EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 82 - 02.06.2016 om 16h30 (aan Wendy)

"Skryf My Dogter, My Bruid

Daar is en sal min tot geen genade wees in die dae wat kom. Dit sal slegs Ek wees en hulle wie My take verrig, van wie mense, verlore tot op hede, genade van sal ontvang. Wees baie duidelik in julself hieroor. Die lewe soos wat julle dit nou ken, is maar net 'n illusie wat oorbly van dit wat julle nog reken daar moet wees. Neem julle lewens in oënskou en kyk waarheen julle op pad is. Vra vir Insig van My en julle oë sal geopen word. Julle wat nog hoop koester dat "alles uiteindelik sal regkom", julle hartewens vir 'n herstel van die huidige toestand, - julle is stokblind en daar is geen verdere woorde vir julle nie.

Sou julle harte aangegryp word en julle tot My roep in jul nood, SAL Ek julle selfs nou uitred en op die regte Weg plaas. Jul hardkoppigheid het julle baie seëninge laat misloop, maar daar is nog kans vir julle om bruikbaar te word in My Diens. Kom naby aan My, sodat Ek julle kan onderrig in jul harte, jul sondeskuld vir julle kan vergewe en julle reinig. Julle sal vinnig moet leer en nie ontsteld raak as Ek julle by 'n grysaard plaas wie in jul oë in jare hier jonger as julle is nie. Dit is jammer dat julle nie in jul gryshare-jare die nodige Wysheid en Liefde het om ander te kan onderrig in My Waarheid nie. Wees nederig en onderdanig aan My. Word deur My Liefde omvorm in en tot LIEFDE en dan kan en sal julle self deur My onderrig word. Soos pasgebore babas sal julle wees wie eers Moedersmelk moet ontvang om sodoende in My Huis, in My Orde te kan begin grootword. Hierdie lewe, hierdie wêreld waarin julle jul hele lewe gemaak het, is slegs 'n toetsgrond in My Skepping. Die toets wat julle deur jul lewenskeuses sal slaag al dan nie. Laat staan die moets en moenies wat julle opgestel het. Laat Ek die skille van julle oë laat afkom, jul dowe ore horend maak en julle van jul melaatsheid reinig. Kom in My Orde, kom wees Kind in My Huis. Kom sit by My voete en laat jou hart onderrigbaar wees. Leer gou dat Ek nie tot julle spreek in jul koppe, jul brein nie, want jul denke is eerder 'n slagyster vir julle. Plaas julself heelhartig in My Hand, vertrou julself aan My Sorg toe en Ek sal julle onderrig. My onderrig kom na julle toe deur jul harte. Julle sal moet leer om fyn te luister, want soos My knegte Moses en Elia geleer het, is Ek nie in die Storm of die Vuur te vinde nie. My Stem is die sagte briesie oor die aangesig van jou hart. Keer na julle innerlike, maak stil die geraas van die wêreld om julle. As dit nodig is, kom soek die stilte in My Natuur. Daar sal julle My vind, in die stilte van jul harte nadat Ek die storms gekalmeer het. Laat toe dat die Son in julle innerlike opkom en ontdek die Waarheid van My. Julle sal nooit weer dieselfde wees nie! Niemand kan nie!  Ek is Ewige Pa vir My Kinders en nooit te besig nie. Kom in My Orde in, vra My en Ek sal julle elkeen onderrig.

Wees sterk en vol moed. Ek is julle uitkoms in die dae wat kom. Wees 'n bruikbare artikel in My Huis, tot My Diens. Om Kindskap te beërwe, MOET julle na My kom. Dit wat deur die eeue heen in My Naam verkondig is, dra nie My goedkeuring weg nie, dit is 'n euwel en 'n gruwel voor My Oë. My teenpool, wie jul as satan ken het My suiwere Wil hier ontreinig, My Waarheid verdraai en julle moet binne My Lig bly, sodat hy en sy duistere mag julle nie kan aanraak nie. Soos 'n kind moet julle word om My Koninkryk te kan binnegaan. 'n Kind glo dat wat Pa sê, Waarheid is.

Kom julle wie eens Onaanvaarbaar genoem is, Verworpe en Verstote en verkry Kindskap in My Huis.

Ek is jul Ewige Pa en so ewig Lief vir julle."

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205