BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geloof is die eerste voorwaarde vir die waarheid.

1134 Ongeag hoe nougeset `n persoon poog om die waarheid te ken, is sy sekerheid nie gewaarborg solank as wat sy strewe nie gefundeer is op `n diepe geloof nie. Sonder laasgenoemde is alles wat aangebied en aanvaar word deur mense, deurspek met foute. In teenstelling daarmee sal die geringste gedagte in geloof ook die suiwerste waarheid wees, maar dan moet `n persoon aandag gee aan die oorvloed van gedagtes wat na hom vloei. Indien hy in geloof in God debatteer oor enige onderwerp, sal hy by wyse van spreke gegryp word en baie diepgaande kennis sal aan hom oorgedra word, en hy kan dan verseker wees dat dit die suiwerste waarheid sal wees, want dit is die fundamentele inherente manier van denke-oordrag wat `n persoon vraend tot die aangestelde onderrigtende wesens kan rig wanneer `n gedagte-begerende verduideliking in hom ontstaan. Die enigste manier vir `n ware openbaring is die vraende begeerte, wat dan onmiddellik beantwoord sal word. Wie is die enigste Een wat alles verduidelik? Slegs die goddelike Skepper Self, en Hy gee die wesens wat Hom dien die taak om elke lewende skepsel in te lig oor dit wat hulle begeer om te weet. Elke persoon se gedagtegang is die gevolg van `n min of meer sterk wil vir die waarheid. Want God Self is die Waarheid. Indien `n persoon die waarheid met volle geloof in God begeer, dan begeer hy ook God Self. Hierdie begeerte van die persoon se gees vir God, veroorsaak ook die verbinding met die goddelike gees, en so word die gees in die mens opgelei deur die goddelike Gees Self en kan daarom slegs die suiwerste waarheid ontvang. Waar dieselfde begeerte egter bestaan, maar sonder die geloof in God, kan die Godheid nie kontak maak met die persoon se inwonende geestesvonk nie en dus het die teenstander groot krag om van die geleentheid van oordrag gebruik te maak om sy wil aan die persoon oor te dra en hom in dwaling en verkeerde denke in te lei. Die innerlike skakel met God beveilig alle kommunikasie, want enigeen wat tot God roep, wie sy hart oopmaak en luister na die antwoord, sal in staat wees om die absolute waarheid te hoor, want God is bereid om te gee waar `n getroue hart goddelike gawes versoek, en waarheid is altyd en tot in ewigheid `n geskenk van bo.

Waarheid kan slegs van bo af kom, maar nooit uit die afgrond nie. En dus is die mense wys om die goddelike Heer in elke vraag in ag te neem, want die waarheid kan slegs verskaf word deur die Een wat Waarheid in Homself is en geen aardse kind sal dit tevergeefs vra nie, want die Vader in die Hemel sal Sy kinders altyd in die waarheid lei. Daarom moet die geestelik volmaakte wesens ook manifesteer as draers van die waarheid vir diegene wat waarheid wil ontvang, hulle mag nie enige teenstand ondervind as hulle hulself wil uitspreek nie, en daarom vereis dit `n diep geloof in God en in geestelike krag en die oordrag van gedagtes aan die mens. Geloof is dus die eerste voorwaarde waarsonder `n waarheidsoordrag van kennis ondenkbaar is.

Sodra `n persoon hierdie eenvoudige oplossing gevind het, waardeur sy korrekte denke gewaarborg word, sal hy nie gekwel word deur twyfel of neerslagtige en huiwerige nagaan van die uitsendings van waarheid nie, maar hy sal onvoorwaardelik aanvaar wat die Gees aan hom gee, aangesien sy houding teenoor God hom verseker van `n korrekte denke. In vergelyking daarmee sal `n persoon wat voortdurend na wêreldse dinge smag, nie die waarheid begeer nie. Hy voel instinktief dat wêreldse plesier en die vervulling van drange nie die doel van die aardse lewe kan wees nie. maar wil dit nie erken nie, en daarom skram hy ook weg om streng na die waarheid te soek in alle aspekte van die lewe. En juis hierdie doelbewuste vermyding van die waarheid, veroorsaak dat die vors van leuens mag oor sy siel kry. Die ewige Godheid kan min hulp stuur aan so `n siel, omdat dieselfde opposisie ook weer tot dieselfde bose invloede sal lei, want God, die ewige Waarheid Self, wil erken word en daarom is geloof die eerste voorwaarde om die waarheid te kry. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205