MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 13

Die Hemelse Moeder geopenbaar in die Boek 2 Esra

Ons haal aan uit `n boekrol, die Tweede Boekrol van Esra in die Boek van Herinnering. Waarom is die een boek van Esra in die Bybel maar 1 Esra en 2 Esra nie? Maklik, dis weereens die manlike priesterorde wat die Goddelike MOEDER wou verdoesel!

2 Esra 2:1 SO spreek JaHWeH: Ek het hierdie volk uit gevangeskap gebring en aan hulle My Wette gegee deur My diensknegte die profete; na wie hulle nie wou luister nie, maar My Raad verag het. [2 Ezra 1:7]

2 Die Moeder wat hulle gebaar het, het aan hulle gesê: Gaan weg, julle kinders; want Ek is ‘n Weduwee en verlate. [Profesie van Barug 4:12]

3 Ek het julle met Vreugde grootgemaak; maar met droefheid en hartseer het Ek julle verloor: want julle het voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey oortree en gedoen wat besoedel is voor HOM. [JeshaJaH 54:6]

4 Maar wat sal Ek nou met julle doen? Ek is ‘n Weduwee en verlate; gaan heen, o My kinders, en vra Barmhartigheid van JaHWeH.

5 Wat My betref, o VADER, Ek roep na U as ‘n getuie, as die Moeder van hierdie kinders wat nie U Verbond wil hou nie.

6 Dat U hulle in skande sal bring omdat hulle hul Moeder verag het, sodat daar geen saadlyn vir hulle sal wees nie. [Spreuke van Salomo 1:8; Wysheid van Sirah 15:2]

15 Moeder, omhels U kinders, en maak hulle groot met Blydskap, soos `n Duif, vestig hulle voete stewig soos `n pilaar; want Ek het U verkies, spreek JaHWeH. [Hooglied 5:2]

17 Moenie bevrees wees nie, Moeder van die kinders, want Ek het U uitverkies, spreek JaHWeH.

25 Voed U kinders op, o goeie Oppasster; versterk hulle voete.

30 Wees vrolik, U, o Moeder met U kinders; want Ek sal julle verlos, sê JaHWeH.

Is hierdie gedeelte dan enigsins anders as dit wat ons voorheen behandel het waar die Moeder saam getuig met Haar kinders en hulle onderrig om in die weë van Vader te kom?

38 Staan op, en kyk die getal van hulle wat verseël is vir die feesmaal van JaHWeH; [Openbaring 7:4-8 en 14:1]

39 Die wat oorgegaan het uit die skaduwee van die wêreld, wat sierlike klere van JaHWeH ontvang het.

40 Neem U getal, o Sion, en maak die getal op uit U wat in wit geklee is, die wat die Wet van JaHWeH onderhou het. [Openbaring 3:18; 7:4]

41 Die getal van U kinders na wie U verlang het, is vol: smeek dat die Koninkryk van JaHWeH sal kom, sodat U volk, wat van die begin af geroep is, apartgestel mag word. [Boekrol van Henog 47:4]

Nou gaan die profesie voort en nadat die MOEDER die gehoorsame kinders aangetrek het vir die Bruilof, sien Esra hierdie wonderlike gebeurtenis van die eindtyd-wedergeboorte van die kinders. Ek noem dit die eerste bewys.

42 EK, Esra, het op die Berg van Sion ‘n groot volk gesien, wat ek nie kon tel nie, en hulle het almal Elohim geloof met liedere. [Openbaring 14:3]

43 En in hulle midde was daar `n Jong Man van hoë gestalte, groter as al die ander, en op elkeen se hoof het Hy krone geplaas, en Hy was meer verglans; sodat ek my grootliks verwonder het. [Wysheid 6:21; Boekrol van Henog 45:4; Openbaring 22:4 - 5]

