MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 29

Sippora, aardse voorbeeld van die Moeder

Veel is al oor Moses se vrou, Sippora, gesê. Die een groep wil haar graag as `n bastervrou uitbeeld, wat sou beteken dat Moses die Wet van JaHWeH oortree het toe hy met haar getrou het. Die ander groep sien haar as `n vreemdeling (uit Sem se nageslag) in Midian, wat dan ook korrek is en ons sal dit mettertyd bewys. `n Kort oorsig oor Moses se lewe nadat hy uit Egipte gevlug het, is nodig om die hele verhaal van die geestelike Sippora te verstaan. Ons kry dan ook ons meeste inligting hoofsaaklik uit Die Boek van die Opregte, in Engels, The Book of Jahsher. Weereens `n boek waarna die Bybel twee keer verwys, in Joshua en 1Konings maar die boek is deur die destydse priesterorde in Nicea in 323 NC oor die hoof gesien. Daarom is die boek nie in u Bybel nie, maar wel in die Boek van Herinnering. Nog `n kokosneut val op u kop, mevrou?!

Moses vlug nadat hy die man doodgeslaan het en beland in Etiopië, of genaamd Kush, wat swart beteken. Hier het die nageslag van Gam deur sy oudste seun, Kush gewoon en dit is korrek om aan te neem dat hulle Kushiete of swartes was. Met Moses se vaardighede word hy deur hulle as koning gekies nadat die een koning, koning Kikanius, sterf. Moses was baie gewild onder hulle en dit is te verstane dat hy, met sy wysheid en krag, sy intellek en strategiese denke, vinnig opgang gemaak het as leier en vegter. Opregte 73:22-24

22 En Moshè was agtien jaar oud toe hy uit Egipte gevlug het van die aangesig van Farao, en hy het gevlug en het ontsnap na die laer van Kikiakus, wat op daardie tyd besig was om Kuwsh te beleër.

23 Moshè was nege jaar lank in die laer van Kikianus, die koning van Kuwsh, die hele tyd wat hulle Kuwsh beleër het, en Moshè het saam uitgegaan en saam met hulle ingekom.

24 Die koning en vorste en al die vegtende manne het Moshè liefgehad, want hy was groot en waardig, sy grootheid was soos ‘n adellike leeu, (Moses as teëbeeld van die LEEU VAN JUDA – JAHSHUA) en hy was raadgewer van die koning.

Maar hier kry Moses toe vir Adonia, `n swart vrou, uit die saad van Kikanius. Uiteraard het die volk van Kush verwag dat hy by haar sou ingaan en seuns verwek, sodat Kikanius se geslag kon voortbestaan deur sy dogter, maar die Boek van die Opregte vertel `n heel ander verhaal.

Opregte 73:31 Hulle het die koninklike kroon op sy hoof geplaas, en hulle het aan hom as vrou gegee, Adonia, die Kuwshitiese koningin, die vrou van Kikianus.

32 Moshè het JaHWeH, die Elohey van sy vaders gevrees, sodat hy nie by haar ingegaan het nie, ook het hy sy oë nooit op haar gerig nie.

33 Want Moshè het onthou hoedat Abraham sy dienskneg, EliEzer, laat sweer het deur te sê: Jy sal nie ‘n vrou van die dogters van Kanaän vir my seun Isak neem nie.

34 Ook wat Isak gedoen het toe Jakob gevlug het vir sy broer, toe hy hom beveel en gesê het: Jy sal nie ‘n vrou neem van die dogters van Kanaän nie, ook nie ‘n verbond met enige van die kinders van Gam sluit nie.

35 Want JaHWeH, onse Elohey het Gam, die seun van Noag, en sy kinders en al sy saad, as slawe aan die kinders van Sem en die kinders van Jafet, en aan hulle saad na hulle as slawe gegee, vir ewig. [Die Boekrol van Henog 89:9]

36 Daarom het Moshè nie sy hart of sy oë gedraai na die vrou van Kikianus nie, al die dae wat hy oor Kuwsh geheers het.

37 Moshè het JaHWeH, sy Elohey sy lewe lank gevrees. En Moshè het voor die Aangesig van JaHWeH gewandel in Waarheid, met sy hele hart en siel. Hy het nie afgewyk van die regte Weg al die dae van sy lewe nie. Hy het ook nie van die Weg óf na regs óf na links afgewyk waarin Abraham, Isak en Jakob gewandel het nie. [Psalm 18:30]

Hierdie onberispelike weg waarin Moses gewandel het, is belangrik, veral in die lig van sy broer en suster se latere beskuldigings teenoor hom dat hy `n swart vrou gehad het. As gevolg van die inhoud van vers 37 hierbo, het JaHWeH vir Aäron berispe en Miriam met bose swere geslaan, want dit was `n leuen.

