MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 5

Salomo se openbaring van die Wysheid in die boek, Wysheid van Salomo

Hierdie boek, die Wysheid van Salomo, volgens die Protestantse hoerkerk, `n Apokriewe of Deutero-Kanonieke boek sonder goddelike gesag, is snaaks genoeg wel in die Roomse hoerkerk se Bybel, die Vulgaat. Die Roomse sê weer die boek is Kanoniek en nie Deutero-Kanoniek nie. Sien u alreeds die verwarring? Babilon beteken verwarring deur verbastering of vermenging. Almal het tog dieselfde bron, naamlik die Konsilie van Nicea in 325 NC toe hulle almal onder keiser Konstantyn saam besluit het wat die ONVERANDERLIKE Bybel moet wees. Hoekom haal die Protestante dan die goed uit of water hulle dit af. Nou, uiteindelik weet ek. Hulle moes hierdie verborge Hemelse Moeder baie diep verberg en ons volgende Boek van Salomo sou dit onmoontlik gemaak het om Haar te verberg. Dus was die boek te Rooms na hulle sin en is beweer dat dit Maria-aanbidding dien en daarom moet dit uit! Die Roomses daarenteen kon weer hierdie vroulike aspek uitbuit in hul moeder-maria aanbidding. Dit is dus valsheid na alle kante toe!

Nee wat, die Protestantse manlike chauvinistiese orde kon nie versteur word deur sulke nonsens nie! Netnou dink vrouens hulle is mans se gelykgeskapenes en wil hulle dalk begin lering gee. Dankie, sou hulle gesê het, los maar ons manlike Drie-Eenheid in die hande van ons bekwame manlike priesterorde, ons weet hoe om die dinge te doen, sonder vrouens wat dink dat hulle ons van WYSHEID, van alle dinge, bid jou aan, kan voorsien! Nee magtie, dis te erg!

Nou weer ernstig.

Die volgende gedeeltes uit die Wysheid van Salomo word ter wille van volledigheid hier geplaas:

Hfs 1:4 Die Wysheid sal nie ingaan in n bedrieglike siel nie, en Sy woon nie in ‘n liggaam wat deur wetsverbreking beswaar is nie.

 

1:23 Elohim het die adamiet geskep vir onsterflikheid, en HY het hom gemaak as ‘n beeld van SY eie, ewige Wese; (weereens `n bevestiging van die manlike/vroulike karakter van Elohim)

 

Hfs 6:12 Wysheid gee Lig en Sy kan nie gedoof word nie. Sy word gemaklik gesien deur die wat Haar liefhet, en Sy word gevind deur wie Haar soek. (hierdie is `n gedurige soeke na Haar, sy kom nie vanself nie!)

13 Sy spring die voor wat na Haar verlang deur self eerste te verskyn.

14 En diegene wat vir Haar vroeg opstaan, sal geen moeite hê nie, want hy sal Haar vind omdat Sy by sy deur sit (hierdie is die deur van jou hart)

15 Dit is uiters verstandig om oor Haar na te dink; en wie homself ter wille van Haar geen slaap gun nie, is spoedig sonder sorge. [Psalm 132:4]

16 Want Sy gaan rond en soek hulle wat Haar werd is; en Sy vertoon Haar met minsaamheid aan hulle op hulle paaie, en kom hulle selfs tegemoet in elke gedagte.

17 Sy begin as ‘n opregte verlange na Tug, en die sorg vir die Tug is liefde;

18 en liefde is om Haar Wet te onderhou; en die navolging van die Wet is ‘n waarborg vir onsterflikheid; [Deuteronómium 30:13; Wysheid van Sirah 15:1-3; Spreuke van Salomo 6:20]

19 en onsterflikheid maak dat ‘n adamiet naby Elohim is.

20 Die verlange na Wysheid lei daarom na die koningskap. [Openbaring 1:6]

21 As julle behae skep in trone en septers, vorste van die volke, het dan die Wysheid lief, sodat julle kan koning wees in lengte van dae. [2 Ezra 2:43]

Niemand kan koning en priester in die Melgisèdek orde word sonder `n verlange, dus `n kennis en erkenning van Haar nie, of anders gestel, as jy die Moeder verwerp, kan jy nie JaHshua se Bruid word nie.

Die Wysheid kom van Elohim af.

22 EK sal julle meedeel wie die Wysheid is en hoe Sy ontstaan het. Ek sal Haar geheime nie vir julle verborge hou nie, maar Haar spore volg vanaf die begin van Haar ontstaan, en ek sal Haar Kennis aan die lig bring en in geen enkele opsig die Waarheid verbygaan nie.

23 Ek sal nie saamgaan met die naywer wat verteer nie, want die Wysheid woon daarmee nie saam nie.

 

7 Daarom het ek gebid, en my is Insig gegee; ek het geroep, en die Gees van Wysheid het vir my gekom.


8 Ek het Haar hoër geag as septers en trone; en rykdom het ek as niks beskou in vergelyking met Haar.

9 Ook edelgesteente het ek nie met Haar gelykgestel nie, want al die goud is in vergelyking met Haar net ‘n bietjie stof, en al die silwer is teenoor Haar soos slyk.

