MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 23

Die Visioen en Boodskap oor die Opstanding

“Ek het eendag vir ons Messias gevra: Wat het gebeur toe U van die kruis afgeneem is? Toe sê Hy vir my dat Hy my sal wys.

Toe sien ek hoe Hy in die grafkamer lê. Ek sien hoe daar lig uit Sy liggaam gaan, vanaf Sy kop na 'n punt in die middel bokant Hom. Ook van Sy regterhand en van Sy regtertoon het die lig na 'n punt in die middel, bokant Hom gestraal.

Hy sê toe vir my: "Kyk, EK IS nie 'n stofmens soos julle nie. Ek het My tydelike stofligaam afgebreek, dit is wat die afdruk op die kleed nagelaat het. Daarmee bou Ek My Gewyde Gees Lig-Ligaam op."

 

JaHshua Messias, U wat vir my die wonderwerk van U opstanding geopenbaar het, waarvoor ek U altyd dankbaar sal bly, is daar nog 'n boodskap?

"Jy het my gesien hoe Ek van die kruis afgehaal is en na die grafkamer gebring is, waar Ek omvou was met doeke en 'n kopdoek. Ek het jou gewys hoe Ek direk na die kruisiging My liggaam verander het in 'n ligdriehoek. Soos Ek vir jou gesê het: `Alles wat Ek doen, doen Ek in drieë.' "

"Dit moes so gebeur het. Ek, die Seun van Elohim, was die offer. Die offer wat die enorme skuld van die mens simbolies vir Elohim, die Skepper van alle dinge, kon skoonwas."

"In die tyd van die Nuwe Testament (Verbond) is 'n dier nie meer goed genoeg nie. Die bloed van die dier wat die siel van die dier bevat het, het gelouter tot Elohim teruggekeer. Die siel het die boodskap van die offer gedra. Soos 'n manuskrip, 'n versoekskrif om barmhartigheid."

"Ook in dié tyd het die offer die getal drie gedra:

·                'n Bul en twee ramme, drie,

·                'n ongesuurde brood en ongesuurde koeke, drie,

·                en ongesuurde platkoeke, drie."

·                "Vergelyk die brood met die aandmaal en die bloed van die diere                met My wyn:

·                Die brood, My liggaam, stof.

·                Die wyn, My bloed, Gees."

"Vergelyk die klere van Aäron met die simboliese betekenis van my kleed sonder naat, my bokleed bestaande uit vier dele, my lendedoek en kopdoek."

"Aäron is ook gesalf. Vergelyk Exodus 29:2-3:

'En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om. En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die gewyde kroon aan die tulband.' "

"So het Aäron en sy seuns dan priesters geword. Die priesteramp - 'n ewige insetting."

"Dan word die bul en die ramme vir die simbool van die ewige priester geoffer."

"Nou moet jy baie mooi op die volgende let. Exodus 29:20:

'Jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regter-oorlap van Aäron en aan die regter-oorlap van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom die altaar uitgooi.' "

"Nie verniet het Ek vir jou oë My liggaam in die graf gewys waar vanuit My regteroor lig na 'n punt bo gestraal het en vanuit my regtervoet lig na dieselfde punt nie. En dit kon jy nie mooi sien nie, maar vanuit my regterhand het daar 'n straal na die middel van die driehoek beweeg, sodat My vlees, net soos in die geval van die diere-offer, nie oorgebly het op die Sabbat nie, maar Gees geword het."

"'n Geestelike bousteen.

·                Die simbool soos aan die kruis.

·                Die simbool van volmaakte balans.

·                Die simbool van volmaakte harmonie.

·                My offer gebring vir die mens.

·                My offer vir planeet aarde."

 

"Die Woord het eers vlees geword.

·                Die Woord het die Ewige Lewe gebring.

·                Die Lewe het Lig geword.

·                Die Lig vir die mense.

·                Die Lig getuig van die simbool van volmaakte harmonie.

·                Die Lig het ook ná die kruisiging geskyn."

 

In die graf het dit die volmaakte beeld van die Messias nagelaat op die doek, die Kleed van Turyn. Die afdruk van ons grootste hoëpriester. Sy Lig-liggaam in stof afgedruk as 'n ewige getuienis.* Die tyd en die duisternis het dit nie oorweldig nie. Maar die mense glo nog nie; besef nog nie die bomenslike offer wat Hy gebring het nie; nie soos 'n dier wat ter slagting gebring is nie, maar vrywillig sodat ons sal glo. Glo HY IS die Seun van Elohim wat Gees IS.

·                Bo alle materie verhef.

·                Bo alle stof.

·                Bo alle menslike vernietiging.

·                'n Ewige Hoëpriester, as Melgisédek.

(tot sover die aanhaling)

Skrywer: Ek was maar my hele lewe baie skepties oor hierdie kleed wat as heilige ikoon deur die Katolieke geberg word, maar het bietjie gaan rondkyk. Ek is oortuig dat daar meer as een namaaksel is en die oorspronklike is dalk nog iewers verborge. Ek lys kommentaar aan van Philip Ball plus `n draad na wikipedia. As daar namaaksels is, is dit redelik seker dat daar ook `n oorspronklike moet wees. Ek heg egter geen besondere waarde daaraan nie, maar kan glo dat met die vrystelling van sulke hoë intensiteit lig, enigiets kon gebeur het. Dat die mens agterna spektakels van sulke goed maak, bewys egter nie dat daar nie `n oorspronklike was nie. U kan self besluit.

·                (According to former Nature editor Philip Ball, "it's fair to say that, despite the seemingly definitive tests in 1988, the status of the Shroud of Turin is murkier than ever. Not least, the nature of the image and how it was fixed on the cloth remain deeply puzzling".[5] The shroud continues to remain one of the most studied and controversial objects in human history.[6][7][8] (http://en.wikipedia.org/wiki/Shroud_of_Turin))

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205