MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 19

Die sewe Oergeeste van Elohim. Die verlossing

18 RafaEl sê: [2] Die oergeskapene groot geeste is immers die gedagtes in Elohim en die daaruit voortkomende idees.

[3] Die mistieke getal sewe verwys na die volkome oorspronklik goddelike en is aan Elohim gelyk in elke van Sy uitgaande gedagtes en in elke idee wat deur Hom gevorm is en as te ware uit Hom na buite geplaas is.

[4] Die eerste in Elohim is die Liefde. Sy is in alle geskape dinge te vinde, want sonder liefde kan niks bestaan nie.

[5] Die tweede is die Wysheid, die uit die liefde voortkomende lig. Ook Haar kan jy in elke wese aan sy vorm waarneem, want hoe ontvankliker `n wese is vir lig, des te meer ontwikkel, verfynd en mooier sal sy vorm ook wees.

[6] Die derde, wat uit die Liefde en die Wysheid voorkom, is die Werksame Wil van Elohim. Daardeur word die gedagte wesens eers werklikheid, sodat hulle dan werklik bestaan en aanwesig is, anders sou alle gedagtes en idees van Elohim dieselfde wees as jou niksseggende gedagtes en idees, wat nooit realiteit word nie.

[7] Die vierde wat weer uit hierdie drie ontstaan, is en heet die Orde. Sonder hierdie Orde sou `n wese nooit `n blywende en vaste vorm en dus ook nooit `n bepaalde doel gehad het nie. Want as jy `n os voor die ploeg span en sy vorm en gedaante sou verander, byvoorbeeld in `n vis of in `n voël, sou jy dan wel ooit `n doel daarmee kan bereik? Of as jy `n vrug sou wil eet, wat voor jou mond in `n klip sou verander, wat sou jy dan aan die vrug hê? Of as jy êrens oor `n vaste weg sou heengaan en die weg sou onder jou voete in water verander, sou die stewigste weg jou dan help? Kyk, dit alles en ontelbaar veel meer word verhoed deur die goddelike orde as vierde gees van Elohim!

[8] Die vyfde gees van Elohim heet die Goddelike Erns, waarsonder geen enkel ding `n bestaansmoonlikheid sou gehad het nie, omdat hy ooreenkom met die ewige waarheid in Elohim en Die gee aan alle wesens eers die ware duursaamheid, die voortplanting, die gedy en die uiteindelike vervolmaking. Sonder die gees in Elohim sou dit vir alle wesens baie sleg daar uitsien. Hulle sou vir julle as die bousels van `n ‘fata morgana’ voorkom, wat wel iets blyk te wees solank mens hulle sien. Maar die voorwaarde waardeur hulle veroorsaak word, verander maar al te gou, omdat daar geen erns daarin heers nie en die mooi en

wonderbaarlike bousels verdwyn in die niet! Hulle sien weliswaar ook baie goed georden daaruit, maar omdat daar in die oorsaak wat hulle laat ontstaan het, geen erns heers nie, is hulle niks as baie losse bousels, wat onmoontlik bestendigheid kan hê.

[9] Kyk, dit is dan al vyf groot oergeeste van Elohim, en nou sal ons nog oorgaan tot die twee laastes; luister dus nog verder na my!

[10] Waar die hoogste Liefde, die hoogste Wysheid, die almagtige Wil, die volkome Orde en die onveranderlik, standvastigste Erns aanwesig is, moet tog duidelik ook die grootste en ewig nooit bereikbare Geduld aanwesig wees, want sonder die geduld sou alles in `n stroomversnelling raak en ten slotte in `n onontwarbare chaos van die ou wyses eindig.

[11] Wanneer `n boumeester `n huis bou, mag hy tog naas die ander eienskappe wat daarvoor nodig is, ook nie die geduld vergeet nie, want as hy dit nie het nie, dan - glo my - sal hy sy huis nooit kan voltooi nie.

[12] Ek sê vir jou: as Elohim hierdie gees nie sou gehad het nie, dan sou daar al bykans eindeloos lank geen aardse son meer in die oneindige ruimte geskyn het nie en in die wêreld van die geeste sou dit daar heel vreemd, volkome onwerklik uitgesien het. Die Geduld is die moeder van die ewige, onveranderlike barmhartigheid van Elohim en as hierdie sesde gees nie in Elohim aanwesig sou gewees het nie, waar en wat sou alle skepsele dan teenoor die enigste Almagtige Elohim wees?!

