MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 18

Die Hemelse Moeder geopenbaar in die boekrol, Rut

Dit is eintlik ongelooflik hoe ons Vader hierdie Moedergees vir ons verberg het in die Skrif, maar die Bybelverhale verklap baie verborgenhede, veral die boeke Rut, Judit en Ester. Net so openbaar grepe uit bekende vroue se lewens ook fasette van die Moeder, soos wat ons vroeër oor Sarah gelees het wat die drie mate meel moes inknie. JaHshua se aardse moeder is ook `n groot bron van openbaring. Moet asseblief nie Maria-aanbidding van die Roomse kerk hiermee verwar nie. Die aardse moeder van Jahshua was maar net `n mens, wel `n baie spesiale mens, maar sy is verseker `n sinnebeeld van `n baie groter Hemelse Wese, naamlik die OERMOEDER self.

Daarom kan ons nou beter verstaan waarom Satan die heidense onheilige drie-eenheid van Nimrod, Astarte en Tamus opgerig het, met die Hemelkoningin aanbidding wat regdeur die heidense wêreld en in die Christendom voorkom. Weereens, Satan kan niks oorspronklik voortbring nie, hy moet wat eg, mooi en aanskoulik is, vernietig, en dit is presies wat hy met ons Moedergees gedoen het. Deur die ere van Ma-Rhea, die songodin oor te dra aan Jesus se ma, Maria, word Jesus nou die seun van die songodin. Dus aanbid die Rooms-Katolieke nie vir Miriam, die werklike moeder van JaHshua nie, maar `n valse Babiloniese entiteit, naamlik Astarte, Ishtar of Semiramus.

`n Mens kan ook verstaan dat Martin Luther, Calvyn en Scott en ander hervormers hierdie afgodery uit hul nuwe Protestantse geloof wou kry, maar helaas, ek dink die kind is saam met die badwater uitgegooi, toe alle verwysings na `n vroulike wese in die Godheid verban is. Hulle moes slegs die aanbidding van die songode en songodinne uitgeroei het, maar nou ja, dit was ander tye. Ons leef nou egter in die laaste dae, waar die hoogste vlak van openbaring moontlik is, naamlik die van die Bruid en daarom is hierdie kennis van die wese van Elohim uiters belangrik vir ons. Kom ons beweeg nou na die wonderlike hemelse openbaringsboek, die Boekrol van Rut. Dit sal goed wees om hierdie boekrol nou in die Boek van Herinnering te lees, want ek gaan slegs sekere gedeeltes hier lys.

Naomi en haar man stel Vader en Sy innerlike Vroulike polariteit, die Moedergees voor in hulle ewige goddelike glansrykheid en heerlikheid, terwyl hulle nog in Bethlehem-Juda, die suiwer gebied gebly het. Moenie vergeet dat persoonsname en plekname ook profetiese leidrade bevat nie, en Bethlehem beteken “Huis van Brood”, wat die suiwer Woord se geboorteplek voorstel, naamlik die innerlike androgiene Huis van die Vader Self. EliMéleg beteken “My El, die Koning” en Naomi beteken “My verlustiging”. Werklik openbaar net hierdie name al boekdele van die manlike en vroulike aard van Elohim.

Onthou, ons neem hierdie storie van Rut en plaas dit nou biljoene eons gelede, toe Lucifer geval het. Moab, tradisioneel `n gebied wat deur heidene bewoon was, dus onrein, stel die gebied in die ryk van Lucifer voor, nadat hy homself verhef het en in die duisternis geval het. Hierdie trek van Lucifer vanuit die suiwere na die besoedelde, stel die vrye wil voor wat enige geskape wese ontvang van Vader wanneer hy of sy geskape word. Hierdie trek was Lucifer se wil. Hier sterf Naomi se man. Nou ja, Vader kan nooit sterf nie, maar wanneer Hy sy Aangesig afwend van iets of iemand, dan is dit asof Hy vir daardie iets of persoon sterf, want daardie wese is nou dood, al lewe hy. Hierdie gestorwe man van Naomi in die besoedelde ryksgebied van Moab is nou Lucifer. Naomi kan dus nie langer daar bly nie, maar moet geestelik in Betlehem bly, dus die terugtog na Israel. Onthou dat wanneer ons na die onderlinge verhouding tussen engele en Vader kyk, is dit so ineengestrengel, dat die engel eintlik altyd die verlenging van Vader self is en dat engel en Vader as Elohim te alle tye een wese vorm. Slegs wanneer die engelwese vrywillig vanuit hierdie liefdesorde beweeg, skeur hierdie intieme band tussen Vader en skepsel.

Die twee seuns van Naomi is tog die twee groepe engel-skepsele in Lucifer se ryk, naamlik die eenderde rebelle en die tweederde getroue engele. Hulle beweeg ook oor die grens saam met hulle moeder, die weduwee Naomi, nou werksaam as die Gees van Wysheid in hierdie besoedelde gebied, geskei van Haar Man, wat Sy aangesig afgewend het van hierdie rebellie. Beide hierdie twee groepe neem elkeen `n vrou, wat verwek is in hierdie besoedelde koninkryk van Moab. Orpa, wat gemsbok beteken en Rut wat vriendskap beteken, stel die twee geeste voor wat nou werksaam sal wees in die twee afsonderlike groepe in hierdie besoedelde ryk. Die dood van die twee mans stel ook dieselfde voor as

hierbo, naamlik dat hierdie twee groepe beide gedoem is, die een deur sy eie rebellie, en die ander groep deur daar te wees waar rebellie heers, alhoewel hulle onskuldig was. Dink daaraan dat in die suiwer gebied geen kennis bestaan het van hoogmoed, moord, vermenging ens, sondes wat die rebelle nou gepleeg het. Maar die onskuldiges het nou deur waarneming, kennis van sonde en ongehoorsaamheid, oftewel kennis van goed en kwaad, suiwer en besoedel, bekom. Hulle is dus ook dood vir die suiwer gebied en kon nooit weer terugkeer na Bethlehem ,die ewige Broodhuis van Vader nie.

