MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 24

Die verhaal van Susanna

Hierdie verhaal vind u in die 13de hoofstuk van die boek Daniël. Ja, maar u sê, Daniël in u Bybel het slegs 12 hoofstukke. Ja dit is so, maar hierdie hoofstuk 13, (en daar is nog `n hoofstuk 14 ook) is ook as Deutero-kanoniek verklaar, deur, raai wie? Dieselfde manlike priesterorde wat al die ander boeke uit u Bybels gehaal het wat enige verwysing na kragtige werke of getuienisse van vrouens bevat.

`n Ruk gelede het ek die DVD`s van Eben Swart gekyk oor die geheimenisse waarmee hierdie priesterorde al vir duisende jare mee besig is. Hy praat van die kokosneut beginsel wat in kort behels dat wanneer jy in `n woud stap en `n kokosneut val uit `n palmboom op jou kop, dan kan dit toevallig wees. Maar as jy vir twee of drie of vier agtereenvolgende dae daar deurstap en `n kokosneut val elke keer op jou kop, moet jy kyk of daar nie `n aap in die boom is wat `n kokosneut elke keer op jou kop afgooi nie. Mevrou, ek dink dat u teen hierdie tyd redelik sat gegooi is met kokosneute en is dit oorduidelik dat die priesterorde vir baie eeue met doelbewuste verdoeseling en op die minste met misleiding besig was. Helaas staan dit in die boek van Daniël in hoofstuk 12 dat die geheimenisse aan die einde van die tyd geopenbaar sal word.

Dan 12:9 En Hy het gesê: Gaan heen, DaniEl, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

10 Baie sal hulself veredel, hulself verblank en hulself uitsuiwer, maar die besoedelde sal meer besoedel word; en geeneen van die besoedeldes sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. [Boekrol van Henog 38:4; Openbaring 22:11]

Kom ons kyk of u al verstandig geword het en lees asseblief hierdie hoofstuk eers in u Boek van Herinnering.

Die verhaal van Susanna.

Daniël 13:1 DAAR het eenmaal in Babel ‘n man met die naam JeHôWjakim (beteken JaHWeH sal bevestig) gewoon.

2 Hy het in die huwelik getree met ‘n vrou wie se naam Susanna (beteken lelie) was, die dogter van HilkiJaH (beteken JaHWeH is my deel), ‘n besonder mooi vrou wat JaHWeH gevrees het. [Hooglied 2:2; 2 Ezra 5:24]

3 Haar ouers was vroom mense en het hulle dogter in die Wet van Moshè onderrig.

4 JeHôWjakim was baie ryk en het ‘n pragtige tuin naas sy huis gehad; en die Hebreërs was gewoond om hom te besoek omdat hy die aansienlikste van hulle almal was.

U kan sekelik noual die sinnebeeld raaksien, naamlik dat hierdie Susanna, (die lelie van die velde), weereens ons verborge vrou, die Gees van Waarheid, die Trooster voorstel, getroud oftewel bevestig in JaHWeH, dogtergees wat deel is van JaHWeH, beeldskoon vanweë haar innerlike eienskap van Waarheid en onderrig in die hemelse wet van liefde. JaHshua, versinnebeeld deur JeHôWjakim se tuin is die werksplek van die Gees, naamlik in jou en my innerlike, in ons siele. Ons is Sy tuin.

5 In daardie jaar is twee van die oudstes van die volk tot regters aangestel, mense van die soort van wie JaHWeH gesê het: Ongeregtigheid het uit Babel voortgekom, van oudstes wat regters was, wat veronderstel was om die volk te regeer.

6 Hierdie manne het gereeld in die huis van JeHôWjakim verkeer, en almal wat ‘n regsaak gehad het, het hulle daar besoek.

