BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kerkgeboue

1083 As vaste plekke om God te vereer, het julle kerke gebou wat nie strook met die Wil van die Heer nie. Daardeur het die eintlike verering van God in die hart van die mens tot `n minimum gedaal. Daar is baie wat meer waarde heg aan uiterlikhede, veral kerkgeboue, as aan die innerlike omgang van die mens met hulle Hemelse Vader.

Tog moet slegs die innerlike omgang die grondslag wees van alle verering van God. Elke handeling wat gepaardgaan met vertoon van praal ontbreek aan diepe innerlikheid, wat egter ook begryplik is, want die mens is meer met die aardse materie verbind, as wat hy hom eenvoudig en innig met die Hemels Vader kan verbind. Waar `n sigbare uitbeelding dus iets geesteliks duidelik moet maak, bestaan die gevaar dat die sigbare die aandag kry, waardeur die geestelike verontagsaam word.

Die aardse mens kan eintlik eers tot innerlike rus, tot vergeesteliking kom, wanneer al die waarneembare, wat binnekom deur `n mens se sintuie, volledig uitgeskakel word. Elke mens moet voortdurend worstel en op sy hoede wees dat aardse verlangens en wêreldse gedagtes nie die oorhand kry nie, want die wil tot die geestelike neem in gelyke mate af soos wat hierdie gedagtes die oorhand kry en dit is dan uiters moeilik om weer in kontak te kom met die geestelike.

Daarom is dit verstaanbaar dat alle seremonies, alle handelinge wat `n sekere geestelike betekenis vir die mens duidelik moet maak, meer geskik is om die mens op die uiterlike te rig en die mens oppervlakkig te laat word. As die mens homself deur innerlike drang wil vergeestelik, dan sal dit vir hom duidelik word hoe volhardend hy teen alle invloede van buite af moet stry, hoe hy steeds weer moet probeer om alles om hom heen uit te skakel, om so heeltemal en al aan die “suiwer geestelike” te kan oorgee. En dit alles is nie moontlik op plekke waar baie mense saam is en waar vasgestelde handelinge plaasvind wat die grootste aandag van die mense vereis nie, wat presies omgekeerd is van dit wat net belangrik is vir God.

Die mens moet nie dink dat dit hom tot sonde gereken sal word as hy al hierdie uiterlikhede nie nakom nie. Wat deur God gewaardeer word, is slegs die diepte van geloof, die graad van liefde en die onbeperkte oorgawe van die aardse kind aan sy Hemels Vader. En wie hom ywerig hiermee besighou, hoef nie die oordeel van die Vader te vrees nie, want hy handel dan welgevallig voor die Vader en soek in alles die “vrug” en nie net die skil nie.

God slaan geen ag op volmaakte handelinge wat slegs uiterlik gedoen word en die kern van die saak nie aanraak nie, want die verinnerliking van die gemoed vereis `n voortdurende verbinding met die goddelike Verlosser en Heiland Jesus Christus. Die vasgestelde tye vir die verering van God is in die vêrste vêrte nie voldoende om volmaaktheid van die siel te bereik nie. Die mens moet eerder vir God, die Heer elke uur van die dag met liefde vereer en dank betuig en hy moet voortdurend na die “vrywording van die gees” strewe.

Daarvoor is voorgeskrewe plegtighede waarlik nie geskik nie, want dit laat die menslike gemoed eerder onverskillig word, omdat die mens verkeerdelik dink dat hy die Wil van God vervul het en dit is vanweë die geestelike stilstand of selfs agteruitgang, buitengewoon betreurenswaardig, omdat die mens elke uur moet benut om aan hulself en hul siele te werk, met volmaaktheid as doel. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205