BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die gees van gevoelloosheid –goddelike ingryping

1464 Die gees van gevoelloosheid regeer die aarde en sy bewoners, en die teenstander het tallose wesens oorwin wie se lewens heeltemal sonder enige liefde is. En talle mense word so ingedryf in die chaos wat hy veroorsaak het en wat haalbaar geword het, juis as gevolg van hierdie gevoelloosheid, wat onbegryplike haat en verdeeldheid tussen mense veroorsaak het. Mense het alle gesonde verstand verloor, want hulle word gelei deur die gees van die duisternis. Dit hou ook mense se denke gevange of verdraai dit sodat hulle nie meer weet wat hulle doen nie. Selde het die mensdom hulleself so deeglik ondergeskik gemaak aan die teenstander se wil soos wat tans die geval is. Daarom moet die teenvoeter ook buitengewoon hard wees, indien `n hoër geestelike toestand moet ontwikkel en mense se hedendaagse geestelike misleiding weer reggestel word. En so vereis hierdie geestelike ontbering goddelike ingryping. goddelike Liefde en Wysheid is daarop ingestel om `n gebeurtenis te gebruik om hierdie swaarkry te verwyder wat, weliswaar, die mensdom sal laat twyfel aan die goddelike Liefde en Wysheid, maar dit is die enigste opsie wat oor is om mense van sekere ondergang te red.

Mense bly onverlosbaar, want hulle kan nie op enige ander manier oortuig word om die geloof te aanvaar nie en hulle voldoen nog minder aan die gebod van liefde vir God en hul naaste. En dan weer, moet die mens op die korrekte wyse dink as hy teen die teenspoed van die naderende tyd gespaar moet word vir sy aardse lewe wat vir hom oorbly. Want die goddelike ingryping sal mense oorval met die krag van die elemente en niemand wat homself nie vooraf met God verenig het, sal voorberei wees daarop nie. En daar sal paniek wees wat slegs God Self kan voorkom, as Hy opreg gevra word om dit te doen. Maar mense sal nie geloof in God hê nie, want selfs diegene wat geloof het en in liefde leef, sal angstig en onseker wees, omdat hulle God se stem ook baie duidelik sal hoor. Hulle gees sal skuil in God, en tog sal hulle siel met vrees en ontsteltenis wag op die gebeure wat nog moet kom. Hulle sal skaars in staat wees om hul medemens te troos en sal self sukkel om die geloof te behou, maar God sal hulle ondersteun, sodat hulle nie in hul geloof sal wankel nie. Maar diegene wat God nie herken nie, sal uitkyk vir redding op die aarde en geen hulp vind nie.

Hulle sal hul denke moet verander of die slagoffers word van die elemente wat deur God self beveel word om Hom te dien. Daar sal onbeskryflike verwarring wees, aangesien slegs die grootste nood nog `n verandering in die geharde sondaars kan meebring, slegs die vrees om hul aardse lewe te verloor, sal mense sag en onderdanig maak en bereid om te bid. Maar sonder gebed kan geen gawe van hulp van bo kom nie, want slegs gebed bied `n vaste waarborg dat God Self sal sorg vir Sy aardse kinders en hulle uit alle benoudheid verlos. En die uur sal vreeslik lank lyk vir die mense wat moet sien dat alles wat hulle tot nou toe begeerlik gevind het, vernietig word. En tog kan die mense hierdie uur nie gespaar word nie, omdat almal God se liefde en goedheid verwerp het, en daar is geen ander manier om uit die geestelike nood te kom nie. Weer en weer het God se verdraagsaamheid hierdie gebeurtenis uitgestel, maar uiteindelik sal Sy profesie vervul word, want die tyd het aangebreek wanneer uiterste swakheid van wil en ongeloof hierdie ramp sal opwek. Die tyd is naby wat die Heer deur Sy Woord aangekondig het, toe Hy op die aarde geleef het en verwys het na hierdie tyd van afvalligheid van God. Want Sy Woord is die ewige waarheid en sal gebeur, tot op die laaste letter. Amen.

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205