BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

My kom die wraak toe

1029 "My kom die wraak toe", sê die Heer, en daarom moet julle nie wraak neem nie, in plaas daarvan moet julle `n poging aanwend om kwaad met goed te vergeld, en nie dink hoe julle kan wraak neem vir die verkeerde wat julle aangedoen is nie. Want iemand wat onreg ly en nooit wraakgedagtes koester nie, is saggeaard en geduldig, en sy wil poog om onreg uit te skakel deur niks te doen ten einde bevrediging te verkry vir homself nie. En dit is `n groot vooruitgang vir die siel. Dit is beslis baie moeilik om onregverdig behandel te word en tog die vyand met liefde te behandel, maar in elke geval is dit buitengewoon voordelig. Die mens moet altyd in gedagte hou dat elke gevoel van wraak die siel in duisternis klee, dat dit nooit lig en duidelik in `n menslike siel kan word waar daar plek is vir wraakgedagtes vir die kwaad aangedoen deur `n ander persoon nie, want sulke gedagtes sal onvermydelik lei tot gevoelens van onvriendelikheid en dus geestelike swakheid. En die mens kan nie liefdevol aktief wees as hy nie `n einde maak aan sulke gedagtes in hom nie. Want vyandigheid is `n huldeblyk aan die teenstander. Enigeen wat met sy naaste in vyandigheid leef, het reeds die bose mag alle reg oor hom gegee. Elke gevoel van haat en wraak moet uit die hart verban word, want dit sal lei tot ander onrein gedagtes, net soos, omgekeerd, `n vroom en sagte karakter altyd net bekommerd is om nie verkeerd te doen aan enigiemand nie, en dat alle ongeregtigheid gelos moet word as die verantwoordelikheid van God Self. Want net God kan die skuld van twee vennote oordeel en wat aanleiding gegee het tot die vyandskap. As dit dus in die aardse lewe blyk dat haat en verdeeldheid wil heers, moet die mens veral probeer om hierdie slegte gewoontes uit te skakel. Dit is nie genoeg vir `n persoon om `n argument angstig te vermy nie, hy moet poog om homself waar moontlik aan te pas by die ander persoon en vyandige gevoelens verander in die teenoorgestelde. Die sukses van sodanige voorneme sal onbeskryflik voordelig gevoel word, alle haat sal eindig omdat liefde, sagmoedigheid en geduld sy plek sal inneem, en die persoon sal `n innerlike gevoel van tevredenheid ervaar as hy probeer om, waar moontlik, alle onreg teen hom ongedaan te maak met die wapen van liefde. Liefde blus alle woede, wraak hebsug en die drang om wraak te neem. Liefde verminder die gevoel van onreg gely en sal nooit vergelding oorweeg nie, want sy streef na geestelike volmaaktheid en daarvoor moet elke afbrekende gedagte eers uitgesluit word, en God sal woon waar die mens bo homself uitstyg en die hart verander het na liefde, sagmoedigheid en geduld, want dit is die onvermydelike basiese voorwaarde vir God om Homself te openbaar en dus ook geduld te hê met Sy kinders. Menslike wraak en vergelding is nie toelaatbaar waar die siel haarself wil bevry van haar kettings nie. Gee dus alles aan die Heer, want Hy is die suiwer Liefde self en sal wraak neem volgens die wet van die liefde. Net so moet julle ook `n poging aanwend om liefde onder mekaar te beoefen en altyd en tot in ewigheid God se wil vervul, wat julle waarsku om julle medemens se onvriendelikheid nie te hard te oordeel nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205