MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 22

Adam en Eva, Kain en Abel

In hierdie skeppingsverhaal van Adam en Eva is daar ook verborge innerlike waarheid verskuil, wat ook aan u uitgelig gaan word, liewe suster, sodat elkeen kan sien dat selfs vanaf die heel eerste begin van ons vleeslike bestaan, hierdie bedeling alles afbeeld wat voorheen in die engeleryk van Lucifer gebeur het. Ook dit kan nie sonder die begrip van die vroulike verstaan word nie.

Adam en Eva word geskape as volkome androgiene wese, man en manin in een. Adam is die manlike positiewe en manin die vroulike negatiewe. Saam sou hulle in staat gewees het om die hele skepping vanuit hulleself weer terug te bring na die volmaakte toestand, waar elke nakomeling die ewige Vaderhuis sou beërwe het. Helaas weet ons dat dit nie so plaasgevind het nie en ons sien hoe Elohim die volgende stap neem in die skepping in Génesis 2:21-22:

21 Toe het JaHWeH Elohim ’n diepe slaap op die adamiet laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy sykante geneem en die plek met vlees toegemaak. [Openbaring van Henog 11:49, Boekrol van die Opregte 1:4, JeHôWga­nan 19:34]

22 En JaHWeH Elohim bou die sykant wat Hy van die adamiet geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die adamiet.

Vanuit Adam word die manin, die negatiewe pool, die skeppende pool uitgehaal. Waarom? Die Nuwe openbaring sê vir ons dat daar `n innerlike konflik of disharmonie ontstaan het in hierdie androgiene skeppingswese en dat die skeiding `n noodgedwonge gevolg daarvan was. Hoe dit ookal sy, hierdie twee geskeide entiteite het nou die taak ontvang om die aarde te vul met wesens na hul beeld geskape, manlik en vroulik geskei.

Kort daarna word hierdie eerste paartjie voor `n toets gestel in die vorm van Nagash (beteken slang) wat deur die vroulike poog om die paartjie uit Elohim se skeppingsorde te verlei. Hy slaag daarin en hierdie paartjie verloor hul liggewaad en word nakend deur Elohim gevind, wat beteken ligloos, glansloos, ontneem van hul heerlikheid. Hierdie daad het hul totale skeppingskrag geaffekteer, sodanig so dat Eva se baarmoeder besoedel was op beide die fisiese en geestelike vlak. Ook is die denke van beide besoedel deur hierdie sondige daad in die paradys, sodanig so dat hulle, wat ten tye hiervan blootgestel was aan beide bome, die een van die ewige lewe (Moedergees van Vader) en die boom van kennis van suiwer en besoedel (Satanagees van Lucifer), verwyder moes word uit die tuin van Eden (koninkryk). Hulle moes dus onverwyld verwyder word uit hierdie tuin van Eden, dus vanuit hul innerlike toestand van direkte skakeling met die Moeder en al Haar Engele (ander bome). Weereens kan u die analoog sien met die destydse val van Lucifer. Hy word uitgewerp na sy rebellie, sodat die hele ongevalle skepping, met wie hy kontak gehad het deur die Moedergees, vir hom verbode geword het. Hy was afgesny van alles buite sy ryksgebied.

Nou verwek Adam en Eva vir Kain en later vir Abel. Wie stel hulle nou voor in hierdie analoë beeld van ons?

Hier sien u die sinnebeeld van die val van Lucifer die dieptes in. Soos wat Lucifer geval het, so het hy ook uitmekaar geval. Soos die androgiene verplaas word na aparte entiteite, so het hy ook geskei geraak en hierdie nuwe vrou (Satanagees) het dadelik die boosheid aangegryp, gedryf deur die manlike se hoogmoed, het sy sy eieliefde vergestalt en voortgegaan met bose en nie-bose skeppings, dus die boom van goed en kwaad, wat eintlik suiwer en besoedel is. Kain was absolute bose saad, Abel egter godvresend en getrou. Die boek van Henog 85 beskryf dit so in Henog se droom oor die skepping:

3 Voordat ek jou moeder, Edna, geneem het, het ek ‘n visioen op my bed gehad - en kyk, ‘n bul het uit die Aarde voortgekom en daardie bul was wit (Adam); daarna het ‘n vers (Eva) voortgekom, en saam met laasgenoemde het twee bulle voortgekom, die een swart (Kain) en die ander rooi (Abel).

