EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 9 - 18.12.2015 om 21h00

(aan Wendy)

"Lakme, neem weg van My die vinger wat wys en dink nie dat jy My ken nie! EK IS APARTGESTEL! Bewoë moet julle wees, hartverskeurend omdat julle die toe Deur in die oog staar.

Ek laat nie met My speel nie, julle idees in julle koppe het niks met My te make nie, EK IS! Ek is die Donderweer en die Haelstene. Ek is die Stormwind en die Vuur, verterend vir hulle wie nie Myne is nie.

Wees versigtig hoe julle met mekaar omgaan. My Geliefde is sag en vol Liefde, nederig en onaansienlik . . . Sy wil dat niemand verlore gaan nie, dat almal die sport sal behaal, maar Sy sal ook nie jou wil teëgaan nie, want Sy is van My. Sy is bloed van My Bloed en gees van My Gees en doen My Wil sonder nadenke, sonder aarseling. Sy hef Lofliedere aan! Sy maak My Naam hoog! Haar gedagtes is slegs by My, want Sy is nie van hierdie wêreld nie.

My Beminde is soos 'n roosknop, 'n lelie in die sagte Môredou. Hoe kosbaar is die tye wat Ons saam spandeer, hoor ons roepstem, die verskansing kom af! Hoor die gebruis van Lewe, van Liefde!

Kom nader, My Kinders, kom leer by My. Sommige van julle het jul ABC's vergeet en julle moet weer terug na Moedersknie. Maak oop die boeke van julle harte sodat Ek vir julle Waarheid daarop kan skryf. . . En wat is Waarheid maar die LIEFDE! Hoe Groot en Verhewe is die Weë van Yah, Sy Plan ondeurgrondelik! Nederig en stil moet julle kom om te leer, gooi weg die ou boeksak met vermoeiende woorde wat na die Dood lei. Jou verstand kry jou nêrens, jou grade is 'n struikelblok.

Ek het 'n klein kindjie nadergeroep toe die vraag aan My gevra is, hoe mens die Koninkryk kan beërwe. . . Die antwoord, My Kinders, is steeds dieselfde : Soos 'n kindjie moet jy Glo IN MY. Kom, word soos 'n kind en jy kan dalk Kindskap verwerf. Dit is nie maklik nie, en nie vir die onentoesiasties nie. Dit is dan beter vir hulle om nie 'n kneg te word nie, want dit wat aan hulle toevertrou is, sal van hulle weggeneem word, dan is hulle slegter daaraan toe. Bereken die koste, daar is nie iets soos kredietkaarte in My Ryk nie. Kindskap maak van jou 'n Erfgenaam en om dit te bereik is 'n moeisame pad, nou en vol klippe.

Kom, kry moed en maak die besluit om in My Ryk te kan kom. In bergpieke is My Vestings. Kom op!

Kom, hoor My Lied wat Ek aan My Beminde sing. Juig saam met My in Haar Skoonheid, Haar Liefde! My Beminde is Myne, en My Banier oor Haar is LIEFDE!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205