Sien u hierdie bose oudstes, sien u die priesterorde, sien u die twee?! Hierdie twee stel niemand anders voor as die priesterorde van die Rooms-Katolieke en die priesterorde van die Protestante nie! Hulle hou hulle hoofsaaklik besig met regsake en nie met die verbreiding van die liefdesleer van JaHshua nie. Nee, hulle is God se gesag op die aarde, hulle sê dit self. Die Katolieke priesterorde is net meer blatant, want die pous dra `n hoofdeksel met die woorde “Potius Vicarius Filli Dey” wat beteken “die pous is in die plek van God op aarde”.

Ons ander priesterorde is net so ongenaakbaar en verdoem elke kerk wat nie deel in hul Protestantse dogma nie, soos hulle Nederlandse Geloofsbelydenis, hulle Heidelbergse kategismus (eerder Huigelbergse Kataklismes), hulle Dortse leerreëls en nou hulle Belhar belydenis. Waag jy dit net om hulle teë te gaan in `n kerk, en jy word gedaag voor die kerkraad en uitgesmyt as ketter teen die kerk, en dan sluit hulle nog die poorte van die hemel vir jou toe, bid jou aan. Daarmee ken hulle vir hulself ook goddelike gesag op die aarde toe, want sover ek weet, is dit net Jahshua Self wat daardie poorte beheer en het Hy daardie gesag nooit gedelegeer nie. Die beginsel van oordeel moet tog in die liefde verstaan word. Elohim is nie Farao wat op `n troon sit en ons elke dag oordeel nie. Elohim het `n orde en dit is redelik duidelik in die Skrifte uiteengesit. As u of ek teen daardie orde oortree en ons kry pakslae, wie het ons nou geoordeel buiten onsself! As jy onrein voedsel eet en jy kry `n dodelike siekte, is dit Elohim wat jou oordeel, of as jy by `n ander man se vrou slaap en hy slaan jou byna dood, is dit Elohim? Nee, dis altyd onsself wat ons eie regter is. Kyk wat sê Jahshua oor oordeel in Johannes 12:47-48:

47 En as iemand na My Woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.

48 Wie My verwerp en My Woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

Kom ons gaan verder met ons sinnebeeld.

7 Wanneer die mense dan in die namiddag vertrek het, het Susanna gewoonlik in die tuin van haar man gaan wandel.

8 En die twee oudstes wat haar daagliks sien ingaan en rondwandel het, is deur ‘n hartstogtelike begeerte na haar oorweldig.

9 So het hulle hul gedagtes besoedel en hulle oë afgewend om nie na die Hemele op te kyk en aan regverdige regsbeslissinge te dink nie.

10 En alhoewel albei smoorverlief op haar was, het hulle nie hul smart aan mekaar durf openbaar nie,

11 want hulle was skaam om hulle hartstog bekend te maak, want hulle het begeer om met haar gemeenskap te hê.

12 En daagliks het hulle met ywer elke geleentheid waargeneem om haar te sien.

Hierdie twee bronstige priesters, u weet nou wie hulle voorstel, is in die tuin van Jahshua, in ons siele slegs met een doel voor oë, en dit is om ons geestelike Moeder, die Gees van Waarheid, te verkrag. Ja, mevrou dis wat hulle in u en my tuin wil kom doen, hulle wil die Waarheid verkrag, soos wat hulle nog tot vandag toe mee besig was in hul kweekskole en met hulle gedurige Nuwe Vertalings. Kom ons lees verder.

13 En die een het vir die ander gesê: Laat ons huis toe gaan, want dit is tyd vir die middagete.

14 En toe hulle uitgaan, het hulle van mekaar geskei, maar in die stilligheid het hulle weer teruggekeer en by mekaar uitgekom. En toe hulle mekaar na ‘n verklaring uitvra, het hulle hul hartstog erken. Toe het hulle ooreengekom op ‘n tyd wanneer hulle haar alleen sou kon aantref.

