MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 9

Die Trooster, die Gees van Waarheid

Hierdie Trooster word baie duidelik in die boek van Johannes belowe en die verskillende eienskappe van hierdie Trooster word ook genoem. Telkens verduidelik JaHshua iets aan die dissipels wat hulle nie verstaan nie en dan sê Hy vir hulle dat hulle net moet wag, want wanneer die Trooster gekom het, die Gees van Waarheid, sal hulle dit of dat verstaan.

Maar kom ons gaan terug na ons modelletjie toe, dis nou die model van die klein seuntjie wat vir ons moet vertel hoe werk die Hemelse dinge. Onthou u nog, mevrou, dat ons soos kindertjies moet word om die koninkryk te verstaan? Nou goed, kom ons vra hierdie denkbeeldige seuntjie van so 5 jaar. “Nou boetie, wie is die trooster in julle huis, is dit pappa of mamma?” Verseker is dit mamma sê hy, wat altyd die trane afvee, wat die pleisters opsit, wat kos inskep, wat sy klere versorg en wat hom vertroetel. Pa doen dit ook soms as hy huistoe kom, maar mamma doen dit altyd en is altyd by die huis.

Siedaar! Vol punte, die Trooster is `n vroulike wese met moederinstinkte. Asof dit nie genoeg is nie, sê JaHshua die volgende, en spreek Sy innerlike Vroulike polariteit vanuit Sy ewige androgiene wese hierdie volgende woorde:

Matt 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die Profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! [2 Ezra 1:30]

38 Kyk, julle Huis word vir julle woes gelaat!

39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van JaHWeH! [Psalm 118:26]

Dit is die gevolge vir elke mens wat van hierdie Hemelse Hen af weghardloop, hul innerlike huise sal woes en leeg bly, sonder geestelike voedsel om hulle na hoër geestelike hoogtes te neem. Daar is drie geopenbaarde waarheidsvlakke in die Woord wat ons kan waarneem op aarde, naamlik:

Die Natuurlike Waarheid,

die Geestelike Waarheid en

die Hemelse Waarheid

Die Fariseërs van ouds was vasgevang in die verdraaide Natuurlike Waarheid en kon nooit hoër hoogtes bereik nie. Ou Nikodémus, aanvanklik `n half teësinnige volgeling van Jahshua, se innerlike was so donker soos die nag waarin hy JaHshua besoek het (Joh 3) en het niks verstaan van die wedergeboorte, - naamlik Geestelike Waarheid nie. So is dit ook nou met hierdie huidige moderne priesterorde, hulle het `n redelike begrip van die Natuurlike Waarheid op Universiteit opgedoen en maak soms hulle voete nat in die branders van die Geestelike Waarheid, maar daar is altyd dwaling teenwoordig, want die hoergees is altyd innerlik teenwoordig. Hulle funksioneer soos afgerigte sjimpansees. Hulle bestudeer hulle honderde boeke in hul studeerkamers en almal preek dieselfde afgerigte preke, behalwe vir die “local colours” waarmee hy sy preek inkleur. Dus is hulle gees waarlik die gees van die manlike priesterorde, want al die boeke is deurgaans deur mans geskryf, soos Calvyn, Servettes, Johan Heinz, ensovoorts. Hierdie manlike dominerende gees, waarvan dominee (dominus) afgelei is, sal en kan NOOIT die volle Geestelik vlak van Waarheid bereik nie, wat nog te sê van die Hemelse Vlak van Waarheid, wat slegs deur JaHshua en deur Sy innerlike Vroulike Pool geopenbaar kan word.

Kom ons bewys hierdie stelling deur na die volgende verse te kyk:

Joh 14:13 En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die VADER in die Seun verhoog kan word.

14 As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.

15 As julle My liefhet, onderhou My Gebooie.

16 EN Ek sal die VADER versoek, en HY sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: [Odes van Salomo 7:9; JesegiEl 36:26]

17 die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat sy Haar nie sien en Haar nie ken nie; maar julle ken Haar, omdat Sy by julle bly en in julle sal wees. [1 Ezra 4:33-40]

18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Hier belowe Jahshua ons `n ANDER Trooster, want volgens Wysheid van Salomo 8:9 was daar so `n Trooster, naamlik die Gees van Wysheid wat in die Levitiese bedeling werksaam was, maar nou kry ons `n ander een, naamlik die Gees van Waarheid.

Joh 14:26 maar die Trooster, die Gees van die Apartheid, wat die VADER in My Naam sal stuur, Sy sal julle alles leer en sal julle

herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. [Númeri 15:38-39; Odes van Salomo 3:10; 16:13; JeshaJaH 42:3; 2 Ezra 5:28]

 

Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die VADER sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die VADER uitgaan, sal Sy van My getuig. [Psalm 86:11]

 

Joh 16:7 Maar Ek sê julle die Waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Haar na julle stuur;

8 en as Sy kom, sal Sy die wêreld oortuig van oortredinge en van Geregtigheid en van oordeel:

9 van oortredinge, omdat hulle in My nie glo nie;

10 en van Geregtigheid, omdat Ek na My VADER gaan en julle My nie meer sal sien nie;

11 en van oordeel, omdat die Owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.

13 Maar wanneer Sy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Sy julle in die hele Waarheid lei; want Sy sal nie uit Haarself spreek nie, maar alles wat Sy hoor, sal Sy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. [Odes van Salomo 3:10; JeHôWganan 14:26]

14 Sy sal My vereer, omdat Sy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

15 Alles wat die VADER het, is Myne; daarom het Ek gesê dat Sy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

Vanuit hierdie bogenoemde verse, rakende die uitstorting van die Gees van Waarheid, sien ons die volgende:

· Die Trooster is ook die Gees van Apartheid, oftewel die Heilige Gees.

· Waarheid is `n vroulike woord, en ook het Sy vroulike eienskappe soos Trooster, weduwee en hen.

Sy alleen gaan ons leer en herinner aan alles wat JaHshua gesê het, soos byvoorbeeld, dat geen mens hom met die titel Rabbi, leermeester, dominee, pastoor of wat ookal mag noem nie. Dan sal ELKE MENS MET HIERDIE TROOSTER IN HOM, daarna luister en sy titels wegsmyt! So getuig die manlike priesterorde dan weer net

· self dat hulle leuenaars is wat sonder hierdie enigste Heilige Gees funksioneer, dus werksaam in die hoergees.

· JaHshua sê dis voordelig dat Hy, die manlike weggaan, die positiewe pool, maar dat Hy sy vroulike pool by ons sal laat, naamlik die Trooster om ons van `n hele klomp dinge te oortuig soos oortredinge (sondes), geregtigheid en oordeel.

· 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205