10 Ek het Haar meer liefgehad as gesondheid en skoonheid, en ek het Haar besit verkies bo die Lig, omdat die glans wat Sy versprei nie gedoof kan word nie.

11 Maar saam met Haar het tegelyk al die suiwer dinge my deel geword, want onmeetlik is die rykdom in Haar hande.

12 Ek het al die dinge geniet, omdat Sy die Wysheid is wat hulle gebring het, sonder dat ek geweet het dat Sy in Haar die Moeder is. [Boekrol van Henog 84:3]

13 In opregtheid het ek Haar leer ken, en sonder afguns deel ek Haar mee; ek hou Haar rykdom nie verborge nie.

14 Want Sy is vir die adamiete ‘n onuitputlike skat; en hulle wat Haar verwerf het, is aangeneem in vriendskap met Elohim, omdat hulle ‘n band gevorm het deur die geskenke van die Tug.

15 Mag Elohim Haar aan my gee om ooreenkomstig my kennis te spreek, en om ooreenkomstig die waarde van die gawes te dink, omdat HY die Gids van die Wysheid is en HY die wyses teregwys.

 

Die verhewe geaardheid van die Wysheid.

22 WANT die Gees wat in Haar is, is Verstandig, apartgestel, (verseker nie die gees wat tans in die meeste kerke heers nie) enig, veelsydig, fyn, vaardig, deurdringend, suiwer, helder, onkwetsbaar, bedag op die suiwere, skerp,

23 vry, mild, lief vir die adamiet, standvastig, betroubaar, sonder sorge, in staat om alles te doen en te oorsien, terwyl Sy deurdring tot alle geeste wat verstandig, suiwer en fyn is.

24 Want die Wysheid is beweegliker as alles wat beweeg, en Sy deurdring en deurtrek alles vanweë Haar suiwerheid.

25 Sy is die asemtog van Krag van die Elohim en die uitstraling van suiwer Glansrykheid van die Almagtige; daarom kan niks wat besoedel is aan Haar raak nie. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Sirah 24:3]

26 Sy is die weerskyn van die ewige Lig en ‘n onbevlekte spieël van die Krag van Elohim en ‘n beeld van Sy Suiwerheid.

27 Ofskoon Sy slegs Een is, vermag Sy alles; en terwyl Sy in Haarself bly, maak Sy alles nuut; en gedurende al die geslagte gaan Sy binne-in siele van apartes en maak hulle vriende van Elohim en profete.

28 Want Elohim het niemand lief as alleen diegene wat saam met die Wysheid woon nie.

Hier word weereens bevestig dat Sy die Moeder van alles is, dat Sy ingaan in ons siele en dat Sy ons in ons siele bewerk, sodat ons vriende van Elohim kan word. Verder is Sy die asemtog van die Krag van Elohim en die uitstraling van Sy Glansrykheid of heerlikheid. Wie anders is Sy dan as die Heilige Gees wat alles in Génesis 1 in bestaan gebring het nie? Sy sê in Spreuke dat Sy saam was as mede-skepper, vanaf die ontstaan van ons aarde was Sy besig gewees met ons.

Die vrugte van die Wysheid.

Hfs 8:1: WANT Sy reik deur Haar krag van die een einde tot die ander, en dit is Sy wat alle dinge gunstig reël.

2 VANAF my jeug het ek Haar liefgehad en gesoek, en ek het pogings aangewend om Haar vir myself as bruid te neem; ek het verlief geraak op Haar skoonheid.

3 Sy beroem Haar op Haar afkoms omdat Sy met Elohim leef, en HY wat Meester van alles is, het Haar lief.

4 Want Sy is ‘n ingewyde in die Kennis van Elohim, en Sy staan by HOM in SY werke. [Openbaring van Henog 11:40, 41]

5 As rykdom ‘n begerenswaardige besit in die lewe is, wat is dan ryker as die Wysheid wat alles werk?

6 As die besonnenheid ‘n werk onderneem, wie is dan onder al die werkers wat leef, die bekwaamste?

7 En wanneer iemand Geregtigheid liefhet - Haar hele bekommernis is die deugde, want Sy onderrig die matigheid en die verstandigheid, die regverdigheid en die sterkte, wat vir die adamiete die nuttigste in hulle lewe is.

8 As iemand strewe na ‘n veelsydige ervaring, Sy leen die verlede en voorsien die toekoms; Sy verstaan die sin van woorde en die oplossing van raaisels, Sy besit voorkennis van aanwysinge en voortekens, ewenas die afloop van tye en tydperke.

9 Daarom het ek geoordeel om Haar as lewensgesellin te neem, want ek weet dat Sy vir my ‘n suiwer Raadgeefster sal wees en ‘n Trooster in sorge en smart.

 

 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205