Onthou, uit ons vorige gedeeltes, is hierdie twee vroulike geeste nou identifiseerbaar as Orpa, die gees van besoedeling en Rut, die gees van Waarheid. Waarom?

Die volgende gedeelte word uit Rut aangehaal en u moet asb nou na die geestelike trek kyk, dit wil sê, vanuit die besoedeling, terug na die suiwere, oftewel die geestelike Bethlehem, die ware Broodhuis.

Rut 1:6 het sy (Naomi) haar gereed gemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat JaHWeH op Sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.

7 So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die Aarde van JeHûWdah terug te gaan,

8 sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag JaHWeH aan julle Medelye betoon soos julle aan die dode en aan my bewys het. (die Gees laat die vrye wil besluit van beide)

14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.

15 Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan!

16 Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u Elohey is my Elohey.

Hier stel Rut, die Gees van Waarheid, die jong dogter van Hooglied voor wat swart verbrand is en wat in gevangenskap is, maar wat vasberade is om haar hele gestorwe huis (tweederdes engele) terug te bring na

Bethlehem, deur saam met Naomi, die Moedergees te gaan, om te doen wat Haar Elohim verlang, want sy wil ook as Haar volk gereken wees.

17 Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag JaHWeH so aan my doen en so daaraan toedoen - net die dood sal skeiding maak tussen my en u.

18 Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.

22 So het Naómi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die garsoes.

Moet nou nie verward raak nie, want die geestelike trek is presies dit, geestelik. Rut het eintlik agtergebly by haar gestorwe huis in die besoedeling, maar sy het nou net haar bereidheid betuig teenoor haar Moeder dat sy Huistoe wil kom, terug na die Vaderhuis van Brood. Die begin van die garsoes is ook insiggewend, want gewoonlik word kinders van die koninkryk met koring vergelyk, terwyl gars `n minderwaardig oes is, vergeleke met koring, wat daardeur aandui dat hierdie oes in Lucifer se gevalle koninkryk totaal geestelik anders sal wees, want Waarheid is nou net gevorm, Sy het nou Haar bereidheid betuig om hierdie oes in te bring. Die volgende gedeeltes van Rut moet nou biddend en geestelik gelees word, gedagtig aan die Gees van Waarheid wat vir miljarde eons in en met hierdie tweederdes behoudende engelwesens in Lucifer se ryk in gevangenskap was. Daar was geen vooruitsig van verlossing nie, want Lucifer en sy eenderde engelgeeste het net al hoe boser geword. Maar, helaas, Vader het `n ander plan gehad en Hy gee innerlik die instruksie aan die Moedergees, Naomi, om Rut as volg te lei, na Boas, die teëbeeld van ons Verlosser, Jahshua.

Rut gaan are optel en kom in die Aarde van Boas.

2 EN Naómi het ’n bloedverwant gehad van haar man se kant, ’n vermoënde man, uit die familie van EliMeleg, wie se naam Boas was. (Boas beteken “rats of vlug”)

2 En Rut, die Moabitiese, het vir Naómi gesê: Laat ek tog die Aarde ingaan en are optel agter dié een in wie se oë ek guns sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan, my dogter.

Are stel altyd mense voor wat gered moet word, want die oesland is die wêreld en die kinders is die are. Om hierdie gedeelte te verstaan, moet u nou dink aan die aarde, wat deur Jahshua voorbestem is as

opleidingsplek, maar waar ook die hele Satana gees ingewerp is. Hierdie aarde is nou die oesland, hierdie aarde is nou die enigste plek in die ganse gevalle heelal van Lucifer, waar kindskap in die Elohim familie aangebied word deur Vader in Sy Seun JaHshua. Hier kom neem jy vlees aan en hier kan enige gevalle engelgees in die ryk van Lucifer nou vrykom van die materiële bande van die val in die diepte om kind van Vader te word. Dit vind ook werklik so plaas. Die ganse heelal weet van Jahshua se soenoffer en van Sy belofte en miljarde staan gereed om aarde toe te kom, om hier gebore te word en om wedergebore te word in die Nuwe Jerusalem.

3 Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En toe kom sy op ’n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die familie van EliMeleg.

4 En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag JaHWeH met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag JaHWeH u seën!

5 Daarop sê Boas aan sy dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou?

6 En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sê: Dit is die jong Moabitiese vrou wat saam met Naómi uit die veld van Moab teruggekom het;

7 en sy het gesê: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmôre af tot nou toe; sy het maar min daar in die huis gesit (tot nou toe het dit maar sleg gegaan met haar)

8 Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: Jy moenie op ’n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie, maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit. [Spreuke van Salomo 9:1-3] (Rut sluit aan by die ander Vroulike Geeste wat werksaam is in hierdie ryksgebied)

9 Met die oë op die land wat hulle afsny, moet jy agter hulle aan loop. Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep. (hier word Rut in die geestelike opgelei om een dag die waardige Bruid van Waarheid vir Jahshua te wees)

10 Toe val sy op haar aangesig en buig na die Aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek guns in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek ’n uitlander is?

 

 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205