MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 12

Die Gees van Wysheid getuig in die Torah as eerste Persoon

Hierdie boek sal nie volledig wees as ons nie die volgende gedeelte in die Wet, naamlik Exodus 19 tot 23 behandel nie. Ons het nou vanuit die voorgaande genoeg bewyse op die tafel gelê dat die Wysheid Self betrokke was met die onderrig van die priesters, eers direk aan Moses, toe later vanaf die versoendeksel in die tabernakel af met die daaropvolgende hoëpriesters wat later Rigters geword het. Maar eers as `n mens dit self gelees het, tel jy dit op. Onthou ook wat die Moeder Wysheid in Sirag gesê het, naamlik dat Sy in die wolk en in die lig by Sinai was waar die Wet gegee was. Ek verdik weer die Hy en Sy woorde sodat u kan sien dat daar 2 Hemelse Entiteite in die Wet ter sprake is en waarvan getuig word, die Vader as die Manlike en die Geesmoeder as die Vroulike, beide JaHWeH genoem.

Die Wet van JaHWeH

20 TOE het die Elohim al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het. [2 Ezra 7:88-108]

3 Jy mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie,

4 jy mag vir jou geen gesnede afbeelding of enige beliggaming maak van wat bo in die Hemele is, of van wat in die Aarde is, of van wat in die waters onder die Aarde is nie,

5 jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohey, is ’n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat.

6 En bewys Barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My Gebooie onderhou.

Let mooi op, tot hier getuig die Moeder Wysheid van Haarself en nou gaan Sy voort om van Haar Man, onse Vader, te getuig:

7 Jy mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie.

8 Gedenk die Sabbatdag, deur dit apart te stel,

9 ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10 maar die sewende dag is die Sabbat van JaHWeH jou Elohey; [dan] mag jy géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, [of] jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of die besoeker wat in jou poorte is nie

11 want in ses dae het JaHWeH die Hemele en die Aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het HY gerus. Daarom het JaHWeH die Sabbatdag geseën deur dit apart te verklaar.

As daar EEN persoon was wat getuig het, moes die getuienis konsekwent in die eerste persoon gewees het, maar nee, die getuienis slaan oor in vers 7 en daar word van `n tweede Persoon in die Godheid getuig wie se Naam jy moet eer en wie se Sabbat jy moet onderhou. Daar is dus twee: JaHWeh-Gees en JaHWeH-Vader.

12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey (Vader) aan jou gee. [MattithJaHûW 23:9]

13 Jy mag nie moor nie. [Deuteronómium 19:11]

14 Jy mag nie vermeng nie.

15 Jy mag nie steel nie.

16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Kom ons kyk verder in Exodus 23:20-26: Weereens is dit ons Moeder Wysheid in die eerste persoon wat getuig:

20 Kyk, Ek stuur ’n Boodskapper voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. [Exodus 32:34; 33:2; JeshaJaH 37:36; JeségiEl 1:28; 43:6]

21 Neem jou in ag vir Hom en luister na Sy Stem; wees nie opstandig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie verskoon nie, want My Naam is in Hom. [2 Ezra 1:4, 5; 10:27]

22 Maar as jy terdeë na Sy Stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

23 Want My Boodskapper sal voor jou uit gaan en jou bring na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig.

24 Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal omverwerp en hulle torings heeltemal afbreek.

25. En julle moet JaHWeH julle Elohey dien; dan sal Hy jou brood en water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder. [Exodus 15:26; JeshaJaH 3:1; 57:18, 19]

Hier is 3 Hemelse Entiteite ter sprake:

Die Eerste Entiteit is die Moeder wat ver vooruit profeteer oor,

Haar Seun, die Tweede Entiteit, die Boodskapper of engel wat ons sal bewaar en ons tot by die wedergeboorte sal bring, in wie die Naam JaHWeH sal wees, JaHWeHshua, wat beteken JaHWeH verlos. (ook JaHshua in Aramees). So sal hierdie Seun/Boodskapper ons oorwinning gee oor al ons innerlike vyande, die Amoriete, Feresiete, ens. en ook in ons die innerlike sontorings en verkeerde werke van die priesterorde in onsself afbreek,

dit terwyl ons die Derde Entiteit moet dien, JaHWeH, julle Elohey, Wie ons brood en water (JaHshua en Sy Gees) sal seën, terwyl die Moeder die siektes uit ons midde sal verwyder.

Terwyl ons in 1998 die Boek van Herinnering vertaal het vanuit die Hebreeuse teks, het ons iets vreemd opgemerk in die teks, naamlik tekens onderaan die NAAM JaHWeH, wat van plek tot plek verskil het. Dit was nie Masorete tekens nie, want dit bepaal die fonetiese klanke van die woorde. Hierdie was iets anders. Ons is toe Potchefstroom Universiteit toe, na `n Professor van Rooy, die destydse dekaan van Semitiese tale, maar ook hy het nie geweet wat dit is nie. Hy vat toe `n kans en sê dis maar seker die manier hoe die Jode die wet “gechant” het, en hier moes hulle hul stemme trek of hoë of lae note sing.

Natuurlik is dit `n klomp bog, priesterorde bog, maar gaandeweg het ons gesien dat dieselfde tekens voorkom wanneer die Moeder praat, dan weer wanneer die Vader praat, dan weer as `n engel namens die Elohim praat. Vanuit hierdie tekens was dit vir ons opmerklik dat die Vader nie veel direk gepraat het nie, en ons het onsself destyds daaroor verwonder. Die meeste gesprekke in die eerste persoon het vanaf die Gees gekom, vanaf die Moeder Wysheid self. Lees nou die volgende gedeelte met hierdie kennis in u agterkop. Onthou dat wanneer die Entiteit in die eerste persoon spreek, sal Hy of Sy nie in die middel van `n gesprek summier oorslaan na `n ander derde persoon spreekwyse nie. Dan is dit

verwarrend en ons Moeder is nie so nie. Lees Exodus 19, die gedeelte net voordat die Wet by berg Sinai aan die volk gegee is. (my verduideliking in hakies)

Aankoms by Sinai.

Exodus 19:1 IN die derde maand ná die uittog van die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte, op dieselfde dag, het hulle in die wildernis Sinai gekom – [Boekrol van die Opregte 82:6]

2 hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die wildernis Sinai gekom en in die wildernis laer opgeslaan. En JisraEl het daar teenoor die berg laer opgeslaan.

3 Maar Moshè het opgeklim na die Elohim toe, en JaHWeH-(MoederGees) (Die Moeder vanuit die Wolkkolom) het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van JisraEl verkondig:

4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op Arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

5 As julle dan nou terdeë na My Stem luister en My Verbond hou sal julle My persoonlike eiendom uit al die volke wees, want die hele Aarde is Myne.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205