4 Maar die swart bul het die rooi een deurboor en hom oor die Aarde gejaag en daarna kon ek die rooi bul nie meer sien nie.

5 Maar die swart bul het gegroei en die vers het saam met hom gegaan, en ek het gesien dat daar baie bulle uit hom gekom het en hulle het soos hy gelyk en hom gevolg.

Let wel dat die kleur swart die geestelike voorstel, dus duisternis, en nie soseer velkleur nie. Rooi stel besoedeld voor, maar nie heeltemal boos nie. Onthou, die besoedeling in die baarmoeder kan gaandeweg verminder, en nou in ons bedeling, kan Jahshua dadelik `n aansuiwering deur Sy bloed in enige besoedelde mens doen, jy moet egter net gehoorsaam word en daarvoor vra.

Hierdie twee eerste seuns, stel dus die eenderde rebelle (Kain) en die tweederde getroues (Abel) voor in die destydse ryk van Lucifer. Kain moes Abel doodmaak, net soos wat die rebelle die ander ook gedood het, deur hulle, wat onskuldig was, af te sny van die Hemelse Koninkryk. Hierdie teistering van die rebelle teen die getroues het vir miljarde eons voortgeduur. Om u `n idee te gee, JaHshua sê in die NO dat, sou jy sand­korreltjies neem, en die hele aarde volpak, ook die seë, met elke korreltjie met `n waarde van 1 miljoen jaar, en jy tel al hierdie sand­korreltjies bymekaar, dan het jy nog nie by die tyd gekom waar Lucifer gerebelleer het nie. Dis nog baie verder terug as dit! Sien u dus die noodsaaklikheid van Kain wat weggestuur moes word, oftewel uitgewerp word, en Eva wat nuwe saad moes kry in Génesis 4:25 en Henog 85, sodat die tweederde getroues in daardie ryk ook verlos kon word.

25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom Set genoem. Want, [het sy gesê] Elohim het my ’n ander saad geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. [Boekrol van Henog 85:8]

Henog 85:8 Hierna het sy nog ‘n wit bul voortgebring, en daarna het sy baie swart bulle en koeie gehad. [Génesis 4:25]

9 Ek het in my slaap gesien hoe daardie wit bul ook gegroei het en ‘n groot wit bul geword het, en uit hom het daar baie wit bulle voortgekom, en hulle het soos hy gelyk.

10 Hulle het begin om baie wit bulle te baar wat net soos hulle gelyk het, die een na die ander, sommer baie.

Hier was nou `n nuwe suiwer saadlyn, `n nuwe suiwer fisiese en geestelike Set lyn, wel geneig tot sonde, maar wat sou voortbestaan totdat Hy sou kom, JaHshua, wat vir ons die volkome verlossing sou bring deur Sy Vlees en Sy Bloed te offer vir die gehele heelal se sonde, die van die eenderde rebelle, die van die getroues wat nou van sonde bewus geword het deur hul sinnebeeld-broer Kain se dade in hul ryksgebied, sowel as die sonde van die hele sondige nageslag vanaf Adam. Selfs hier kan u nou sien dat die verlossing op volkome manlike en volkome vroulike gebied moes geskied en dat Jahshua volkome manlik en volkome vroulik in Homself moes wees om dit te bewerkstellig.

