees nie. EK IS met julle elkeen en Ek werk kragtig vir julle om die laaste paar hobbels te oorkom. Die klipwand op die nou paadjie wat na bo wentel, is konstant. So is Ek konstant. EK IS! 

Die verwagting onder sommige van julle is dat die trompette hier vir julle geblaas gaan word met My aanraking en dat julle op die een of ander wyse hulde toekom. Laat My toe om julle harte weer hieroor te onderrig. Alle eer kom slegs My toe. Slegs hulle wie reeds aangeraak is, sal weet dat jy ook by hulle aangesluit het. My allesomvattende LIEFDE kan nie in 'n hart vlamvat waarin daar nog hoogmoed en eieliefde is nie. Die blote gedagte aan so 'n ophef, maak dit duidelik dat die nodige nederigheid en minsaamheid nog in jul harte ontbreek, My Liefling. Kom en maak jou hart, jou kleed baie gou skoon, sodat Ek jou gereed mag vind wanneer Ek aan jou Deur raak. 

My Bruid, Ek het reeds al vir julle begin influister wat julle vir My gaan doen, die take wat julle vir My gaan verrig. Julle weet ook al dat daar nie net een taak is nie, maar 'n klompie daarvan wat uitvloeisels van mekaar is. Ek is die Een wie julle gaan bemagtig om My werk te verrig. Moenie bevrees wees dat julle gestuit sal word daarin deur hulle wie nog stram van hart en nek is nie. Julle is in My Diens, Ek sal vir alles sorg wat nie in jul taak ingesluit is nie. Om iemand te oortuig vir Wie jy werk, in Wie se Dien jy staan, is My Werk. As hulle weier om gehoor te gee aan My leiding, My instruksies, sal dit 'n saak tussen hulle en My wees. Ek sal vir jou sê wat jy moet doen en hoe jy moet maak. Wees versigtig om binne My mandaat te bly, moenie uitgelok word om in eie krag 'n taak aan te pak nie. Jy is MYNE! 

Dien My van ganse harte, loof My met alles wat julle het en Ek sal toevoeg waar julle kort. Julle is My dierbares, My liefste Kinders, My Bruid. Hoe sal Ek jou dan nie help om tot My te kom wanneer Ek sien met watter vasberadenheid jy My dien, My aangesig soek. My Liefling, My Bruid vir elke een tree van julle gee Ek drie, soms meer. Volg My leiding, bly op die baie nou paadjie. Julle is amper op die kruin. Hou aan, hou vas My Beminde!

Ek is LIEF vir julle!

EK IS!"

Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205