MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 27

Die weduwee van Sarfat

Hierdie verhaal in 1 Konings 17 sal nou vir u `n heel ander betekenis kry en ek sal slegs die hoofkarakters vir u beskryf, dan sal u die wonderlike dieper beelde kan verstaan. Elia is die Krag van JaHWeH wat voortvloei vanuit Sy oersentrum na die gevalle ryk van Lucifer. Die weduwee is ons Gees van Waarheid in Haar gevalle toestand waar sy en haar seun (tweederde getroues) byna geen geestelike voedsel, meel en olie, meer het nie. Die hout stel die liefde voor wat moet brand om die geestelike gawes, die woord en die salwing, te laat wasdom bereik. Die dag wat JaHWeH reën sal gee, is die laat reëns van die eindtye en die seun sal op hierdie dag opstaan. Die drie keer wat Elia oor hom buig en bid stel die drie tydperke voor waarin die seun geleef het, naamlik die vooraardse bestaan as engelgees, die aardse bestaan en die finale geestesbestaan na die wedergeboorte. Ook is dit drie wat opgewek moet word, naamlik die vlees, die siel en die gees en dit is slegs nadat laasgenoemde tot lewe gewek is, wat die Seun sal lewe vir ewig saam met sy Moeder.

Die profeet EliJaHûW by die Krit en in Sarfat.

1Konings 17:1 EN EliJaHûW, die vreemdeling, uit Tisbiet in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as JaHWeH, die Elohey van JisraEl, leef, voor Wie se Aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord! [Openbaring 11:6]

8 Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê:

9 Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ’n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.

10 Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was ’n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my ’n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.

11 Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my ’n stukkie brood saam.

12 Maar sy antwoord: So waar as JaHWeH, u Elohey leef, ek het nie ’n broodkoek nie, net maar ’n handpalm gevul met meel in die pot en ’n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou ’n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.

13 En EliJaHûW sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ’n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak.

14 Want so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat JaHWeH reën op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] sal gee.

15 En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van EliJaHûW; en sy het geëet - sy en hy en haar gesin dae lank:

16 die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die Woord van JaHWeH wat Hy deur die diens van EliJaHûW gespreek het.

17 Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.

18 Toe sê sy vir EliJaHûW: Wat het ek met u te doen, man van die Elohim! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!

19 Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bokamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;

20 en hy het JaHWeH aangeroep en gesê: JaHWeH my Elohey, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, ’n straf gebring deur haar seun te laat sterwe? [MattithJaHûW 17:12]

21 Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en JaHWeH aangeroep en gesê: JaHWeH my Elohey, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer. [MattithJaHûW 17:11]

22 En JaHWeH het EliJaHûW verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.

23 Daarop neem EliJaHûW die kind en bring hom af uit die bokamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en EliJaHûW sê: Kyk, jou seun lewe!

24 En die vrou sê vir EliJaHûW: Nou weet ek dit dat u ’n man van Elohim is en dat die Woord van JaHWeH in u mond Waarheid is.

Hierdie was maar weer net een van talle voorbeelde in die Skrif, maar daar is nog baie, soos die verhaal van Elisa en die weduwee, die verhaal van Miriam, die moeder van JaHshua, die verhaal van Miriam van Magdala, die verhaal van die Samaritanse vrou in die NO, asook die verhale van JaraH in die NO.

Geagte Mevrou, die volgende hoofstuk is baie belangrik vir u en u dogters in die volk en is aan `n vriendin en dierbare suster van my gedikteer in 2009. Dit help nie ons het die diep insig in die Skrifte nie, maar ons wandel buite Sy orde wat Hy vir vroue ingestel het. Ek plaas die betrokke hoofstukke nou hierin.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205