BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Woedende elemente van die natuur

1473 Die grootheid van die Almagtige sal duidelik word gedurende `n tyd wanneer die elemente van die natuur sal woed en onbeskryflike skade sal veroorsaak. Dan het die uur aangebreek wanneer mense se geestelike verval sigbaar sal word, want niks sal hulle aan God herinner nie, niks sal hulle beweeg om te bid nie, want hulle sal hul geloof in `n God verloor het en sal Hom dus nie in hulle nood aanroep nie. Daarom kan die mensdom nie langer op die aarde bly nie, want hulle versuim om die werklike doel van die aardse lewe te oorweeg en dra net by tot die vernietiging van die geloof van die min mense wat nog nie heeltemal van God vervreemd is nie, wat veroorsaak dat ook hulle God verlaat. God se liefde sal laasgenoemde egter verhoed om benadeel te word en sal dus die lewens van diegene wat dreig om hierdie siele in gevaar te stel, met geweld beëindig.

En daar sal `n groot benoudheid wees wanneer die woede van die elemente begin. Dit sal soos `n storm wees wat dreig om alles te vernietig, mense sal nie in staat wees om hulself daarteen te verdedig nie, want hulle sal wees soos brose stingels wat deur die stormwinde gebuig word, hulle sal wil vlug, maar nie in staat wees om die elemente te ontsnap nie. Sonder God se hulp sal hulle weerstand te swak wees, maar `n opregte aanroep tot God sal die krag van die elemente in toom hou, en almal wat hulself in hul gevaar aan God toevertrou, sal gered word. Maar God sal baie naby aan julle wees gedurende hierdie ramp, Hy sal almal se gedagtes aanraak en vir die laaste keer Sy hand aanbied, sodat julle dit kan gryp en gered word. Maar Hy kan julle wil nie dwing nie, julle moet Hom vrywillig erken en Sy hulp begeer. Daar is geen ander manier meer om die mensdom uit sy geestelike duisternis uit te lei na die lig nie, anders as deur middel van `n gebeurtenis wat veroorsaak sal word deur natuurkragte wat so `n beroering in mense sal skep, dat niemand dit kan ontsnap nie. Gekonfronteer deur hierdie natuurelemente sal hulle hul hulpeloosheid moet erken, hulle sal alle ander hulp verloor, sodat hulle sal besef dat dit die einde van hulle fisiese lewe is, en dan eers sal daar `n geringe moontlikheid wees dat hulle God sal onthou wat geregtig is op alle mag en Wie die hemel en die aarde beheer.

God se lewende skeppings het hulself van Hom afgesonder en het vir `n oneindig lang tyd van God apart gebly, maar `n oomblik van uiterste krisis en gevaar kan hierdie skeiding oorbrug. Die siel kan terugkeer na God, en as gevolg hiervan sal sy God Selfs dank vir die onbeskryflike lyding wat haar tot haar sinne gebring het. Maar hierdie oomblik wanneer die siel haar wil na God rig, kan nie deur God met geweld veroorsaak word nie, ten spyte van Sy allergrootste liefde. God se liefde het alles probeer om verlossing aan die siele te bring en hulle die weg na bo te toon, maar die mense se wil was sterk en God kan dit nie breek nie, maar die mens slegs so beïnvloed dat hy sal verander en hom na God wend. Hierdie natuurgebeurtenis is dus die finale poging om die menslike wil op die mees gunstige manier te beïnvloed. Hierdie natuurgebeurtenis sal so kragtig wees, dat die mens groot krag van sy eie nodig sal hê om ferm te bly in die geloof, en hierdie krag sal gegee word aan almal wat hul gedagtes smekend na God opstuur, want die Vader ken die nood van Sy kinders en sal hulle liefdevol ondersteun as hulle in gevaar is om te wankel, want Sy koninkryk op aarde sal bly staan en `n uitgebreide taak sal uitgevoer moet word, ten einde die goddelike koninkryk te verkondig aan diegene wat God gevind het en `n begeerte sal hê na Sy Woord. En dit is hierdie tyd waaraan die Heer dink, deurdat Hy Sy Woord alreeds toeganklik te maak vir mense, hierdie saad sal op goeie grond val en ryklik vrug dra op die land wat God eers wil reinig van alle onkruid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205