Nou die volgende oor ons geestelike model in die groot ryk van Lucifer, na sy val in die dieptes in. Daar is `n groter verborgenheid aan die ware genelyn van Gam*, naamlik dat hy `n direkte afstammeling van Kain was, aangenome deur Noag en op die ark geplaas, volgens die ewige verbond wat Vader met Kain in Génesis 4:15 gemaak het. (* Sien DVD lesings oor Gam, seun van Noag of Kain?)

Hierdie Kush-koninkryk stel die gevalle ryk van Lucifer voor met Adonia as die heersende gees, Satana. Moses stel dan eerstens die tweederdes getroue engele voor, waarna hy gaandeweg as verlosser van Sy volk Israel, ook die Messias se rol vertolk in ons geestelike sinnebeeld. Die swart koningin, Adonia, was egter glad nie gelukkig met hierdie stand van sake in hul huwelik nie.

76:3 In die veertigste jaar van die regering van Moshè oor Kuwsh, het Moshè op die koninklike troon gesit en Adonia, die koningin, was voor hom, en al die edelmanne het om hom gesit.

4 En Adonia, die koningin, het aan die koning en owerstes gesê: Wat het julle die seuns van Kuwsh vir so ‘n lang tyd aangedoen?

5 Julle weet seker dat die veertig jaar wat hierdie man oor Kuwsh geheers het, het hy my nooit genader of die gode van die seuns van Kuwsh gedien nie. [Númeri 12:1; Boekrol van die Opregte 72:37; 76:5]

6 Daarom dan, luister julle kinders van Kuwsh, en laat hierdie man nie meer oor julle heers nie omdat hy nie van ons vlees is nie.

Vleeslik gesien is sy volkome korrek, want Moses was `n blanke, maar geestelik gesien is die vlees eintlik die gees. Satana, die gees van Lucifer, het `n probleem met hierdie behoudendes en hulle moet wyk, want hulle wil nie met haar gemeenskap (geestelik) hê nie, hulle klou vas aan die Skeppergees van Vader JaHWeH, naamlik die Oermoedergees (voorgestel deur Moses se behoudende karakter in vers 73:37).

Nou gaan Moses weg, na veertig jaar in Kush, nadat hy homself onberispelik in hierdie beproewingstydperk gedra het voor JaHWeH en beland hy nou in Midian by `n put van ReuEl, ook genoem Jetro in die boek Exodus.

12 Toe het Moshè vertrek uit die Aarde van Kuwsh en huiswaarts gekeer en het opgehou om oor Kuwsh te regeer. En Moshè was ses-en-sestig jaar oud toe hy die Aarde van Kuwsh verlaat het, want die saak was van JaHWeH, want die tyd wat Hy in die dae van die voortyd bepaal het om JisraEl uit te lei van onder die verdrukking van die seuns van Gam, het aangebreek.

13 Toe het Moshè na Midian gegaan, omdat hy bang was om na Egipte terug te keer as gevolg van Farao, en hy het gaan sit by ‘n put in Midian.

14 Die sewe dogters van ReuEl, die Midianiet, het uitgegaan om hulle vader se kudde te laat wei.

15 En hulle het by die put gekom en het water getrek om hulle vader se kleinvee te laat drink.

16 Toe het die veewagters van Midian gekom en hulle weggedryf en Moshè het opgestaan en het hulle gehelp en die kudde laat drink.

17 Hulle het tuisgekom by hulle vader, ReuEl, en hulle het hom vertel wat Moshè vir hulle gedoen het.

18 En hulle het gesê: ‘n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos, hy het water vir ons opgetrek en die vee laat drink.

Mevrou, hier is weereens pragtige dieper simboliek, wat u noual sekerlik goed sal verstaan, naamlik dat hierdie put `n geestelike bron voorstel, naamlik die Oermoeder self. Die dogters is geeste wat uit haar uitgegaan het en die syfer sewe dui verseker op die sewe geeste van die sewe aartsengele. Die kleinvee is die volk wat deur hulle gevoed word en die bose veewagters die verraderlike manlike priesterorde waaroor ons al baie gesê het. Sien u die woorde in vers 18? Sien u JaHshua daarin?

