MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 10

Die Eerste Boek van Esra - Die Vrou is die sterkste

In die Eerste brief van Petrus, die Rots, staan die volgende in die Boek van Herinnering, met geslagtelike regstelling soos per Hebreeuse taalgebruik:

1Pe 2:7 Vir julle dan wat glo, is Sy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die Woord: Die Klip wat die bouers verwerp het, Sy het 'n Hoeksteen geword; [Psalm_118:22] en: 'n Klip van aanstoot en 'n Rots van struikeling - [JeshaJaH_8:14]

Om hierdie hele gedeelte in 1Petrus 2 te verstaan, sal ons moet gaan delf in die Ou Testament en werk in die Boeke van 1Esra, Haggai, Sagaria en Daniël, want sonder daardie kennis sal ons nie hierdie vers eers naastenby kan begryp nie.

In die boek 1Esra 3 (boek wat weereens deur die priesterorde gesensor is of anders gestel, tot Apokrief verklaar is) lees ons die volgende:

Dit was in die tyd van Babiloniese ballingskap vir Juda en Benjamin, die twee-stammeryk onder koning Darius. Daar was drie manne van Juda wat in die heidense koning se huishouding was en hulle besluit as volg. Let ook op dat ons as Boerevolk tans in presies dieselfde posisie is, naamlik slawe in die heerser se land, alhoewel dit ons land was. Hierdie 3 manne stel dan ook elkeen voor wat hierdie geestelike pad stap.

3:1 Darius het `n groot fees vir al sy onderdane gehou, en vir sy hele huishouding, en vir al die prinse van Medië en Persië,

4 Toe het die drie jongmanne wat van die koning se lyfwagte was, met mekaar gepraat en gesê:

5 Laat elkeen van ons een spreuk spreek - WIE IS DIE STERKSTE - en hy wie s'n wyser sal wees as die ander, aan hom sal koning Darius groot geskenke gee en groot dinge as teken van oorwinning:

8 EN toe het elkeen sy spreuk neergeskryf, dit verseël, en dit onder koning Darius se kussing geplaas;

9 en gesê dat wanneer die koning opstaan, sal hulle aan hom die geskrifte gee; en die koning en die drie prinse van Persië sou dit beoordeel om te sien wie s'n die wysste is, en aan hom sal die oorwinning gegee word, soos dit geskryf is.

10 Die eerste het geskryf, Wyn is die sterkste

11 Die tweede het geskryf, Die koning is die sterkste.

12 Die derde het geskryf, Die vrou is die sterkste; maar bowe alles sal die Waarheid oorwin.

As hierdie hele gedeelte in die gees bekyk word, sal ons nou, met die voorafgaande kennis van die HEMELSE MOEDER tot ons beskikking, nie baie moeite hê om te sien wat hier staan nie. Hierdie is 3 bedelings waarna verwys word, naamlik:

die eerste bedeling van die tabernakel en die rigters

die tweede bedeling van die tempel en die konings

en die derde bedeling van die Gees van Waarheid, naamlik die Trooster

Ons sal slegs by die laaste een, dit is Serrubábel, se raaisel oor die vrou wat die sterkste is, stilstaan.

13 TOE het die derde, die een wat oor die vroue en van die Waarheid gespreek het, dit was Serubbábel, - begin praat.

14 O menere, is die koning nie groot, of die manne `n menigte nie, en die wyn sterk nie? Wie is dit dan wat hulle regeer of wat heerskappy oor hulle het? Is hulle nie vroue nie?

15 Die vrou het die koning gebaar, (die Hemelse Moeder baar vir JaHshua, ons Koning) en ook die hele volk wat die see en die Aarde regeer, is uit haar gebore. (Ons, Sy volk wat die wedergeboorte sal kry, nou deur die Trooster)

16 Sy het selfs diegene opgevoed wat die Wingerd aanplant en waarvandaan die wyn kom.

17 En sy self het ook die klere vir die manne gemaak (kleding van regverdige dade); hulle bring eer aan die mans, maar sonder vroue kan die man nie bestaan nie.

