EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 79 - 26.05.2016 om 04h05 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Ek wil nie hê dat julle verslap in jul noulettendheid in julle wandeling met My nie. Die vyand van julle siele loop rond soos 'n brullende leeu en laat geen kans verbygaan om julle 'n hou te slaan nie. Bly naby My, My Kleintjie, bly geborge in My. Ek weet dat julle dit nie so bedoel nie, dat julle vir 'n oomblik fokus verloor. Dit is van uiterste belang dat julle dit nie doen nie, leer ook hierdie les. Wanneer julle moeg voel, nader selfs meer na My. Ek is die Verkwikker van julle siele nou en ook in die toekoms. In die leer van hierdie les word julle wil versterk om nader aan My te bly. As julle dit geleer het en dit doen, dan was die leer daarvan vir julle van onskatbare waarde. Daar is vir julle geen ander plek as reg langs My nie, My Liefling. Soos julle leer wat die fisiese betekenis is van Bruidskap met My, leer julle, My Kinders, ook hoe hulle in My Huis moet leef. Totdat ons een geword het, My Bruid, gaan hierdie toetse voor jou kom en julle moet elkeen sien as ’n geleentheid om selfs fyner op My ingestel te word. Julle is Myne, My Liefling!  Ek ken julle toekoms, Ek ken julle verlede. Ek ken julle hier in die toetsgrond en Ek weet die uiteinde daarvan. Vertrou op My, Ek is jou Man.

Vra My om julle te begin wys wie julle in die toekoms gaan wees en wat julle gaan doen. Laat Ek vir julle in jul harte influister, vir julle die Ewigheidsbesef vergroot en jul Anker daarin en daardeur wees. EK IS die spilpunt van julle lewens hier en ook daar. Daar is niks verborge nie en julle sal alles kan weet slegs met die blote gedagte, ook sal julle geken kan word. In My Ryk van Lig en Liefde is daar geen vrees nie. Vrees is 'n tentakel van die Duisternis. Laat gaan julle vrees om geken te word en gryp My aan. Julle word en is deur My en almal in My Ryk met grootste en suiwerste LIEFDE bejeën. Kom in My Liefde in en begin ervaar wat julle ewigheid in My sal wees. Kom verdiep julle in My en Ek sal wonders aan julle toon. 

Julle is Myne, My Liefling My Bruid

EK IS Jou Man!"

Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205