EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 74 - 14.05.2016 om 03h50 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

My Kinders, daar is van julle wie dink dat julle in My geborge is, maar nog ver daarvan is. My Kinders, erken en leef volgens die vaste oortuiging en geloof dat Ek jul VADER is! Julle het teen julle aardse pa's gerebelleer en soms in julle harte verag. Julle het besluit om, ten spyte van sy instruksies, steeds julle eie wil te volg en dit soms verdoesel, sodat dit gelyk het of julle gehoorsaam was. My Kinders, daar KAN NIKS hiervan by julle wees wanneer julle in My Orde is nie. My LIG deurgrond AL jou hartsgedagtes, die sielsdade. Kom na My toe sodat Ek jou kan skoon was en Ek jou kan heelmaak. Ja, jul aardse vaders was nie altyd 'n goeie toonbeeld van My nie. Onthou dat jy jou lewe geken het voor jy hier gebore, gevorm is in die moederskoot. Jy het geweet wat voorlê, die toetse gesien as ’n geleentheid om jou tot by My te bring. Kom My Kind, slaag hierdie toets en kom in My Orde. Wees gehoorsaam, in ootmoed moet julle My nader.

Aan elkeen van julle, My Bruid, gee Ek aanduidings, prentjies,gesigte. Ek gebruik die natuur, jul alledaagse gebeurtenisse om julle, om tot julle te spreek. Hoor julle elke keer My Stem? Ja, My Stem word skynbaar sagter, maar dit is om julle fokus te verskerp. Moenie begin twyfel omdat Ek nie donderend en druisend hoef te praat met My Geliefde nie. Julle is hier by My Hart. Kom luister na die Woorde van My Hart, die samesyn-gesprekke wat Ek graag met elkeen van julle wil voer, maar julle nog nie hoor nie. Kom nog nader, My Geliefde, Kom en Rus! KOM TOT RUS! Vanuit My Rus sal Ek jou bekragtig om My Take, My Dade te verrig. Jou oor sal dan ingestel wees op My. Kom bewandel die Pad van My Hart, dit lei tot Eenwording met My.

'n Geruime tyd praat Ek al met van julle om vir My 'n spesifieke taak te verrig en Ek het gesê dat julle sal My instruksies sal kry wanneer julle moet begin. Die Tyd is nou. Ek sal jou lei, Ek sal die weg, My Weg, voor jou oopmaak. Wag op My. Hierdie is die bevestiging waarvoor julle gevra het. Wees seker dat julle julle instruksies baie goed verstaan en dat geen "eie-ek" in julle te vinde is nie, want dan sal julle ook in eie krag gaan en dan handel julle buite My Wil. Hierdie is vir julle ook dan 'n toets; wees bedag op julself, bid tot My vir die nodige Krag, Wysheid, Waarheid en Liefde. Daarsonder is dit verlore. Nehemia het die muur herbou en met die swaard aan die sy het hulle gewerk. Ek is julle wapenrusting, sonder My sal julle jul taak nie kan volbring nie. Doen SLEGS die taak wat Ek julle opgedra het. Wees sterk en vol moed, EK IS met jou.

Genade onbeskryflik groot is die tye wat kom, daarsonder sou baie van My kinders nie na My gedraai het nie. My Bruid, julle sal spoedig geplaas word, sodat julle reg kan wees om hulle op te tel en na veiligheid te bring. Hulle hulpkreet sal hul Redding van My bring. Moenie dat julle harte ontsteld raak as Ek kies om iemand eerder Huis toe te bring nie. Fokus op elkeen wie Ek aan julle sal uitwys. Ek sorg vir alles, wees net IN MY.

Hulle wie My Take, My Dade verrig en sal verrig sal VOORAF deur My bemagtig word. EK IS jul Aanvoerder, jul Leidsman, jul Skepper en Beminde.

Die Tyd is nou, My Geliefde, My Bruid!

Ek is LIEF vir julle!

EK IS!" Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205