Hier is `n baie, baie diep verborgenheid en as mens oplettend is, kan mens dit optel. Die Protestante skei vir `n ruk van die Katoliek, die sogenaamde Hervorming eeue gelede, eers deur Luther en andere, toe deur `n Jood, genaamd Calvyn, of liewer Cohen, en hulle raak net ontslae van sekere lastige Roomse beginsels, maar die Sonaanbidding bly, die vals Name bly, die vals Drie-enigheid bly, ens, ens. Hulle het toe in hierdie eeu weer bymekaargekom in hul oorkoepelende organisasie, die Wêreldraad van Kerke, beheer en bestuur deur die Roomse Jesuiëte orde en nog steeds jag hulle diegene wat in die Waarheid wil bly, steeds hardloop hulle rond soos bronstige varkbere, op soek na Haar, die rein, fyne Moedergees om haar geestelik te verkrag deur hul boeke, hul prediking en hul media.

15 Nou het dit gebeur dat terwyl hulle na ‘n geskikte geleentheid uitgesien het, sy volgens haar daaglikse gebruik met slegs twee diensmeisies in die tuin gegaan het met die bedoeling om haar te bad omdat dit so warm was. [Spreuke 9:3]

Deur te bad, is Sy besig met u en my reiniging in elkeen se tuin, in elkeen se siel.

16 En daar was niemand nie, behalwe die twee oudstes wat hulleself verskuil het en besig was om haar te bespied.

17 En sy het vir haar diensmeisies gesê: Bring vir my Olyfolie en seep en maak die hekke van die tuin toe sodat ek kan bad.

18 En hulle het gedoen soos sy gesê het en die hekke van die tuin gesluit, en by die sydeure uitgegaan om die gevraagde goed te gaan haal; en hulle het die oudstes nie gesien nie, want hulle het hul skuilgehou.

19 En toe die diensmeisies uit is; het die twee oudstes opgespring en na [Susanna] toe gehardloop en gesê:

20 Kyk, die hekke van die tuin is gesluit, en niemand kan ons sien nie; ons begeer jou, daarom willig in en voldoen aan ons begeerte.

Hierdie begeerte van hierdie twee ou slange was nie vir die waarheid nie, nee, hulle wil die Waarheid verkrag! Kyk hoe listig tree hulle nou verder op.

21 As jy dit nie doen nie, sal ons teen jou getuig dat daar ‘n jong man saam met jou was en dat dit die rede is waarom jy jou diensmeisies weggestuur het.

22 Toe het Susanna gesug en gesê: Ek is van alle kante vasgekeer, want as ek dit doen, sal dit my dood beteken, en as ek weier, kan ek uit julle hande nie ontvlug nie.

23 Dit is vir my egter verkiesliker om in julle hande te val en dit nie te doen nie, as om voor die Aangesig van JaHWeH te oortree.

Wat `n getuienis van die inbors van ons Moeder! Sy sal nie `n duim toegee vir hierdie twee slange se leuengees en geestelike verkragting nie. Mevrou, hoeveel is u bereid om in u tuin prys te gee? Of sal u doen wat sy nou doen, ten koste van haar lewe?

24 Toe het Susanna hardop geskreeu, maar die oudstes het teen haar in geroep.

25 Die een het toe gehardloop en die tuinhekke oopgemaak.

26 Toe die huisbediendes die geskreeu in die tuin hoor, het hulle by die sydeur ingestorm om vas te stel wat met haar gebeur het.

27 Maar toe die oudstes hulle verhaal vertel het, was die bediendes baie skaam omdat so iets nog nooit in verband met Susanna gesê is nie.

28 En dit het gebeur toe die mense die volgende dag by haar eggenoot JeHôWjakim byeengekom het dat die twee oudstes ook daar opgedaag het met die besoedelde bedoeling om Susanna om die lewe te laat bring.

29 En hulle het ten aanhore van die mense gesê: Laat Susanna, die dogter van HilkiJaH, die vrou van JeHôWjakim, hier verskyn.

30 En hulle het gestuur. En sy het gekom saam met haar ouers en haar kinders en haar hele familie.

31 Nou was Susanna ‘n besonder beskeie vrou en mooi van aansien.

32 En hierdie wettelose manne het beveel dat haar sluier afgeneem moes word - want sy was gesluierd - sodat hulle hul in haar skoonheid kon verlustig. [2 Ezra 7:26]

Sien u hierdie innerlike stryd op aarde? Die mooi, beskeie Waarheid is versluier vir die meeste mense op aarde, want die priesterordes het dit so bewerk. Kyk na die afgelope eeue se oorloë en u sal sien dat daardie oorlogsgees allermins hierdie beskeie, mooi en versluierde Gees kon gewees het, maar die gees van hierdie twee bose priesterordes.

