EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 71 - 07.05.2016 om 04h05 (aan Wendy)

"Skryf My Geliefde, My Bruid

Staan op en wees nie bevrees nie, want die tyd het gekom om jul werk te begin verrig. Ek sê al lankal dat die tyd hier is, ja dit was om julle los te skud van die kluite wat om julle begin vaspak het. Sou julle andersins na My gedraai het? Hoor die donderweer, dit is hier agter die randjie en die sterkte van die versnellende wind is vir julle 'n aanduiding van die felheid van dit wat oor julle in die land en die wêreld gaan spoel. Dit wat kom is onomkeerbaar en julle is vas in jul keuses, jul geloof in My, My Bruid. Dit is goed en reg, want daarsonder sal julle nie kan stande bly nie. Ek is alles wat julle nodig het, Ek is die Bereider van jul elke OOMBLIK.  

Soos jul Liefde vir My, in My, van My, al hoe groter word, word julle op nuwe maniere van My bewus. Soos die son die landskap verlig en duideliker maak met die daeraad, so My Liefling, word jul innerlike landskap in al helderwordende Lig vir julle openbaar. Die landskap was nog altyd daar, en soos Ek die uiterlike landskap verlig, maak Ek ook so innerlik. Ek is in elke deeltjie van elke landskap. 

Wees gevul met My Liefde in al hoe groterwordende maat.  Die spikkeltjie waarmee julle begin het, het al baie vermeerder en julle word omvorm deur My Liefde tot LIEFDE. Ek is julle elke asemteug, My Liefde die suurstof wat julle tot Lewe bring en gebring het. Vir hulle wie besig is om te vergaan, sal julle die suurstofmaskers wees wat hulle sal terugbring van die Dood, wat hulle van die Afgrond sal red.

Laat My Olie julle deurdring. 

Het julle al agtergekom hoe van julle gelaatstrekke al begin verander het? Dit is waar dat julle innerlike op jul uiterlike reflekteer. Hoeveel het jul nuwe innerlike al jul uiterlike verander? Dit ook is vir julle en ander 'n teken van My inwoning, My Liefde in julle.

Kom laat Ek julle jul landskappe gaan wys.

Ek is SO LIEF vir julle!

EK IS"

AMEIN!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205