MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 16

Seun, daar is jou moeder, vrou, daar is jou seun

Baie gedeeltes in die Skrif word slegs oppervlakkig deur die meeste mense gelees, soos die onderstaande. Sodra `n mens egter dieper na elke vers begin kyk, sien mens die drie vlakke van openbaring daarin, naamlik die natuurlike, die geestelike en die hemelse waarheid in ons Meester se woorde.

Joh 19:25 En by die folterpaal van JaHWèshua het gestaan Sy moeder en Sy moeder se suster, Mirjam, die vrou van Klopas, en Mirjam die Migdalieth.

26 En toe JaHWèshua Sy moeder sien en die student wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir Sy moeder: Vrou, dáár is u seun!

27 Daarop sê Hy vir die student: Dáár is jou moeder! En van daardie uur af het die student haar in sy huis geneem.

Natuurlik het Hy geweet dat sy dissipels na Sy moeder sal omsien, dus waarom spreek Hy hierdie woorde uit, feitlik Sy laaste woorde aan die vloekhout. Omdat Johannes die voorstelling van die hemelse waarheid is, omdat hy die hoogste geestelike ontwikkelingsvlak bereik het van al die apostels, word hy gekies, nie net om die aardse moeder van Jahshua in sy aardse huis te neem nie, maar Jahshua bied hom nou die toekomende Moedergees van die Hemele aan, wie Hy binnekort (sowat 53 dae daarna) sou uitstort oor die wêreld en daarom kon Johannes Haar in sy geestelike huis verwelkom, want hy was nou gereed vir die wedergeboorte!

Ook die volgende verse het `n dieper betekenis, naamlik `n hemelse betekenis.

Matt 12:47 Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan U moeder en U broers buite en wil graag met U praat.

48 Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is My moeder? En wie is My broers?

49 En Hy steek Sy hand oor Sy studente uit en sê: Dáár is My moeder en My broers.

50 Want elkeen wat die wil doen van My VADER wat in die Hemele is, dié is My broer en suster en moeder.

Is daar enige wese in die hele oneindigheid wat die Vader se wil so getrou uitvoer soos die Vader se innerlike vroulike polariteit, naamlik ons

Hemelse Moedergees!? Kyk hoe wonderbaarlik pleit Sy weer vir Haar ongehoorsame kinders en vat Sy self die pak slae saam met ons as ongehoorsame volk, en dit al vir duisende jare!

Jes 53:1 WIE het geglo wat aan Ons verkondig is? En aan wie is die Arm van JaHWeH geopenbaar?

2 Hy tog het soos ’n loot voor SY Aangesig opgespruit en soos ’n wortel uit droë Aarde. Hy het geen gestalte of grootsheid gehad, dat Ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat Ons Hom sou begeer nie. [JeHôWganan 15:1]

3 Hy was verag en deur die manne verlaat, ’n Man van smarte en vertroud met siekte; ja, soos een vir wie Ons, Ons gesig verberg; Hy was verag en Ons het Hom nie gereken nie.

4 Nogtans het Hy Ons siektes op Hom geneem, en Ons smarte - dié het Hy gedra; maar Ons het Hom gehou vir Een wat geplaag, deur Elohim geslaan en verdruk was. [Hooglied 1:6]

5 Maar Hy is ter wille van Ons oortredinge deurboor, ter wille van die skuld van Ons ongeregtigheid is Hy verbrysel; die straf wat vir Ons die Vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir Ons genesing gekom.

6 Ons almal het gedwaal soos skape, Ons het elkeen Ons eie pad geloop; maar JaHWeH het die skuld van Ons almal se ongeregtigheid op Hom laat neerkom.

7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie; soos ’n Lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n Ooi wat stom is voor die aangesig van Haar skeerders - ja, Hy het Sy Mond nie oopgemaak nie. [Boekrol van die Opregte 19:35; Psalm 129:3 ; Levítikus 5:5]

Hierdie vers is 100 persent korrek in die Boek van Herinnering vertaal, al sê feitlik alle konkordansies en woordeboeke nie so nie. Dis wat in die grondteks staan. Hy, Jahshua, die manlike, wat soos `n Lam ter slagting gelei word, met die vroulike pool, as Ooi wat stom is voor Haar skeerders, binne-in Homself, omdat hierdie Gees geen krag durf betoon het nie, moes Sy alles gelate aanvaar, omdat Sy en Haar Man die volkome offer was, om Lucifer en Satana se mag op aarde te breek.

Die volgende vers was nog altyd `n misterie naamlik Openbaring 3:12: Hierdie is `n aanhaling uit die boodskap aan die gemeente van Filadelfia, die een gemeente wat feitlik al die groot beloftes ontvang.

Openb3:12 Wie oorwin, Ek sal hom n pilaar in die Tempel van My Elohey maak, [1 ShemuEl 2:8] en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My Elohey skrywe en die naam van die Stad van My Elohey, van die nuwe Jerusalem, wat uit die Hemele van My Elohey neerdaal, en My nuwe Naam. [JeshaJaH 61:3]

13 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Hier word gespreek van die NUWE NAAM van die Gees en nie van ons Verlosser, JaHshua nie. Wie van ons ken al die Nuwe Naam van die Goddelike Gees van Waarheid, die Trooster? Sy, die Gees sal Haar Naam openbaar aan die eindtyd, maar net aan diegene wat die Kroon van Waarheid wil opsit

Open 3:11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou Kroon kan neem nie. [JeshaJaH 22:23]

Hierdie Naam van die Moedergees is reeds geopenbaar aan `n Duitse skrywer in die jaar 2010. Hierdie geskrif staan bekend as die laaste reddingsboei wat JaHshua vir ons aan die einde van tye uitgegooi het, naamlik die Boek van die Liefde, die Wysheid en die Bekragtiging, bekombaar in Afrikaans by die Dogter van Sion in Pretoria. U sal kwalik die wedergeboorte kan bereik sonder hierdie inligting.

 

 

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205