EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 75 - 14 + 15.05.2016 (aan Wendy)

14.05.2016 om 22h10

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid

Daar is min tyd oor om nog jul kleed, jul tooisels te skik; vir My is daar geen meer oor nie en het Ek reeds begin om die volgende deel van My Plan uit te rol. My Kinders wie getaak is met sekere opdragte, is reeds aan die werk daarmee en staan julle, wie nog hier en daar werk verrig, self in gevaar om die Deur te hoor toeslaan. Moenie vashaak aan die verlede nie, moenie jou hande vol ou gedagtegange gebol hou nie. Die tyd is NOU om oop te maak, jou skoon te was en om gereinig voor My te kom staan.

Ek sien daar is van julle wie nog dwarstrek, ander wat steeds wik en weeg om My Woorde aan te neem. My vraag vir sommige van julle dalk vir die laaste keer wees soos heel in die begin van My kneg se skrywes: "Het jy My Lief?"

My Bruid smag na My nabyheid, My Kinders verlang na My koms. Enige ander emosie of hartstoestand plaas julle in die groep wie dalk nog soos smeulende stompe uit die vuur geruk kan word. My kinders, My kinders, Ek wil julle graag die pyn en vrees en ontnugtering spaar. Ek wil julle beskerm teen die storm wat aanrol, maar julle wou nie. Groot, Groot gaan julle ontnugtering wees. Kom gou, laat julle dogmas, julle lering agter, waaraan julle so klou en kom met oopgegooide denke en leerbare harte na My. Kom sit aan My Voete sodat Ek jou die ABC kan leer.

15.05.2016 om 06:30

In die dae voor My Gees, jul Trooster oor My dissipels gekom het, het hulle soos julle saamgekom, gebid, gewaak, My Bruid. Hulle was nog rou van verlies en ander aardse hartstogte wat in die grond getrap was; hul hartsbegeertes wat nie neergelê was nie, wat nog nie in die Lig duidelik vir hulle gemaak is nie. Van die wie in die groep was het saamgekom uit vrees vir die wêreld, ander in geloof dat Ek My belofte aan hulle sou hou. So is dit ook nou en so gaan dit wees. My Kinders, Ek werk in elkeen op maniere wat julle nie kan eien of uitmaak nie. My Weë is werklik vir julle verborge en net Ek ken elkeen se sondeskuld las. Geen kritiek mag in jul harte kom oor hoe Ek met iemand werk nie. Ek weet alles en Tyd is nie iets waaraan Ek onderhewig is nie. Ek weet julle weet dat Ek Tyd geskep het, maar sien julle hoe moeilik is dit om daardie Waarheid deur te werk in julle denkpatrone? Dieper en dieper werkend is My Woord, My Lig, My Liefde! My Liefde omvorm julle tot LIEFDE! My Bruid, helder en helderder skyn Jou Lig My Skepping in! Hou aan, hou vas, My Liefling, in vaste geloof soos My geliefde dissipels van ouds. Julle sal jul hartsbegeerte kry!

My Kinders, wees sterk en vol moed! My Krag is daar vir julle, bid tot My daarvoor. Bid ook vir Liefde, Waarheid, Wysheid en Lig en Ek sal jou gee wat jy nodig sal hê in die dae wat kom. Luister vir My Stem in jul innerlike en doen dit wat Ek vir jou sal sê. Wees getrou, wees betroubaar.

Ek is Lief vir julle!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205