MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 25

Die boek Ester

Hierdie boek is weereens nie volledig in u Bybel nie en die kritieke gedeeltes is ook, raai weer, as Deutero-Kanoniek verklaar! Ek sal egter uit die Boek van Herinnering aanhaal, waarin die Boek van Ester gerestoureer is, met die betrokke uitgelate verse weer teruggesit op hul plekke. In hierdie boek word die werking van die Trooster weereens vir ons weggesteek en sien ons die in vervulling gaan van die gedeeltes in 1Esra 3 waar Serrubábel beweer dat die vrou die sterkste is, maar bowenal sal die Waarheid oorwin. Dit is weereens verkieslik dat u hierdie boek in geheel gaan lees, maar as u nie `n Boek van Herinnering het nie, gaan na www.nuweopenbaring.co.za en klik op Boek van Herinnering en lees dan die volledige boekrol.

Weens die lengte van die hele Boek van Ester sal ek volstaan met die kerngedagtes en dit bevestig met verse, want ek glo dat u noual self in staat is om hierdie verborgenhede te identifiseer. Hierdie verhaal speel af toe Juda in ballingskap was onder die mag van die konings van die Mede en die Perse. Koning Ahasvéros (beteken ek sal stilbly en arm wees) het oor die hele bekende aarde regeer. Alhoewel `n heidense koning, stel hy vir ons die krag van JaHshua in die ballingskap toestand na die Val van die Geeste in die destydse ryk van Lucifer voor. Ook is dit Hy wat in hierdie aardse bedeling heers, alhoewel deur `n heidense koning.

Hierdie koning wil `n groot feesmaal gehou het, en wat almal regdeur die wêreld moes bywoon. Dit stel die wedergeboorte voor. Maar soos ons weet, is die heersende werksame gees op aarde tans die gees van besoedeling, wat gladnie in hierdie maaltyd belangstel nie. Ook was sy die werksame gees nadat Lucifer geval het, naamlik Satana self. Sy word voorgestel deur koningin Vasti (beteken pragtig), wat weier om te verskyn vir die maaltyd. Volgens die wet van die Meders en die Perse, moes sy toe vervang word. Dus word daar onder die maagde gesoek na `n geskikte koningin om die posisie te vul. Vasti, voorstelling van die gevalle vroulike gees, Satana, weier om uit te kom om die koning te dien. Nou moet sy vervang word in hierdie gevalle ryk van Lucifer. Dit is die toentertydse sinnebeeld, maar daar is nog `n sinnebeeld en dit is vir vandag se tyd, hier aan die einde van tye.

2 Toe sê die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning maagde soek wat mooi van aansien is; (geestelik gesien, maagde wat suiwer in hul liefde is vir JaHWeH)

3 en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die maagde wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hege, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee. (geestelike opleiding ontvang)

4 En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen.

Ester (beteken ster), die Gees van waarheid, word deur haar oom, Mórdegai (beteken klein man of dwerg) nader gebring na die vrouehuis, sodat sy die nodige voorbereiding kan ondergaan om aangebied te word vir die koning as bruid. Ester 2:2-4

5 Daar was ’n man van JeHûWdah in die vesting Susan met die naam van Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, n Benjaminiet,

6 wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met JegonJaH, die koning van JeHûWdah, wat Nebukad­nésar, die koning van Babel, weggevoer het.

7 En hy was die opvoeder van Hadássa (beteken mirteboom) , sy is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mórdegai haar as sy dogter aangeneem.

Wie stel Mórdegai dan voor? In die destydse gevalle ryk van Lucifer stel hy verseker die tweederdes getroue engele voor. Ook bring hy as voog of peetouer hierdie jonge maagd, hierdie nuwe Gees van Waarheid (Ester) wat nou ontstaan het as gevolg van die val in die duisternis in. Onthou weer, waarheid het eers noodsaaklik geword toe die leuen verskyn het. Voor dit was dit net heerlikheid sonder sonde, dus geen noodsaak vir waarheid nie.

In ons sinnebeeld vir hierdie tyd is die herkoms van Mórdegai belangrik, want die eindtyd redding sal deur die stam van Benjamin geskied, dus sal die Gees van Waarheid die sterkste manifesteer in die geestelike stam van Benjamin, naamlik die Boerevolk*. Vandaar sal die hele Israel die lig ontvang, net soos wat ons verhaal in hierdie boek van Ester sal vertel. (*lees ook “Die oorblyfsel sal draai”, “Die boodskappe van Elohim aan Lukaas van Hout” en “Die Melgisédek orde”)

9 En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak om haar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis.

10 Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mórdegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.

Insiggewend is die sewe diensmeisies waarvan gepraat word, en dat Ester dadelik die beste ontvang. Dat haar afkoms geheim gehou word, sê vir ons dat hierdie dinge diep in verborgenheid sal wees. Hier is daar weer `n verborge stukkie waarheid, wat vergelyk kan word met Spreuke 9:1-3, waar die moeder ook bedien word deur diensmeisies en sewe pilare, wat die sewe aartsengele voorstel, wat ook sewe geeste (diensmeisies) is.

Spreuke 9:1 DIE Wysheid het Haar Huis gebou, Haar sewe Pilare uitgekap, [Openbaring van Henog 11:40]

2 Haar slagvee geslag, Haar wyn gemeng, ook Haar tafel gedek.

3 Sy het Haar Diensmeisies uitgestuur, Sy nooi uit op die hange van die verhewe plekke van die Stad: [Spreuke 31:15; Hooglied 6:8; DaniEl 13:15]

Ons gaan verder. Ester word toe voor die koning gebring en as koningin gekroon.

