EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 90 - 12.09.2016 om 04h05 (aan Wendy)

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid

Jy is kosbaar in My Oë en niks kan jou van My Hand ontruk nie. Ek kom na elkeen van julle op 'n unieke wyse en is dit tot jul suiwering, suiwering van julle self van julle "eie-ek". Julle vra My hoe julle moet maak, hoe en waar julle die plant tot die laaste wortel kan uitruk vanuit julself, maar Ek sê vir julle dit is slegs deur My Hand wat julle daarvan verlos kan word. Moet dus nie te hard worstel teen die proses wat jy deurmaak nie, sien dit as die reinigingsproses wat dit is. Sonder aflegging van jou alles, kan jy nie My Alles aangryp nie. Bid vir mekaar vir versterking en waar nodig bely jul swakhede teenoor jul broers, sodat julle onderskraging kan ontvang. My Liggaam is besig om saamgevoeg te word. Wees nederig broers, en moet nie dat ander se swakhede aan julle bely, vir julle verhewe laat voel nie. Daarin is julle toets en daar is nog werk aan julself te doen. Moenie in die vyand van jul siele se strikke trap nie.

Daar is baie van julle wie nog nie jul plekke in My Liggaam verstaan nie en julle het 'n beeld van julself wat nie van My af kom nie. Kom nader aan My in ootmoed en kom hoor by My wat Ek vir jou beplan het. Tot elk van julle van My gehoor het, sal julle wanorde in My Liggaam veroorsaak en sal Ek jou verwyder daarvan. Kom hoor by My en wees onderrigbaar, sodat Ek jou kan plaas waar jy altyd moes gewees het. Boeke en klasse oor lering wat julle die of daai "gawe" gee of wys, is vanuit die besoedelde waters en My Lig kan nie daardeur dring solank julle nog verknog daaraan vashou nie. My Kinders! Hoor My duidelik! Dit is slegs Ek wie jou deur en deur ken. Ja, jy het aanleg en talent in hierdie of daardie veld, maar My dierbare Kinders, dit is Ek wat jou so geskape het en dit is vanaf My wie jy jou opdrag moet kom kry! Laat hulle wie ore het om te hoor, My Roepstem hoor.

Moenie hulle beny wie reeds take ontvang het nie, hulle wie Ek reeds in hul taak bekragtig het nie. Hulle take is voor die begin van Tyd reeds opgelê, net soos joune en nie een van julle is ooit onder My Oë uit nie, onder My sorg uit nie. Bly net binne My Orde en wees gehoorsaam in elke opdrag wat Ek aan jou gee en jy sal die handgereedskap wees wat Ek op die regte Tyd sal kan gebruik. Wees nie bevrees of ontmoedig nie, want EK is met julle.

Julle wie reeds in die tuig is, veg ook steeds teen jul "self" want daardie geveg sal eers met Eenwording oor wees. Moenie wegskram van die moeilike dele wat julle nog moet oorkom nie, Ek sou jou nie op hierdie weg geplaas het, as Ek geweet het het julle sal dit nie ook oorwin nie.

Oordink weer My Woorde, sodat My Krag volledig in jul swakheid kan skyn soos die son, My Perfekte Wil kan uitstraal in die die duisternis van die verlorenes. Hou goeie moed My Geliefdes! EK IS hier en hou elkeen van julle in My Hand.

My skone Bruid, hoe lieflik is jou aangesig! Wag in opgewondenheid op My, My Liefling! Daar is soveel wat Ek julle nog wil wys, julle in wil begelei. Dinge wat julle dalk dink nie vir julle beskore is nie. Nee, My Geliefde! Laat hierdie 'n refrein in jul harte wees:

    JULLE IS MYNE, EN EK IS JOUNE!

Kom met vrymoedigheid voor My, kom wees in My Binnekamer en wees volkome vry! EK IS jou LIG, jou LEWE. Kom in na My.

Ek is Lief vir julle!

EK IS!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205