BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Beskikking van voorsienigheid is die goddelike wil Waarborg vir die hoogste volmaaktheid

1386 Dit is God se wil dat alles wat leef ondergeskik sal wees aan Sy wette, gevolglik kan niks gebeur wat nie volgens goddelike wil is nie, solank as wat dit betrekking het op gebeure wat `n persoon deur die voorsienigheid vir die doel van innerlike ervaring beïnvloed. Die mens se wil kan nooit goddelike wil teenstaan nie, hy sal nooit daarin slaag om dit af te skaf of te verander wat God bepaal het nie, want dit is nie in sy mag nie. Die mens se wil moet in lyn kom daarmee, hy moet effektief saamstem, selfs al is dit nie in ooreenstemming met sy wil nie, omdat hierdie dwang sy waarborg is om in staat te wees om die hoogste doel te bereik, d.w.s. daardeur word hy alle geleentheid gegee tot hoër ontwikkeling. Maar of hy gaan gebruik maak daarvan of nie, is heeltemal van sy wil afhanklik. Maar as die mens in staat was om sy eie lot te vorm, sou hierdie waarborg nie gegee word nie, want hy het geen idee wat sy gees nodig het en hoe dit kan vry word nie.

Daarom bepaal God Self die lot van elke individuele persoon en reël dit so dat Sy wil nie teengewerk kan word as gevolg van `n gebrek aan begrip of `n wederstrewige wil nie. En so demonstreer die goddelike Skepper met Sy wette, die baie liefdevolle sorg vir Sy lewende skeppings; Sy Wysheid herken die toestand van elke individu en Hy poog altyd om aan almal die grootste moontlike hulpmiddel te skenk, deur middel van beskikking van die voorsienigheid, wat geestelike vooruitgang verseker.

Die feit dat so baie geleenthede onbenut bly, is nie as gevolg van die Skepper se wil nie, maar is heeltemal en al te danke aan die mens, wanneer hy te min aandag skenk aan sy innerlike lewe. Hierdie persoon kan ook `n ander lewe gegee word, maar ook dit sal hy nie tot voordeel van sy siel gebruik nie, daarom moet hy nie sy onvolwasse toestand van siel sien as die gevolg van sy aardse lot nie. Want selfs as God hom die vryheid sou gee om sy eie lot te vorm, sou hy op dieselfde vlak gebly het, omdat sy wil nie na bo streef nie.

Dieselfde geld vir daardie entiteite wat die wêreld van die hiernamaals bevolk, in volle besit van hulle wil, en wat dus vry is van alle aardse laste. Hulle is ook onderhewig aan `n sekere wet waaraan hulle hulself moet onderwerp. As hulle volmaak is, sal hulle net wil hê wat God se wil is. En in die toestand van onvolmaaktheid is die lot van die wesens in die hiernamaals, net soos in die aardse lewe, aan hulle toegeken en van so `n aard dat dit minstens geneig is om by te dra tot die siel se suiwering, begrip en bevordering. Weereens sal die goddelike wil van toepassing wees, en weereens word dit aan hulle oorgelaat om hulself te onderwerp aan die goddelike wil, of om dit te weerstaan, maar hulle sal nooit hierdie Wil kan verander of dit oneffektief maak nie.

Een Wil regeer almal. Alles wat hulself uit eie beweging ondergeskik maak aan hierdie Wil, is verlos, maar vervloek is die wesens wat die goddelike wil teenstaan. Want hierdie doel sal net eindig met hul ondergang. goddelike wil kan nooit uitgesluit word nie. Selfs waar menslike wil besig is om te werk en dinge tot stand bring wat die goddelike wil weerspreek, dit is slegs met God se toestemming dat hierdie menslike werk daarin slaag om daardeur hulp te bring aan `n siel in geestelike nood, omdat niks ooit kan gebeur wat heeltemal teen Sy wil is nie. Want Sy Wysheid, Liefde en Almag bepaal alles wat gebeur. En hierdie Wysheid, Liefde en Almag wil altyd net dit hê wat die beste is vir elkeen van Sy geskape wesens. En daarom is dit onmoontlik vir enige wese om hierdie wil teen te staan. Slegs die vorming van sy siel word vir die wese gelaat om self te bestuur. Dit word nie in die geringste deur die Skepper verplig nie, en dus kan die wese sy vrye wil gebruik, volgens sy eie diskresie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205