19 ReuEl het aan sy dogters gesê: En waar is hy? Waarom het julle die man verlaat?

20 ReuEl het vir hom gestuur en hom laat haal en hom huistoe gebring en hy het brood saam met hom geëet.

21 Moshè het vir ReuEl vertel dat hy uit Egipte gevlug het en dat hy veertig jaar lank in Kuwsh regeer het en dat hulle daarna die regeringskap van hom weggeneem het en dat hulle hom in vrede weggestuur het met eer en met geskenke.

22 Toe ReuEl die woorde van Moshè hoor, het ReuEl vir homself gesê: Ek sal hierdie man in die gevangenis sit, waardeur ek die kinders van Kuwsh tevrede sal stel, want hy het van hulle gevlug.

23 Hulle het hom geneem en het hom in die gevangenis gesit. En Moshè was tien jaar lank in die gevangenis. En terwyl Moshè in gevangenis was, het Sippóra, die dogter van ReuEl, hom jammer gekry en hom die hele tyd onderhou met brood en water.

ReuEl is die nasaat van `n groep edelmanne wat in Egipte gewoon het, wie se voorvader bekend was aan Josef, toe hulle na Egipte afgetrek het. Hy moes verseker uit die lyne van Sem gewees het, heel moontlik uit Abraham se vrou Ketura se nageslag. Hierdie ReuEl, ook `n tipe fariseër en regte draadsitter, wil weereens die bose tevrede stel, en sluit vir Moses op vir 10 jaar. Dit stel die geestelike tydperk wat die behoudendes in die gevalle ryk van Lucifer sou moes wag vir `n Verlosser wat sou kom op hulle uit te red. Onthou u die sandkorreltjies van die vorige hoofstuk? Ook het die Levitiese priesterorde dieselfde gedoen met die Wet van Moses en dit verdoesel (in gevangenis geplaas) deur menseleringe daarmee te vermeng.

Ook stel dit in ons aardse bedeling die tyd voor wat die volk moes wag vanaf Adam tot by JaHshua, `n tydperk van ongeveer 4000 jaar. Maar Sippora, een van hierdie sewe geeste, voed vir Moses (as teëbeeld van die volk) met brood (Woord) en water (Wysheid en kennis). Sien ook Openbaring 2:9-11 vir bevestiging in ons tyd waar die volk verdrukking en nood sal hê vir 10 dae oftewel tien tydperke.

2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede - maar jy is ryk - en die laster van die wat sê dat hulle manne van JeHûWdah is en dit nie is nie, maar n vergadering van die Satan.

10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die Satan gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die Kroon van die lewe gee. [Boekrol van die Opregte 12:1; Odes van Salomo 1]

11 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees (die Moeder) aan die gemeentes sê.

So sien ons hierdie ReuEl in ons bedeling as `n tipe Jood, want hy sê hy is `n Judeër, maar eintlik is hy in die vergadering van Satan self. Maar ook hy, ReuEl, kom later tot beter insigte, toe hy die groot verlossingsdade van JaHWeH aanskou wat Hy deur Moses sou bewerk.

Terug by ons hoofrolspeler in hierdie hoofstuk, naamlik Sippora. Na tien jaar versoek sy haar vader om hom los te laat. Die het toe al van Moses vergeet, maar wonder bo wonder is Moses ongedeerd, danksy die toewyding en werk van Sippora.

35 Die saak het goed gelyk in die oë van ReuEl, en hy het gehandel volgens die woord van sy dogter en het gestuur na die gevangenis om te bepaal wat van Moshè geword het.

36 En hy het gesien, en kyk, die man, Moshè, was lewendig in die gevangenis en het op sy voete gestaan en hy het tot die Elohey van sy voorvaders lofprysinge gebring en gebid.

37 ReuEl het beveel dat Moshè uit die gevangenis gebring moes word en hulle het hom geskeer en hy het sy gevangenisklere uitgetrek en met hom brood geëet.

Hierdie tydstip stel JaHshua se prediking voor wat nou begin. Die volk en alle gevalle geeste het nou vir die eerste keer iemand wat losgelaat word, of vrykom uit die materie om verder voort te gaan met die verlossing van die heelal, beginnende met die volk van hierdie planeet, aarde. Die hele tyd was hy gevoed deur Sippora, wie die Gees van Wysheid in die vorige bedeling voorstel. Nou gebeur iets interessant in die tuin van ReuEl waarin Moses wandel. Vergelyk dit met Moses se eie innerlike tuin of gees.