Hy was mos volmaak, kan u onthou hoe die vroulike Duif op Hom neergedaal het, die Duif in die rotsklowe, agter die tralies! Hierdie Gees van Waarheid, wat in Hom was vanaf die begin van Sy prediking, vanaf Sy doop, was die bewerker van Sy opstanding, en Sy bewerk ook vandag nog ons opstanding vanuit ons vleeslike toestand en Sy sal ons sodanig beklee dat ons gereed sal wees om met Hom te verenig, oftewel Sy koms in ons te ervaar, wat ons nou ken as die geestelike wedergeboorte. Dink u dit was nie vir ons gegee nie? U maak `n fout, u neem nog u hele lewe lank deel aan `n sakrament en u het nie eers geweet wat dit beteken nie. Matthèüs 26:26-28.

26 En terwyl hulle eet, neem JaHWèshua die Brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy Hom en gee Hom aan Sy studente en sê: Neem, eet, Hy is My liggaam. [Boekrol van die Opregte 16:11]

27 Toe neem Hy die Beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy Haar aan hulle en sê: Drink almal uit Haar.

28 Want Sy is My Bloed, die Bloed van die Nuwe Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van oortredinge. [Psalm 30:9]

29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie Vrug van die Wingerdstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek Haar met julle nuut sal drink in die Koninkryk van My VADER.

Die nagmaal, soos ons dit nou ken, wat maar eintlik die Pasga is wat weer herstel is tot wat dit was voor die Levitiese orde (Génesis 14:18-20), dui op die volkome verlossing van gees en siel, voorgestel deur die brood as die verheerlikte vlees of manlike oergees in ons en die wyn as vroulike siel in ons. Onthou, meneer, u het ook `n vroulike siel, dit is waarom u ook bruid genoem word.

18 En Melgisédek, die Koning van Salem, wat ’n priester van die Hoogste El was, het Brood en Wyn gebring [Boekrol van die Opregte 23:35]

19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur die Hoogste El die Skepper van Hemele en Aarde.

20 En geseënd is die Hoogste El, wat u vyande in u hand gegee het, toe gee hy Hom die tiende van alles.

`n Beker of houer is altyd vroulik, verwys na ons tabel, en soos wat Jahshua, as volkome androgiene Wese deur die dood en opstanding moes gaan, so bewerk Hy nou vir ons eenwording in Sy ryk, nou aan die eindtyd, as Sy Bruid.

Waar dink u, mevrou, het Jahshua Gees/Krag gekry om vanaf die tuin van Getsemané te gaan deur Sy verhoor, deur Sy marteling, op Sy pad na die kruis, deur Sy ontsettende lyding aan die kruis toe hulle Hom vasgenael het, Hom deurboor het, Hom gehoon en gespot het? Die Skrif sê dat die Gees hom begin verlaat het in die tuin van Getsemané, sodanig so dat Hy bloed gesweet het daaroor tydens Sy gebed in die tuin.

Hy het Sy innerlike Krag van Haar gekry, ons dierbare Trooster, wat self deur al daardie lyding moes gaan as Jahshua se innerlike krag, as Sy senuwees wat alles net so gevoel het soos Hy. Sy het Hom en Haarself opgewek in daardie graf, sy het alles gedoen, want Sy IS HY, Sy is EEN IN HOM, Sy is JaHshua se innerlike verheerlikte Vroulike deel! En dan, daarna word Sy ontken vir 2000 jaar as dat Sy nie eers bestaan nie! Wat `n VROU!! Sien Jesaja 53:7 weer vir bevestiging.

Jes 53:7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie; soos ’n Lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n Ooi wat stom is voor die aangesig van Haar skeerders - ja, Hy het Sy Mond nie oopgemaak nie.

Ek sal `n nou bevestiging plaas in hierdie volgende hoofstuk, van `n onbekende Duitse boodskapper in die vorige eeu, sodat u kan sien hoe die verheerliking van JaHshua in die grot plaasgevind het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205