EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 78 - 23.05.2016 om 05h35 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Dit is reg dat julle weer en weer na My toe kom om gereinig te word. Het Ek nie aan My dissipels gesê dat hulle slegs nodig het om hul hande en voete te reinig nie? Julle faal nie wanneer julle na My kom om weer so gereinig te word nie. Dit is ’n bewys dat julle in My Wingerd werk. 

Ek neem elkeen aan wie My nader met en in waaragtige gebed. Kom, word onderrig in die kragtige werking van waaragtige gebed.  Julle is gewoond aan geprewelde herhalings van woorde waaraan en waarin julle nie met vaste wil glo nie. Dit is oorblyfsels van koue, versteende harte en dit kan My nie bereik nie. Sommige van julle het skugter geword oor die jare van toetsing en Ek wil julle daarom hierin onderrig. Hierdie tyd wat julle nou begin ingaan, gaan vir julle wonderbaarlike openbaringe bring oor julself en oor My. Kom, My Kruidjie-roer-my-nie, ontvou jou blare en neem My Lig op, in jou blare sal jy die voeding waarneem! Groter en sterker sal julle groei, stewiger en gesond, gevestig in goeie grond en gewater deur My Hand. Julle sal omvorm word en nie meer julself herken nie. Lank genoeg was hierdie sonderlinge plant jul toonbeeld. Kom My Kind, kom na My Hart en Ek SAL jou troos, jou beskerm en jou versorg. Glo met vaste Wil dat Ek nie teen My Wese sal ingaan nie. Ek is jou Skepper, jou Redder, jou Leidsman, jou Geliefde Broer, ja Jou Man.  

Soos 'n warm drankie julle vertroos en versterk, so My Liefling, gaan julle ons kinders vertroos en versterk. Soos die koue jul vingers verlaat in die toevou om die warm beker, so gaan hulle ontwaak wanneer hulle My Redding aangryp. Die knaende koue en bitter verlatenheid sal wegsmelt in die hitte van My Liefde. My Liefling, dink dieper hieroor na wanneer julle jul bekers stomend in die koue oggendlug sien. Dink diep en word geseën in die vashou daarvan, en julle die warm gloed geniet soos wat die inhoud van julle deel word. Julle is My Geliefde! My Bruid!

Ek is Lief vir julle!

EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205