MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 7

Die geboorte van JaHshua

Ons volgende soeke na die bestaan van hierdie Hemelse Moeder in die Nuwe Testament sal moet begin by die begin, naamlik by die geboorte van JaHshua, eintlik al `n bietjie vroeër, met die geboorte van Sy aardse moeder, Miriam, of verkeerdelik bekend as Maria, vanaf die afgodsnaam Ma-Rhea (die hemelkoningin) en wat nie verder in hierdie boek gebruik sal word nie.

Ons sal ook `n bietjie agtergrond moet kry oor hoe die ou Levitiese orde oorgegaan het na die nuwe Melgisèdek orde, waar JaHshua nou hierdie priesteramp, sowel as die koningsamp van Dawid vervul het. Toe Jahshua gebore is, was Hy vanaf geboorte vervul met die Gees van Wysheid. Die Engel sê vir Josef, die pleegvader van JaHshua, dat wat in Miriam (Maria) verwek is, kom van die Gees van Apartheid (Heilige Gees) volgens Matthèüs 1:20.

Ons haal weer aan uit `n Nuwe Testamentiese Apokriewe boek, naamlik die Oerevangelie of Kinderevangelie van Jakobus, wie JaHshua se ouer broer was.

19 EN ek (dis nou Josef) sien n vrou afkom van die gebergte, en sy sê vir my: Man, waar gaan jy heen?

1a En ek sê: Ek soek ‘n Hebreeuse vroedvrou! En sy antwoord en sê vir my: Is jy uit JisraEl? En ek sê vir haar: Ja!

1b En sy sê: En wie is sy wat daar in die grot geboorte gee?

1c En ek sê: Sy wat aan my verloof is.

1d En sy sê vir my: Is sy nie jou vrou nie?

1e En ek sê vir haar: Dit is Mirjam wat in die Huis van JaHWeH opgevoed is en deur die lot aan my as vrou toegewys is, tog is sy nie my vrou nie, maar sy het ontvang van die Gees van die Apartheid.

1f En die vroedvrou sê vir hom: Is dit waar?

1g En JôWsef sê vir haar: Kom kyk! En die vroedvrou het met hom saamgegaan.

2 Hulle staan toe op die plek van die grot, en kyk, ‘n ligtende Wolkkolom oorskadu die grot.

2a En die vroedvrou sê: Vandag is my siel groot gemaak omdat my oë wonderlike dinge aanskou het, want Lossing is vir JisraEl gebore.

2b En meteens trek die Wolkkolom weg van die grot en daar verskyn ‘n groot Lig in die grot, sodat hul oë haar nie kon verdra nie.

2c En geleidelik het daardie Lig verminder totdat die Kindjie te voorskyn kom en die bors van Sy moeder Mirjam neem.

2d En die vroedvrou roep uit en sê: Vandag is dit ‘n groot dag vir my deurdat ek hierdie ongewone skouspel gesien het.

Hierdie skouspel was niks anders as die Gees van Wysheid, ons Hemelse Moeder wat hierdie geboorte verborge gemonitor het vanuit die Wolkkolom en later verskyn het as die Lig wat gaandeweg verminder het, OMDAT SY ALGAANDE IN DIE SEUN JAHSHUA INGETREK HET! Sy het in hierdie lewende tempel JaHshua ingetrek, en net soos wat Sy in Sirag 24 sê dat Sy in die Tabernakel van Apartheid teenwoordig was, was Sy nou in Hom, as die lewende tabernakel. JaHshua is nou die manlike tempel van Jerusalem, en in Sy innerlike die vroulike Gees van Wysheid, ons Moeder van die Levitiese orde as Sion.

Onthou tog dat die Tabernakel in Dawid se tyd op die berg Sion gestaan het, maar is later, toe die Jerusalem Tempel voltooi is, ook in die tempel geplaas is, net soos wat die lig ingetrek het in Jahshua tydens Sy geboorte. Ons lees daarvan in 1 Konings 8.

Inwyding van die Tempel.

1 Kon 8:1 DAARNA het Salomo die oudstes van JisraEl en al die stamhoofde, die hoofdelike vaders van die kinders van JisraEl, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die Verbondsark van JaHWeH uit die Stad van Dawid, Sy is Sion, op te bring.

9 Daar was niks in die Ark nie buiten die twee Kliptablette wat Moshè by Horeb in haar neergelê het, toe JaHWeH ’n Verbond met die kinders van JisraEl gesluit het by hulle uittog uit die Aarde van Egipte.

