BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Voorloper - `n Nuwe geesteryk - Nuwe geslag

1107 Die mensdom sal sy ware heil in `n heeltemal nuwe geestesrigting moet erken en hulle sal moet hardop getuig dat slegs dit hulle redding was uit alle nood. `n Gekwelde, deur alle ellende besoekte geslag kan homself slegs verlos uit die grootste aardse kwelling deur die omvorming van hulle innerlike wese en `n deeglike werk aan hulle sielelewe. `n Veredeling op so `n manier sal dan ook `n verbetering van die aardse situasie tot gevolg hê, want slegs die lae geestelike peil is die oorsaak van alle liggaamlike plae. Maar dit word opgehef sodra die mens self geestelik moeite doen om volgens die vereistes van God se Wil te lewe, want die geestelike duisternis van die mens het `n verskriklike uitwerking. Tallose siele gaan die verderf tegemoet en kan nie anders gered word as deur `n bomatige swaar aardse lewe nie.

En in die nood van hierdie siele sal God `n man laat opstaan, wie se gees vol van die goddelike Gees sal wees. Hy sal op so `n wyse van Jesus spreek, dat elke mens wat hom sal sien van verligting sal sug, as bevryder van die gees van ontelbare dwalende mense. Mense sal hom ook bestry, maar sy Woord en gesag sal die vyand beslis neerslaan. Hy sal oor die siele worstel, liefde predik en die harte laat ontvlam. Hy sal hulle aanspoor tot geestelike medewerking. Hy sal die suiwer goddelike leer vir die mense aanbied en elkeen wat gewillig is en wat die regte ding doen, sal die Gees herken wat uit hom spreek.

Hy sal geen aardse mag vrees nie en tog nooit geweld gebruik nie, slegs die mense met groot geduld en liefde wys op hulle verkeerde lewenswandel, hulle versugting na die wêreld en op hulle ondergang. En baie sal sy woord verneem en daarby steun vind, hulle sal in hulself keer en die waarheid van sy woorde insien. Hulle sal hom wil beskerm teen sy vervolgers en daar sal selfs weldra twee partye vorm wat mekaar sal bestry. Maar God sal aan hulle wat vir hom is, groot krag verleen en die mag van die teenstanders sal afneem. En so sal die nuwe Ryk begin. En geseënd is hy wat aan die innerlike stem gehoor gee en opkom vir wat hy in homself verneem. Geseënd is hy wie homself by die leër van die stryders vir Jesus aansluit en teen die wêreld van die teenstander optrek.

Die gekwelde siel sal in die laaste uur bevry en gered word en `n nuwe tydperk sal aanbreek. Die uiterlike skyn, glans en prag van die wêreld sal nie meer so begeer word soos voorheen nie, want die mens sal homself rig op die ontwikkeling van sy siel en sal strewe na geestelike rykdom. Sy verlange sal meer gerig wees op geestelike gawes van bo wat die wêreld nie kan bied nie.

In hierdie tyd sal daar `n nuwe geslag voortkom en die draers word van die ware Christendom. Hulle sal in die liefde tot God en die naaste lewe en die bestemming van die mens insien, dus bewustelik werk aan hul voleinding. Die siel sal haarself met die Gees verenig en haarself verbind met God, die Vader en Skepper van alle dinge, om met Hom verenig te wees tot in alle Ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205