MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 4

Salomo se openbaring van die Wysheid in die boek Spreuke

As ons na die Skrif toe gaan, sien ons dat Salomo verskeie boeke geskryf het wat `n begrip vir ons openbaar, naamlik die Wysheid. Aanvanklik het ek ook gedink dat dit maar net `n begrip is van iets, maar gaandeweg het ek bewus geraak daarvan dat hierdie BEGRIP eintlik `n ENTITEIT in die Elohim/Godheid is, naamlik `n vroulike Entiteit met vroulike eienskappe. Op verskeie plekke in Salomo se boeke openbaar hierdie ENTITEIT, Die WYSHEID, Haarself en spreek Sy selfs in die eerste persoon.

Dit is so jammer dat die Protestante geloof sekere Bybelse boeke, wat aanvanklik deel van die Bybelse Kanon was, ongeloofwaardig verklaar het, of met die geleerde woorde, Deutero-Kanoniek of Apokrief, benoem het. Die Nederlandse Geloofbelydenis sê die volgende:

Artikel 6: Onderskeid tussen die Kanonieke en Apokriewe boeke

“Ons onderskei hierdie heilige boeke van die apokriewe boeke: die derde en vierde boek van Esra, die boek van Tobias, Judit, die Wysheid, Jesus Sirag, Barug, die byvoegsel by die geskiedenis van Ester, die Gebed van die drie manne in die vuur, die Geskiedenis van Susanna, die Beeld van Bel en van die Draak, die Gebed van Manasse en die twee boeke van die Makkabeërs. Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.”

Een van hierdie Deutero-Kanonieke boeke is die boek van Die Wysheid van Salomo. Waarom het hulle hierdie boek uitgegooi? Eenvoudig, dit het die vroulike begrip of entiteit in die Godheid openbaar en omdat dit nie met hulle chauvinistiese manlike priesterordes vereenselwig kon word nie, is dit summier as Deutero en Apokrief afgeskiet. Dit nogal, komende van mense wat nou die Belhar Belydenis in Suid-Afrika op gelykwaardige vlak geplaas het as die, volgens hulle, Heilige Skrifte!

Kom ons los nou maar die ou verstokte priesterordes uit en lees wat aan Salomo geopenbaar word in die Spreuke van Salomo 3:13-19:

 

13 Verbly is die adamiet wat Wysheid gevind het, en die adamiet wat Verstand verkry;

14 want Haar wins is beter as dié van silwer, en Haar produkte suiwerder as goud;

15 Sy is kosteliker as robyne, en al jou kleinode kan nie met Haar mee vergelyk word nie.

16 In Haar regterhand is lengte van dae, in Haar linkerhand rykdom en Eer;

17 Haar Weë is lieflike Weë, en al Haar Paaie is Vrede.

18 Sy is ’n Boom van die Lewe vir die wat Haar aangryp, en elkeen wat Haar vashou, sal reguit gaan. [Wysheid van Sirah 24:13; Génesis 3:22]

19 JaHWeH het deur Wysheid die Aarde gegrond, deur Verstand die Hemele vasgestel; [Wysheid van Salomo 9:9]

Hier is iets of IEMAND wat deur Salomo gevind word, en wie ons ook moet vind, want volgens die Bybel was hy die wysste man wat geleef het. Ons lees verder in Spreuke 8 en 9, (ek verdik die geslagtelike woorde en begrippe wat sal aandui dat ons met `n bewese Vroulike entiteit te doene het en nie net met `n onverstaanbare verhewe begrip van wysheid nie):

Die uitnemendheid van die Wysheid.

Hfs 8:1 ROEP die Wysheid nie, en verhef die Verstand nie Haar Stem nie?

2 Op die top van die verhewe plekke langs die Weg, op die kruispunt van die Paaie staan Sy,

3 aan die kant van die Poorte by die uitgang van die Stad, by die ingang van die deure roep Sy hardop:

4 Ek roep na julle, manne, en My Stem is tot die seuns van die Adam.

5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

6 Hoor, want Ek sal voortreflike dinge spreek, en My Lippe gaan oop vir wat Reg is.

7 Want My verhemelte spreek Waarheid, en besoedeling is vir My Lippe ’n gruwel.

8 Al die Woorde van My Mond is Geregtigheid; geen verdraaidheid of valsheid nie,

9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en Reg vir die wat Kennis gevind het.

10 Neem My Tug aan, en nie silwer nie, en Kennis liewer as uitgesoekte goud.

11 Want Wysheid is suiwerder as robyne, en al die kleinode kan nie met Haar vergelyk word nie.

12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en Ek vind Kennis van regte Oorleg.

13 Die Vrees van JaHWeH is om te haat wat besoedel is; hoogmoed en trotsheid en ’n besoedelde wandel en ’n huigelagtige mond haat Ek.

14 Raad en Wysheid is Myne, Ek is die Insig, Sterkte is Myne.

15 Deur My regeer die konings en skryf die maghebbers wetgewing van Geregtigheid;

16 deur My heers die vorste en die edeles, al die regters van die Aarde.

17 Ék het lief die wat My liefhet, en die wat My soek, sal My vind.

18 Rykdom en Eer is by My, duursame goed en Geregtigheid.

19 My vrug is suiwerder as goud en as fyn goud, en My opbrengs as uitgesoekte silwer.

20 Ek wandel op die Weg van Geregtigheid, in die middel van die Paaie van Reg,

21 om die wat My liefhet, ’n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak Ek vol.

22 JaHWeH het My berei as eersteling van Sy Weg, voor Sy werke, van ouds af. [Wysheid van Sirah 24]

23 Van ewigheid af is Ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die Aarde af.

24 Toe daar nog geen Afgrond was nie, is Ek gebore; toe Fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is Ek gebore;

26 toe HY die Aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

27 Toe HY die Hemele berei het, was Ek daar; toe HY ’n kring afgetrek het op die aangesig van die Afgrond;

28 toe HY die Hemele daarbo versterk het, toe die Fonteine van die Afgrond versterk was;

29 toe HY vir die see sy grens gestel het, dat die waters SY bevel nie sou oortree nie; toe HY die fondamente van die Aarde vasgelê het -

30 toe was Ek by HOM, soos een wat opgelei word en Ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor SY Aangesig altyd,

31 en het gespeel op die bewoonde deel van SY Aarde, en My verlustiginge was met die seuns van adam.

32 Luister dan nou na My, seuns; want geseënd is hulle wat My Weë bewaar.

33 Luister na Tug en word wys, en verwerp Haar nie.

34 Geseënd is die adamiet wat na My luister, om dag vir dag te waak aan My deure, by die syposte van My Poorte die wag te hou.

35 Want hy wat My vind, het die lewe gevind en verkry Vreugde van JaHWeH.

36 Maar hy wat My nie vind nie, benadeel sy eie siel; almal wat My haat, het die Dood lief.

 

Die feesmaal van die Gees van Wysheid.

Hfs 9:1

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205