10 En toe die priesters uit die Apartheid uitgaan, het die Wolkkolom die Huis van JaHWeH gevul.

11 En die priesters kon vanweë die Wolkkolom nie staan om diens te doen nie, want die Glansrykheid van JaHWeH het die Huis van JaHWeH gevul.

Orals in die voorafgaande hoofstukke het ons gelees dat die Hemelse Moeder in die Wolkkolom was, en dat Sy die Glansrykheid van JaHWeH is. Ook is die twee kliptablette die twee liefdeswette oftewel groot gebod wat Hy vir ons kom leer het, hierdie groot JaHshua-hart van vlees, gevul met die Moedergees. Hoe kan dit anders wees as hierdie legstukkies dan

nou so presies inmekaarpas? Dit moet mos waar wees! Ons kan dus nog iets baie belangrik aflei uit hierdie daad, naamlik dat die volk in die tye van die Rigters deur die Moeder vanuit die Tabernakel gelei was en in die tye van die Konings vanuit die Tempel, wie se gesag gesetel was is in die mans, naamlik die opeenvolgende konings. Nou het die Moeder weereens ingetrek in `n Man, die laaste lewende Tempel van Dawid.

Nou het ons Hemelse Moeder, die Wysheid, `n waardige lewende Huis gevind waarin sy kon woon en werk. Vir 30 jaar werk Sy in hierdie jong Man, die verpersoonliking op aarde van die LIEDFDE VAN VADER en leer en lei Sy hierdie Seun van Haar tot op Sy dertigste jaar, totdat Hy bevoeg bevind was vir Sy taak as Verlosser van Israel.

Hierdie werk sal onvolledig wees as ek nie die hemelse verwekking van JaHshua hier behandel nie. JaHshua is volkome verwek in die Hemele en die volledig gevormde hemelse embrio is aarde toe gebring deur Gabriël, die aartsengel. Die kerke verkondig dat saad van die hemele wel teenwoordig was, maar dat die eiersel menslik was. In hierdie eeu ontken talle kerke egter die goddelike aard van Jahshua.

Nee, dit is nie waar nie, Hy is volledig in die Hemele deur Sy Hemelse VADER en Sy Hemelse MOEDER verwek en ek haal weer aan uit `n ander boek van Salomo, naamlik die Odes van Salomo, Hoofstuk 19, en ja, u het dit korrek, weereens gesensor deur die priesterorde as Apokrief!

Ode 19: N BEKER (houer) saad was My (die Hemelse Moeder) aangebied, en Ek het hom ingeneem as die soetheid van die Suiwerheid van JaHWeH.

2 Die Seun is die Beker (houer) en HY wat getap is, is die VADER, en Sy wat HOM getap het, is die Gees van Apartheid;

3 Want SY (Vader se) saadorgaan was vol, en dit was nie wenslik dat SY saad sonder rede afgeskei word nie;

4 Die Gees van Apartheid (Hemelse Moeder as die Gees van Wysheid) het Haar skoot geopen en die saad vanuit die twee saadselle van die VADER vermeng, [Lukas 2:21]

5 en het die Mengsel (volkome gevormde embrio) aan die wêreld gegee sonder dat hulle daarvan bewus was; en hulle wat Hom ontvang, is in die volheid van die Regterhand.

6 Die baarmoeder van die maagd het Hom (JaHshua, wat reeds verwek was) omhels en sy het swanger geword en gebaar.

7 Die maagd het ‘n moeder met groot deernis geword;

8 Sy was in barensweë en het ‘n Seun gebaar sonder om pyn te voel, omdat Hy nie sonder ‘n rede ontstaan het nie;

9 Sy het nie ‘n vroedvrou verlang nie, want HY (Die Hemelse Moeder deur Vader gestuur as die Lig in die grot) het haar verlos. [Boodskap van Jakobus 19:3]

10 Sy het gebaar, soos dit is, ‘n Man, deur die Wil van Elohim, en het Hom gebaar en Hom bekend gemaak, en het Hom in groot Krag verkry;

11 En sy het Hom liefgehad met die bevalling, en Hom bewaak met minsaamheid en Hom in grootheid bekend gemaak. [Boekrol van Henog 62:7]

Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Hoe ryker sou die Nuwe Testament nie met hierdie inligting gewees het nie, hoeveel minder gestry oor maagdelike geboorte, ens

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205