38 Daarna het Moshè in die tuin van ReuEl, wat agter die huis was, gegaan en hy het daar gebid tot JaHWeH, sy Elohey, wat magtige wonders vir hom gedoen het.

39 En dit was terwyl hy gebid het dat hy regoor hom gekyk het, en kyk, ‘n Staf van saffier was in die grond gesteek, sy was geplant in die middel van die tuin.

40 Hy het na die Staf gegaan en gesien, en kyk, die Naam van JaHWeH, die Elohey van die leërskare was op haar gegraveer en geskrewe op die Staf. [Exodus 4:20]

Hier sal u sien dat Staf `n vroulike woord is, vergelyk met die tabel in ons boek en daar is `n direkte ooreenkoms met hierdie staf en Sippora. Saffier is die kleur van Waarheid en van Vrede.

41 Hy het dit gelees en sy hand uitgesteek en haar uitgetrek soos ‘n boom uit ‘n bos, en die Staf was in sy hand.

42 En dit was die Staf waarmee al die werke van ons Elohey uitgevoer is nadat Hy die Hemele en Aarde geskape het, al die werke van Sy Hand, seë, riviere, en al hulle visse.

43 En toe Elohim Adam uit die Tuin van Eden verdryf het, het Adam die Staf in sy hand geneem en gegaan en die grond gaan omploeg waaruit sy geneem is.

44 En die Staf is oorgedra tot by Noag en daarna aan Sem gegee en aan sy nageslag (staf kon nooit uit Sem se nageslag wyk nie) totdat sy in die hande van Abraham, die Hebreër, gekom het.

45 En toe Abraham alles wat hy gehad het aan sy seun, Isak, gegee het, het hy hom ook die Staf gegee.

46 Toe Jakob na Paddan-Aram gevlug het, het hy haar in sy hand geneem en toe hy teruggekeer het na sy vader, het hy haar nie laat bly nie.

47 Ook toe hy afgegaan het na Egipte het hy haar in sy hand geneem en het haar aan JôWsef gegee, een erfdeel bo sy broers, want Jakob het haar met geweld van sy broer, Esau, geneem. [Génesis 48:22]

48 En na die dood van JôWsef het die edelmanne van Egipte in die huis van JôWsef gekom en die Staf het in die hand van ReuEl, die Midianiet, gekom. En toe hy Egipte verlaat het, het hy haar in sy hand geneem en in sy tuin geplant. (dit is `n bewys dat ReuEl uit die nageslag van Sem was, anders kon hy nie die Staf besit het nie)

49 En al die magtige manne van die Kiniete het probeer om haar uit te trek toe hulle gepoog het om Sippóra, sy dogter te kry, maar hulle was onsuksesvol.

50 Daardie Staf het geplant gebly in ReuEl se tuin totdat hy wat op haar n reg gehad het, gekom en haar geëien het.

Wie anders het al hierdie werke gedoen, behalwe die Moeder, soos wat ons reeds in die Boek van Spreuke gelees het? Hierdie staf is maar net `n afbeelding van hierdie hemelse innerlike vroulike krag of uitvoerende Mag van Elohim, vergestalt as `n saffierstaf. Maar eintlik gaan dit baie dieper, want kyk wat kry Moses, iets wat baie sterk manne vir baie lank begeer het.

51 Toe ReuEl die Staf in Moshè se hande sien, was hy verwonderd daaroor, en hy het hom sy dogter, Sippóra, as ‘n vrou gegee.

78:7 In daardie dae het Moshè, die seun van Amram, in Midian vir Sippóra, die dogter van ReuEl, die Midianiet, as n vrou geneem.

8 En Sippora het gewandel in die weë van die dogters van Jakob. Sy het nie tekort geskiet aan die Geregtigheid van Sarah, Rebekka, Ragel en Lea nie.

Sien u die pragtige simboliek? Sippora se wandel was onberispelik in die eons en eons lange tydperk in die gevalle ryk van Lucifer, waar sy in ReuEl se gebied of tuin gewoon en gewerk het as goddelike gees van Waarheid, saam met die ander ses dogters. Sy word vanuit die sewe maagde gekies as die een wat met Moses/JaHshua sou verenig. Sippora verteenwoordig die innerlike vroulike krag of Moedergees op aarde (die Saffierstaf) wat in die huwelik moet tree met Moses (JaHshua).