16 Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die maagde; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

Nou gaan ons oor na `n droom wat Mórdegai gehad het en wat verklaar word aan die einde van die boek, sodat u kan sien wie Ester eintlik voorstel. Ook sal u in die volgende hoofstuk lees van Haman, `n bose man in die ryk van hierdie koning wat `n verskriklike verterende haat teenoor Mórdegai en sy volk gehad het. Haman stel die eenderde gevalle engele voor in die destydse gevalle ryk voor, wat gedurig heul met die uitgesette koningin Vasti (Satanagees) om Mórdegai en sy volk te verwoes. Maar Ester (Gees van Waarheid) is in die verborgenheid nou die koningin en staan tot die einde toe by haar tweederde behoudende geeste. U kan self die sinnebeeld vir hierdie tye insien.

Ester 2:20d En dit was sy droom: Daar het ‘n geroep en ‘n geraas ontstaan, en donderslae en aardbewinge, en ‘n groot verwarring op die Aarde.

20d1 En kyk, twee groot Drake het teenoor mekaar gestaan, en hulle was gereed om te veg.

20e En toe hulle skreeu, het al die nasies hulle voorberei vir die stryd teen die volk van die regverdiges.

20f Dit was ‘n dag van duisternis en gevaar, van verdrukking en benoudheid; en ‘n geweldige Vrees het oor die Aarde gekom.

20g Die volk van die regverdiges was ontsteld, want hulle het groot besoedeling vir hulleself verwag en hulle het hulle voorberei om te sterwe.

20h Hulle het na Elohim geroep. En terwyl hulle roep, het ‘n klein Fontein vermeerder tot ‘n baie groot rivier en voortgevloei soos ‘n magtige stroom. [Sirah 24:30-31]

20i Lig en die son het gekom; en die wat verdruk is, het hulle verhef en die hoogmoediges verslind.

20j Toe Mórdegai hierdie dinge gesien het, het hy opgestaan van sy bed, en hy het gepeins wat Elohim voornemens was om te doen. En hy het die droomgesig vasgehou in sy gees, omdat hy begeer het om die sin daarvan te verstaan.

Hierdie droom word in Hoofstuk 9 verklaar deur Mórdegai self.

Ester 9:22a En Mórdegai het gesê: Hierdie dinge het deur Elohim gebeur.

22b Want ek herinner my ‘n droomgesig waarin al hierdie dinge voorspel is, en nie een ding daarvan het onvervul gebly nie.

22c Die klein Fontein wat tot ‘n rivier vermeerder en dan in ‘n lig en die son verander en soos ‘n magtige stroom wat voortgevloei het, - sy is Ester, wat die koning as sy vrou geneem het en oor wie hy besluit het dat sy koningin sou wees.

22d Die twee Drake is ek en Haman.

22e Die nasies wat saamgekom het, is die wat pogings aangewend het om die naam van die manne van JeHûWdah uit te roei.

22f Maar my volk is JisraEl, wat na JaHWeH geroep het; en JaHWeH het Sy volk verlos: Hy het ons gered uit alle boosheid, en Hy het groot tekens en wonders gewerk onder die nasies.

22g Ook het Hy twee lotsbestemminge verordineer: een vir die volk van Elohim en ‘n ander vir die orige nasies.

22h En altwee lotsbestemminge het op die dag wat vanaf daardie tyd reeds vir al die nasies bepaal is, voor die Aangesig van Elohim gekom.

22i En JaHWeH het aan Sy volk gedink, en Hy het Hom ontferm oor Sy Erfdeel.

In die destydse gevalle ryk het dinge toe so plaasgevind en die eenderde rebelle (Haman) het nie tweederde getroues (Mórdegai) vernietig nie, want die Gees van Waarheid (Ester), wat uiteindelik deur JaHshua opgeneem is as Sy vroulike negatiewe polariteit, het in hierdie gevalle wêreld van ons, haar volk bygestaan en sodoende gered. Die rebelle is toe almal in die openbaar opgehang (in die doderyk beland), aan dieselfde galg wat hulle die getroue volk wou ophang. Hier is dit JaHshua en Sy Ester wat in die doderyk neergedaal het om die getroue Mórdegai deel na sy paradys te bring. Dit is die prentjie in die geheel, maar daar is ook `n sinnebeeld wat nou binnekort op hierdie aarde sal afspeel, waar Ester, die Gees van Waarheid binne die Dogter van Sion (geestelike maagd) weereens die hele Israelvolk sal red in ons laaste stryd teen die Antichris (Haman).

Ek dink nie dit is nodig om verder in hierdie boek al die kleiner detail uit te lig nie, maar ek wil dit regtig vir u werklik aanbeveel om hierdie boek in detail te lees, en u sal talle openbaringe vind, wat hierdie profetiese beeld sal bevestig, beide vir die destydse situasie in die gevalle ryk van Lucifer, sowel as nou in hierdie eindtye waarin ons leef. Hiermee is die boek van Ester dan afgehandel en ons gaan na die volgende bewys van die bestaan van `n vroulike goddelike entiteit, wat ons altyd geken het as die Heilige Gees.

 

 

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205