33 Maar hulle wat by haar was en almal wat haar gesien het, het geween.

34 En die twee oudstes het te midde van die mense opgestaan en hul hande op haar hoof gelê.

35 Maar sy het terwyl sy huil, na die Hemele opgekyk, want haar hart het op JaHWeH vertrou.

36 Toe het die oudstes gesê: Terwyl ons alleen in die tuin rondgewandel het, het hierdie vrou saam met twee diensmeisies ingekom, die hekke van die tuin gesluit en die diensmeisies weggestuur.

37 Toe het ‘n jong man wat daar verskuil was, na haar toe gekom en met haar gemeenskap gehad.

38 En ons was juis in die hoek van die tuin, en toe ons hierdie skandelike daad sien, het ons na hulle toe gehardloop,

39 en alhoewel ons hulle saam gesien het, was ons nie in staat om hom vas te hou nie omdat hy sterker as ons was, en hy het die hekke oopgemaak en uitgehardloop.

40 Maar ons het hierdie vrou gegryp en haar gevra wie die jong man was, dog sy wou ons nie vertel nie. Dit is ons getuienis.

Elkeen wat die afgelope jare na Waarheid gesoek het en die buite-kerkse pad begin stap het, kan getuig van die vervolging deur hierdie twee priesterordes. `n Mens dink dat dit in ons land slegs die Protestantse orde sal wees, maar helaas, die Dogter van Sion-gemeente was in die laat negentiger jare die teiken van die Roomse kerk, wat die druk van die Boek van Herinnering wou stopsit. Hulle het verraaiers uit die volk en honderde duisende rande probeer gebruik, maar dank Vader, die beskeie Moeder het ons gewaarsku dat die Satan in ons tuine wandel.

41 En die vergadering het hulle geglo omdat hulle oudstes van die volk en regters was, en hulle het haar tot die dood veroordeel.

Net soos vandag kan jy op jou kop staan, maar hierdie ou volkie bly hardnekkig by sy kerk, maak nie saak dat dieselfde kerk, met dieselfde Bybels, met dieselfde dominees, 40 jaar gelede apartheid van dieselfde kansels verkondig het, dit wil sê, as jy nie apartheid in jou wese beoefen het nie, dis nou geestelike en fisiese apartheid oftewel heiligheid, dan gaan jy hel toe, en nou verkondig hulle dat as jy in apartheid glo, as jy jou godsdiens in volksverband wil uitleef, nie met ander rasse en gelowe wil vermeng nie, jy op pad hel toe is.

Wie en wanneer moet ons hulle glo? Ek weet van geen onlangse belydenis van al die “verlore” apartheidsiele wat hulle vir honderde jare hel toe gestuur het nie!

42 Maar Susanna het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: 0 Ewige Elohim, U wat die verborge dinge ken en van alles weet voordat dit plaasgevind het;

43 U weet dat die dinge wat hulle teen my getuig het, vals is, en nou moet ek sterwe terwyl ek niks gedoen het van die dinge waarvan hulle my op kwaadwillige wyse beskuldig het nie.

44 En JaHWeH het haar geroep gehoor.

45 Want toe sy weggelei is om gedood te word, het Elohim die Gees van die Apartheid in ‘n jong man met die naam DaniEl opgewek,

Helaas, JaHWeH sal ook Haar uitroep verhoor, en dit is reeds besig om te gebeur in Suid-Afrika, waar die jong man, afbeelding van die Boerevolk, nou kragtig in die Waarheid begin kom. So word die Gees van Waarheid in ons ou volkie opgewek tot `n kragtige Gees, wat hierdie versluierde Waarheid weer tot Haar regmatige posisie sal verhef as Moedergees in ons.