[13] As ons dan ook op een of ander wyse faal en ons daardeur klaarblyklik prysgee aan die vernietigende vloek van die goddelike Liefde, Wysheid en van die goddelike Wil, waarop Sy Erns volg, vanweë die voorafgaande Orde, dan steun ons op die goddelike Geduld, wat mettertyd tog alles in ewewig bring en moet bring, want anders sou alle skepsele, ook al was hulle hoe volmaak, hulle oorgelewer het aan die ewige oordeel van die verderf.

[14] Die goddelike Geduld sou met die eersgenoemde vyf geeste in Elohim wel één of ook wel talloos vele mense op die hemelliggame skep en ook blywend onderhou, maar dan sou `n mens of ook talloos vele mense in die swaar vlees vir `n eindelose tyd voortlewe en van `n uiteindelike vrywording van die siel uit die bande van die materie, sou dan ewig lank geen sprake gewees het nie. Tewens sou diere, plante en mense hulle steeds maar vermeerder en ten slotte deur hulle aantal op die beperkte ruimte van `n hemelliggaam so naby op mekaar gedring woon, dat die een nie meer vir die ander sou opsy kan gaan

nie. Met dien verstande dat `n hemelliggaam onder die beheer van die eindelose goddelike geduld ooit nog sover ryp sou kan word, dat dit plante, diere en mense sou kan dra en voed. Ja met die ses geeste waarmee ek jou tot nog toe maar net laat kennis maak het, sou selfs die skep van `n stoflike wêreld oneindig traag gaan en dit sou baie die vraag wees of daar wel ooit `n wêreld in die materie te voorskyn sou kom.

[15] Maar die Geduld is, netsoos reeds gesê, die Moeder van die goddelike Barmhartigheid en daarom is die sewende gees in Elohim dan ook die Barmhartigheid, wat ons ook die Sagmoedigheid wil noem. Sy bring alles in orde. Sy orden alle vroeëre geeste en sorg vir die tydige rypheid, van `n wêreld, sowel as van alle skepsele daarop. Vir alles het sy `n bepaalde tyd gestel en die ryp geworde geeste kan sodoende vlug en maklik hulle volledige verlossing verwag en hulle ewige vryheid en volledige lewenselfstandigheid aanvaar.

[16] Hierdie sewende gees in Elohim het dan ook daarvoor gesorg dat Elohim Self in die vlees kon kom om daardeur alle gevange geeste binne die kortste moontlike tyd uit die harde bande van die noodsaaklike oordeel van die materie te verlos, en dié werk van Hom - die verlossing - kan dan ook die hernieude skepping van die hemel en die wêrelde en dus die grootste werk van Elohim genoem word, omdat al sewe geeste van Elohim volledig ewewigtig daarin werk, wat vroeër nie so veel die geval was en ook nie mag nie, vanweë die gees van die Orde in Elohim. Want vroeër het hierdie sewende gees in Elohim, wat nou aan jou bekend is, slegs in soverre met die ander geeste saamgewerk het, sodat alle gedagtes en idees van Elohim realiteite kon word; van nou af aan werk hy egter kragtiger en die volkome verlossing is juis die gevolg daarvan.

[17] En sien jy nou, dit is die sewe Geeste van Elohim wat jy nie begryp het nie; en al die geskapene uit die sewe Geeste van Elohim kom in alles met hierdie sewe Geeste van Elohim ooreen en dra Hulle in hom. En die ewig voortdurende skepping en die netso onophoudelike skepping is dit wat die oerwyses van hierdie aarde die ‘oorloë van JaHWeH’ genoem het.”

Elkeen van hierdie eienskappe korrespondeer met een kleur van die reënboog en sodra al sewe kleure begin skyn, en dit word saamgevoeg, het ons suiwer wit lig*. Hierdie sewe geeste is dan ook wat bedoel word met die kandelaar wat brand in Openbaring 4, terugverwysend na die kandelaar wat in die Heilige deel van die tabernakel gestaan het en wat

aandui hoedanig die mens se siel moet funksioneer in hierdie sewe verskillende eienskappe, sodat suiwer wit lig deur die hart, wat as prisma dien, gereflekteer word na die geestesdimensie in jouself. Sodra hierdie sewe geeste in volkome harmonie kan funksioneer, is daar niks meer wat die deur na die Allerheiligste in jouself blokkeer nie. Hierdie bereiking van suiwer wit lig is dus die hoof voorwaarde vir innerlike wedergeboorte van die gees, naamlik die finale wedergeboorte, of eenwording met JaHshua.(*sien Aanhangsel B)

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205