Eers in JaHshua, wat Moeder Wysheid innerlik ontvang het met geboorte, of anders gestel, die Wysheid was in Sy innerlike tuin geplant en toe, met die aanvang van sy prediking, kry Hy die saffierstaf, vergestalt as `n Duif wat op Sy hoof neergedaal het. Dit stel dus die innerlike huwelik voor met die Gees van Waarheid, want die Wysheid kon nie in die materiële wêreld binnedring nie, Sy is en was te apartgestel, daarom moes Sy vir Sippora, die nuwe Waarheidsgees vervul met die hemelse dinge en aan haar alle gesag op aarde in die gevalle materie gee. Ons sal vir u as bevestiging hiervoor aanhalings maak uit Salomo se Boek van Hooglied. Kyk hoe beskryf hierdie Moses/JaHshua Sy Saffierbruid en kyk net hoe hierdie Saffierbruid, Sippora Haar beminde, JaHshua besing!

1:2 [die Man] Soos n lelie tussen die dorings, so is My vriendin onder die Dogters. [2 Ezra 5:24; DaniEl 13:2]

Sy, die Saffierbruid is een van sewe dogters, maar daar is nog talle ander geeste, koninginne en byvroue in hierdie gevalle ryk. Daar word egter slegs aan die Een eer betoon, naamlik Sippora.

3:11 [die Vrou] Kom uit, Dogters van Sion, en aanskou met Vreugde die Koning Salomo, die Kroon waarmee Sy Moeder Hom bekroon het op Sy troudag en op die dag dat Sy hart vrolik is. [Boekrol van Henog 48:1; 2 Ezra 7:26; Spreuke 12:4]

6:8 [Die Man] Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en maagde sonder getal. [Spreuke van Salomo 9:3]

9 Een, dié is My Duif, My rasegte, die enigste vir Haar Moeder; Sy is die Uitverkorene vir die Een wat Haar gebaar het. [Psalm 45:14; Profesie van Barug 4]

[OOR HAAR BEWONDERAARS:]

Die Dogters het Haar gesien en Haar geseënd geprys, die koninginne en die byvroue, en Haar geroem:

Terug by ons Boek van die Opregte en Sippora gaan voort om twee seuns te baar, die een onbesnede en die ander een besnede. Let wel, dat ons nou slegs geestelik daarna kyk en sien dat die Israelvolk ook so verdeel is, naamlik onbesnede van hart en besnede van hart. Sien ook die analogie van ReuEl, die voorstelling van die priesterorde, wat verantwoordelik was vir die nie-besnyding van Gesom.

9 En Sippóra het swanger geword en het ‘n seun gebaar en hy het hom Gersom (vreemdeling) genoem, want hy het gesê: Ek was ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land, maar hy het nie sy voorhuid besny nie, op die bevel van ReuEl, sy skoonvader.

10 Sy het weer swanger geword en het ‘n seun gebaar, maar sy het sy voorhuid besny en hom EliEzer (hulp van El) genoem, want Moshè het gesê: Omdat die Elohey van my vaders my Hulp was en my verlos het van die swaard van Farao.

Die volgende gedeelte oor hierdie huwelik vind ons in die Boek Exodus 4 nadat Moses die brandende bos ervaring gehad het. Insiggewend dat Moses eers vir Sippora as vrou moes neem, voordat hy van aangesig tot aangesig kon kom met EK IS JaHWeH.

Exodus 4:18 TOE gaan Moshè weg en kom by sy skoonvader Jetro (ReuEl) terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moshè: Gaan in vrede.

19 Ook het JaHWeH vir Moshè in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou siel gesoek het, is dood.

20 Moshè neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ’n esel ry, terug na die Aarde van Egipte. Moshè het ook die Staf van die Elohim in sy hand geneem. [Boekrol van die Opregte 77:38-51]

21 En JaHWeH sê vir Moshè: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor die aangesig van Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.

22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek JaHWeH: My eersgebore seun is JisraEl. [2 Ezra 6:58]

23 Daarom beveel Ek jou: Laat My seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou [Moshè se] eersgebore seun laat sterwe. [Opregte 79:8-12]

24 En op die pad in die herberg het JaHWeH hom teëgekom en wou hom doodmaak.

25 Toe neem Sippóra ’n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en dit het op sy voete geval en sy sê: Waarlik, jy is vir my ’n bloedbruidegom! [Exodus 3:17]

26 En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! - met die oog op die besnydenis. [Génesis 17]

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205