BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die afsetting van `n aardse mag

1103 Die gees van enigeen wat die wêreld rede gee om onder voortdurende bedreiging te lewe, toon nie die liefde wat hy in homself moet hê nie. Dit is eerder hulde wat aan die bose gebring word deur die persoon wat onenigheid en twis onder die mensdom versprei. Die mense is veronderstel om liefde en vrede te kweek en almal moet soos broers vir mekaar wees. In plaas daarvan word bittere vyandskap na huise geneem wat vreedsame mense moet beskut; en `n hele nasie sal onwaardig wees as die burgers van `n land in geestelike gevangenskap leef. Die verslawing van hulle wat as broers behandel moet word, word nie volgens die wil van God goedgekeur nie.

Hulle wat verwaande wette maak wat persoonlike vryheid beperk en dit net om `n vooropgestelde idee deur te druk, sal spoedig ontdek dat hulle te ver gegaan het en dat die noodlot teen hulle wat in beheer is sal draai. Toegegee, aanvanklik sal dit lyk asof die wêreldmag suksesvol is, maar nie vir lank nie, want alle tekens van die tyd wys na die einde van die periode wanneer krag vóór genade kom. Maar as dit onhaalbaar blyk dat die swakkes op aarde gerespekteer word, dan is dit deur die Wysheid van God toegelaat sodat die Geregtigheid van God, Sy Liefde en Sy Almag eendag duidelik tot uiting sal kom, want hy sal tussenbeide tree wanneer die tyd reg is. Julle moet Hom alleen laat regeer en Hy sal die lot van iedereen so reël dat dit vir elkeen draaglik sal wees en met die seën en hulp van God sy lewe tot die regte bestemming bring.

En maak julle nou gereed om `n openbaring te ontvang, waarvan julle die betekenis nie vandag sal kan begryp nie, maar dit sal aan julle verklaar word: Die Heer sal kragtig moet ingryp in die geestelike chaos en die wêreld sal die skaal van die ewige Godheid se ingryping angstig evalueer. En daarom is dit toelaatbaar dat die heerser van `n verontruste nasie eers self die ellende sal moet proe, alvorens hy sterk beïnvloed sal word deur wêreldgebeure. Tot hiertoe sal hy nog die hoogte van sy roem geniet, aangesien die mensdom hom bly aanpor, maar sodra hy geval het, sal niemand met of namens hom praat nie, want in ontbering en bitterste nood het die mensdom vergeet dat hulle hom ook sekere voordele verskuldig is en so sal dit gebeur dat in die komende tyd van ontbering, die wêreld `n algemene opstand teen hierdie outoriteit sal beplan en uitvoer, wat `n mens se val sal veroorsaak, wat homself in `n belangrike posisie sien. En hierdie siel sal `n besluit moet neem, hy sal hom laat lei deur sy siening van opregtheid, hy sal die foute en tekortkominge erken, maar ook die bedoeling van hulle wat verlang na `n verbetering van die hele situasie en sal hulle met minder mag tevrede stel om die mensdom teen verdere rampe te beskerm, want die ongelooflik verbitterde mense sal hulle regte eis en sal vra vir die verwydering van hom wat die onbeskryflike ellende oor die mensdom gebring het.

En die uur sal kom wanneer ryk en arm, jonk en oud, hoog en laag sal besef hoeveel mag hierdie heerser uitgeoefen het en hoe die verstandiges bedrieg was deur sy verskyning en bedrog. En sodra hierdie verandering van rigting plaasgevind het, sal die aarde slegs `n weinig langer so bly, om dan `n volledige nuwe voorkoms te kry as gevolg van `n reusagtige ramp, nie oral nie, maar merkbaar in alle lande wat verenig was in die wêreldoorlog en wedersydse vernietiging beplan het. En dit sal `n verskriklike dag wees wat deur `n verskriklike nag gevolg sal word, want die Heer wag met uiterste geduld, maar as dit geïgnoreer word, sal die gebeure in die wêreld plaasvind en dit sal iedereen volgens verdienste beïnvloed, want God se regverdigheid sal niemand op `n troon laat wat nie sy status regverdig nie en sal hulle verhoog wat altyd getrou aan hom was, nie terwille van die aardse beloning nie, maar vir hul liefde vir die goddelike Skepper. Die lot van iedereen is van ewigheid af bepaal en die Heer voer slegs uit wat in Woord en Skriftuur afgekondig is, sodat die mensdom die waarheid van hierdie voorspellings kan erken en dit ter harte neem. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205