BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die vorming van `n wolk in die hemel - die lyding en dood van Christus

1081 God, die Heer van Hemel en Aarde sal julle `n sigbare teken gee wat van Sy Mag en Glorie getuig. Dit was van ewigheid af bepaal en sal so opvallend getoon word dat julle, julleself aan die vorm van die goddelike almag en liefde sal verwonder. Hoe onbelangrik die klein wolkie in die hemel ookal mag lyk; dit sal nietemin lewe soos julle s`n berg. En hierdie lewe word deur God ooreenkomstig Sy wil so in die wolkformasie gevorm dat die lyding en dood van die Heer maklik herkenbaar sal wees en julle die Een op die kruis sal herken wat die wêreld wil ontken; julle sal of met afsku gegryp word, of skreeu van vreugde, afhangende daarvan of julle Hom verwerp of Hom in julle harte hou. Die laasgenoemde hul sal in gebed verpoos terwyl eersgenoemde, wat hulle op `n afstand van Jesus Christus bevind, die beeld sal probeer ontken.

En die Heer wil dit so hê, Hy wil die mensdom `n teken van Sy guns en liefde skenk, omdat dit hul geloof sal versterk: Óf om hul geloof in Jesus Christus, Redder van die wêreld te laat herlewe as hulle dit verloor het, óf om dit tot `n onwankelbare krag te laat groei. En die mensdom sal nogmaals poog om die wonder van die goddelike liefde te verkleineer, hulle sal dit verklaar as `n toevallig gevormde verskyning en as onbetekenisvol verkleineer en hulle sal poog om die goddelike Voorsienigheid ongedaan te maak.

Maar dit sal alle menslike verklarings trotseer en sal die vorm behou, sodat die hele wêreld dit kan bekyk. En die gevolg sal wees dat selfs in die van `n mees anti-mistieke oortuiging, `n nadenke veroorsaak sal word. Die tyd het dan aangebreek waar die mensdom buitengewone verskynings sonder geloofsdwang aangebied kan word, omdat die mensdom se denke so smaakloos geword het dat hulle elke verskyning wetenskaplik sal probeer verklaar, d.w.s. met die verstand, wat alle geestelike bemiddeling deur onbekende kragte ontken.

Daarom word die mense se vrye wil nie in gevaar gebring deur dergelike verskynings nie; inteendeel sal wetenskaplike verklarings aanvaar word bo die dat dit `n teken van bo is. En weereens sal slegs die wat God soek en die wat in liefde lewe, die sigbare teken van die ewige Godheid herken; en daardeur word die guns van die goddelike liefde opnuut aangebied aan die mensdom, met slegs weinig wat dit as sodanig erken.

Die Heer maak die natuurlike wette vir `n tyd los, sodat dit die eksperimenteerders moet laat dink; maar waar die begeerte ontbreek om suiwer waarheid te erken, daar kan selfs die sterre hul gewone baan verlaat en die sonne hul glans verloor, sonder om die verharde wil van die mense te buig, maar sal maak dat hulle net meer na natuurlike wette soek en hulle daardeur verder van die ware kennis afwyk.

Daarom is hierdie buitengewone teken `n direkte geskenk van genade; nietemin slegs vir hom wat die wonder van die verskyning met sy hart erken, of begin om daaroor na te dink. Maar hy wat hierdie geskenk van genade nie gaan gebruik nie, sal daardie hemelse vorm sielloos beskou sonder om `n poging aan te wend om betreffende hierdie fenomeen tot `n gevolgtrekking te kom, maar sal dit as `n blinde kans van `n uitsonderlike aard afmaak, want so `n persoon het nie liefde in die hart nie en is nie geskik vir diepere wysheid nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205