46 en hy het hardop uitgeroep: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie vrou!

47 Toe het al die mense hulle na hom toe gekeer en gesê: Wat beteken die woord wat jy daar gespreek het?

48 En terwyl hy in die middel van hulle gestaan het, het hy gesê : O kinders van JisraEl, hoe is julle so dwaas dat julle ‘n dogter van JisraEl sonder behoorlike ondersoek en van ‘n bevestiging van die Waarheid, veroordeel het? [JeHôWganan 16]

49 Gaan terug na die plek van die gereg, want hierdie manne het valse getuienis teen haar gelewer.

50 Daarop het al die mense haastig teruggekeer. En die oudstes het vir hom gesê: Kom, neem jou plek tussen ons in en onderrig ons, want Elohim het aan jou die eer van ‘n oudste gegee.

51 En DaniEl het vir hulle gesê: Laat hulle ver van mekaar af staan en ek sal hulle ondervra.

52 Toe hulle dan van mekaar geskei is, het hy een van hul nader geroep en vir hom gesê: O jy wat oud geword het in ongeregtigheid, hoe het die oortreding wat jy vantevore bedryf het, jou ingehaal

53 deurdat jy onwettige regsbeslissinge gevel het, die onskuldiges veroordeel en die skuldiges vry laat uitgaan het, ten spyte van die Woord van JaHWeH dat jy die onskuldige en die regverdige nie mag ombring nie.

54 En nou, as jy hierdie vrou gesien het, vertel ons onder watter boom het jy hulle bymekaar gesien? En hy het geantwoord: Onder ‘n mastikboom.

55 Toe sê DaniEl: Jy het ten koste van jou lewe ‘n leuen vertel, want ‘n Boodskapper van JaHWeH het reeds die oordeel van Elohim ontvang, en Hy sal jou middeldeur kap.

56 Daarop het hy hom opsy laat staan en beveel dat hulle die ander een moes inbring. En aan hom het hy gesê: 0 jou saadlyn van Kanaän en nie van JeHûWdah nie, skoonheid het jou mislei en begeerte het jou hart bederf.

57 Dit is die wyse waarop jy die dogters van JisraEl wat hulle uit vrees aan jou oorgegee het, behandel het, maar hierdie dogter van JeHûWdah het haar nie aan jou besoedeling onderwerp nie.

58 Daarom vertel my onder watter boom het jy hulle betrap terwyl hulle mekaar omhels het? En hy het gesê: Onder ‘n akkerboom.

59 Toe het DaniEl vir hom gesê: Ook jy het ‘n leuen ten koste van jou lewe vertel, want ‘n Boodskapper van JaHWeH wag reeds met Sy swaard om jou middeldeur te kap en om julle albei te verdelg.

60 En die hele vergadering het hardop uitgeroep en JaHWeH geloof, omdat Hy hulle verlos wat op Hom hoop.

61 En hulle het hul gewerp op die twee oudstes wat deur DaniEl uit hulle eie mond as valse getuies ontmasker is,

62 en met hulle gehandel soos hulle op kwaadwillige wyse van plan was om met hulle naaste te doen; en hulle het hul ooreenkomstig die Wet van Moshè om die lewe gebring. En op daardie dag is die vergieting van onskuldige bloed voorkom.

63 En HilkiJaH en sy vrou het JaHWeH geloof vir hulle dogter Susanna, saam met haar eggenoot JeHôWjakim en haar hele familie, omdat sy niks verkeerds gedoen het nie. [Openbaring 14]

64 En van daardie dag af en verder het DaniEl groot aansien in die oë van die volk geniet.

Hierin kan ons sien wat voor die deur is in hierdie laaste tye op aarde. Die Boerevolk* sal weer intree, die Gees van Waarheid sal weer herstel word vir die hele wêreld en die twee slangpriesters se mag sal hulle ontneem word en die wêreld se Christendom sal self korte mette maak met hierdie valse geeste in hulle eie tuine. (*lees asseblief die “Boodskappe van Elohim aan Lukaas van Hout” vir meer besonderhede)

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205