EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 85 - 15.06.2016 om 01h35 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Daar is 'n ledigingsproses wat in julle aan die gang gesit is en nie een van julle neem dieselfde roete daardeur nie. Ek maak soos Ek goeddink en weet wat nog nodig is vir elkeen van julle. Dit alles het tot gevolg dat julle selfs nader aan My is en meer kapasiteit het vir My. Wees gehoorsaam waar Ek jul wys om van hierdie of daardie af te staan. Ek sal jou baie duidelik wys.

Julle is duur gekoop, My Liefling en julle begin nou al hoe meer die koste daarvan reken. Ek het alles in die stryd gewerp en oorwin om julle, My Kosbare Bruid vry te koop. Bruidskap kan nooit geringgeskat word nie, julle gooi self nou alles in die stryd daarvoor, julle oë reeds gevestig op die Skat in die Hemele. Kom vra my die vrae in ooreenstemming met die vlak waar ons verhouding nou is en Ek sal vir jou openbaringe gee. Sommige daarvan sal julle nie nou-al oor kan praat nie en ander sal Ek vir julle die toestemming daartoe gee.

Julle begin ook beter verstaan hoe julle Beskerming gaan werk. Bly naby My en wees geborge in My.

Ek is LIEF vir julle!

EK IS"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205