44 Daarom het ek aan die Boodskapper gevra en gesê: meester, wat is hierdie?

45 Hy het my geantwoord en gesê: Hierdie is hulle wat die sterflike klere uitgetrek het en die onsterflike aangetrek het en die Naam van JaHWeH bely het: nou word hulle gekroon en ontvang palmtakke. [Openbaring 6:11]

46 En ek het aan die Boodskapper gesê: Wie is die Jong Man wat hulle kroon en palmtakke in die hand gee?

47 Toe antwoord hy my en sê: Hy is die Seun van die Elohim, vir wie hulle op die Aarde bely het. Toe het ek hulle grootliks begin prys, diegene wat so dapper gestaan het vir JaHWeH se Naam. [Openbaring 6:9]

In 2Esra 2:15 lees ons weer van die Duif, die verborge Trooster, Gees van Waarheid wat uitverkies word vir JaHshua en met ons geestelike bekleding help. Die kinders, deur die MOEDER voorberei, kry krone deur ons VADER/VERLOSSER JAHSHUA. Weereens, wat `n hartseer dat hierdie Boekrol nie in die Ou Testament opgeneem is nie! As ons weereens die aardse voorbeeld neem, sien ons dat die bruid altyd geklee en voorberei word deur die MOEDER om gereedgemaak te word vir die bruidegom. Wat is nou so moeilik daaraan om dit in die geestelike hemelse opset ook

so te verstaan.

Vergelyk bostaande met die gedeelte in Hebreërs 12, ons tweede bewys, waar hierdie feestelike vergadering van eersgeborenes (eerste wedergeborenes) ook so beskryf word.

18 Want julle het nie gekom by ’n tasbare berg nie en ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

19 en ramshoringgeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen Woord meer sou toegevoeg word nie -

20 want hulle kon die Gebod nie verdra nie: selfs as wilde wesens die berg aanraak, moet hulle gestenig word of met ’n pyl neergeskiet word.

21 En Moshè, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. [Exodus 19:16]

22 Maar julle het gekom by die Berg van Sion en die Stad van die lewende Elohim, die Hemelse Jerusalem en tienduisende Boodskappers, [Openbaring 14:1-3]

23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die Hemele opgeskrywe is, en by Elohim, die Regter van almal, en by die geeste van die regverdiges wat vervolmaak is, [Ode van Salomo 33:11]

24 en by JaHWèshua, die Middelaar van die Nuwe Verbond, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.

Ook word dieselfde vergadering in Openbaring 14 beskryf, ons derde bewys.

Open 14:1 EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die Berg van Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met Sy Naam en die Naam van Sy VADER op hulle voorhoofde geskrywe. [Odes van Salomo 23:21; 42:20; JeshaJaH 11:12; 2 Ezra 2:38]

2 En ek het ’n geluid uit die Hemele gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. [2 Ezra 6:17]

3 En hulle het ’n nuwe lied gesing voor die Troon en voor die vier lewende Wesens en die oudstes; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die Aarde vrygekoop is. [2 Ezra 2:42]

4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik skoongewas; [Exodus 19:15] dit is hulle wat die Lam volg

waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die adamiete as eerstelinge vir Elohim en die Lam.[Levítikus 21:14]

5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is raseg voor die Troon van Elohim.

Nou het ons drie ooreenstemmende bewyse oor wie in die eerstelinge vergadering sal wees, naamlik diegene wat hulle nie met die vroue, die verskillende hoergeeste van die kerke, besoedel het nie, maar wie die Moeder herken en toegelaat het dat Sy die geestelike bekleding vir ons aantrek. Sy is die enigste een wie ons maagdelik gereinig kan verklaar, sodat ons dan in JaHshua se teenwoordigheid kan kom om Hom van aangesig tot aangesig kan sien. Kan u sien dat as die boek 2 Esra in die Bybel ingesluit was, ons geen verwarring sou gehad het rakende die innerlike betekenis van Hebreërs 12 of Openbaring 14 nie.

 

 

 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205