33 TOE het die koning en prinse na mekaar gekyk; en hy het begin praat oor die Waarheid.

34 O menere, is vroue nie sterk nie? Groot is die Aarde, hoog is die Hemele, snel is die son op sy baan, want hy omsirkel die Hemele op sy kringloop, en hy keer weer terug na sy plek in een dag.

35 Is Hy nie groot wat al hierdie dinge gemaak het nie? Maar die Waarheid is groter en sterker as alle ander dinge.

36 Die hele Aarde roep uit na die Waarheid en die Hemele seën Haar; alle werke skud en bewe vir Haar en by Haar is geen onreg te vind nie.

37 Wyn is onreg, die koning is onreg, vroue is onreg, al die kinders van die adam is wetteloos, en so is al hulle besoedelde dade; en daar is

geen Waarheid in hulle nie; en deur hulle ongeregtigheid sal hulle ook vergaan.

38 Maar die Waarheid bly, en Sy is sterk tot in ewigheid; en Sy leef en heers tot in alle ewigheid.

39 En by Haar is daar geen aanneming van die persoon nie; Sy maak ook geen onderskeid nie en doen wat Reg is, en weerhou Haar van alles wat onregverdig en besoedel is; En almal het ‘n welbehae in Haar werke.

40 Daar is in Haar oordeel ook geen onreg nie; en Sy is die Krag, en die Koninkryk, en die Mag en Majesteit van alle tye. Geseënd is die Elohey van Waarheid!

Na hierdie relaas kry Serubbabel die eer van die koning dat sy spreuk die wysste was en die koning gee aan hom die keuse om te vra wat hy wil van hom. Serubbabel versoek die volgende:

41 EN daarmee het hy stilgebly. En die hele volk het toe uitgeroep en gesê: Groot is die Waarheid en magtig bo alle dinge.

42 Toe het die koning aan hom gesê: Vra wat jy wil, meer as wat daar geskrywe is en ons sal dit aan jou gee, want jy is die wysste gevind; en jy sal langs my sit en sal my bloedvriend genoem word.

43 Toe het hy aan die koning gesê: Onthou tog u belofte wat u belowe het om Jerusalem te herbou in die dae toe u u koninkryk ontvang het,

44 en dat u al die voorwerpe wat weggeneem is uit Jerusalem, wat Kores eenkant gesit het toe hy gesweer het om Babel te vernietig, weer daarheen terug sal stuur.

45 U het belowe om die Tempel te herbou wat die Edomiete verbrand het toe JeHûWdah verslaan is deur die Chaldeërs.

46 En nou, o meester, die koning, dit is wat ek verlang en wat ek van u begeer; en dit is die prinslike vryheid wat deur my van u geëis word: Ek vra daarom dat u die belofte sal nakom, die vervulling waarvan u met u eie mond aan die Koning van die Hemele belowe het.

Hier verkry Serubbabel, die een wat die Waarheid bely het, die reg om die Nuwe Jerusalem te bou. Verseker was hy `n voorloper teëbeeld van ons JaHshua wat deur sy soenoffer vir ons die lewende Tempel herbou het, maar dan is Serubbabel ook `n teëbeeld van elkeen van ons wat nou aan die einde na die Gees van Waarheid, die TROOSTER of MOEDER van die nuwe bedeling sal streef, sodat ons onsself ook kan opbou tot lewende tempels. NIEMAND WAT DIE VROULIKE TROOSTER SE BESTAAN ONTKEN, SAL DIE WEDERGEBOORTE KAN BEREIK NIE! Ons sal vervolgens

Serubbabel se lewe volg in die volgende boekrol in die Boek van Herinnering, naamlik die boek Haggai.

Hag 1:8 Klim op die berg en bring hout aan en bou die Huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hê en My gewigtig maak, sê JaHWeH.

Hag 1:9 Julle het uitgesien na baie, en kyk, sy het min geword; en julle het haar in die Huis gebring, maar Ek het haar weggeblaas. Waarom? spreek JaHWeH van die skeppingsleërmag. Ter wille van My Huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.

Hag 1:14 En JaHWeH het die gees


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205