BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ster - Temperatuur - Voorspellings

1153 Die tyd vlieg verby en die ingesteldheid van die mense verander nie. Daar sal ontelbare siele ten gronde gaan as die Heer hulle nie op die aller laatste nog Sy Liefde sal aanbied en aan hulle die vreeslike ondergang van die aarde voor oë hou nie. En daarom, let op die dae wat hulself wesenlik van die anders gebruiklike jaargetye sal onderskei. Hoe laer die son staan, des te helderder lig sal hy uitstraal en `n uitsonderlike hitte sal die mense verbaas laat staan en dit sal aanleiding gee tot vermoedens van allerlei aard. Deels sal mense hoopvol die komende tyd tegemoet gaan, deels angstige bedenkinge hê en die mensdom sal geneig wees om `n bonatuurlike werksaamheid daaraan toe te skryf .

Tog sal slegs enkeles dink aan hulle verhouding met God. Hulle sal nie besef dat God Self hulle denke na Hom toe wil wend en dus trag hulle ook nie om `n moontlike verklaring te soek in die buitengewone natuurverskynsels nie. Ja, hulle raak baie vinnig daaraan gewoond en haal nie die geringste voordeel vir hulle siele daaruit nie. Want as hulle maar net sou oplet, sou die roep uit die hoogte vir hulle verstaanbaar gewees het, maar hulle wat nie dink aan hulle verhouding met die Skepper nie, bly aardsgesind en neem niks aan van wat hulle geestelik aangebied word nie.

En al hierdie buitengewone natuurverskynsels is uitinge van geestelike aktiwiteite van die kragte wat God onderdanig is en gewillig is om Hom te dien. Steeds opnuut sal geestelike strominge merkbaar word en vir die mense sigbaar word op menigvuldige wyse en tog sal die denke van die mensdom hulself weinig daarmee besig hou, want ook die mag van die duisternis is geweldig werksaam in hierdie stryd teen al die geestelike onderstrominge. Hulle sal trag om die goddelike te verswak en so sal die mensdom slegs aan die aardse gebeure aandag skenk en onverskillig staan teenoor die werksaamheid van die Godheid in die natuur, ofskoon die mense op duidelik gewelddadige wyse daardeur geraak sal word. Slegs `n klein aantal sien dat God Sy Hand na die mense uitstrek en trag om aan die medemens insig te verskaf, maar slegs die weldaad wat liggaamlik voelbaar is, erken die mens, maar nie `n opdrag van bo wat `n verandering van die menslike denke moet bewerkstellig nie.

En in hierdie tyd van welbehae, teweeggebring deur `n buitengewone werking van die son, op `n ongewone tyd, sal daar `n gebeurtenis plaasvind wat ook selfs elke geestelike blinde iets te denke sal gee:

`n Ster sal homself losmaak van die firmament (uitspansel) en sy baan verander. Hierdie ster sal `n ligsterkte hê wat die van alle andere ver sal oortref, hy sal snags helder straal en die aarde nader, sodat ook die verskynsel weer vir die mense ongewoon sal wees en tog terselfdertyd `n bewys daarvan is dat die Skepper van hemel en aarde alle mag het en dus ook aan die sterre hulle baan volgens Sy Wil kan voorskryf.

Wanneer hierdie ster sigbaar word, sal die mensdom die geestelike keerpunt steeds meer tegemoetgaan. Daar sal in geestelike opsig soveel hulp vir hulle aangebied word, dat hulle waarlik net hul eie wil nodig sal hê om die hulp hul eie te maak. Dog sal hul ingesteldheid steeds meer verstok word, hul denke steeds meer verblind. En die tyd sal dan nie meer ver wees waarvan Jesus op die aarde gepraat het nie; dat `n deur uit Sy skarniere geruk sal word as die mens sy hart sluit vir alle geestelike instorming.

Die lig sal ook daar skyn waar dit duister word, want die ligstraal sal so helder wees dat hy alles sal deurdring en ook die geestelike blinde sal moet sien; slegs sy wil sal dit wegwys en sy einde sal wees dat hy deur die lig verteer sal word, want die duisternis word verdrywe deur alles wat helder, lig en duidelik is. En die lig oorwin die duisternis in soverre dat die donker moet wyk waar die lig van die waarheid voorheen sigbaar afgebreek is. En die leuen en die valsheid sal verkrummel, maar die waarheid sal tot in alle ewigheid bly. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205