BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Aardse nood - Gewelddadige ingryping - Lewende geloof

1478 Sonder `n gewelddadige ingryping is `n ommekeer van die mensdom nie meer moontlik nie, want hulle denke en strewe is op `n verkeerde doel gerig en die Gees uit God word daardeur aan bande gelê, sodat `n besef van die toestand van gevaar byna onmoontlik is. Uit eie krag kan hulle dus nie meer opstaan nie. Hulle lê gekluister op die grond en het een of ander hulp nodig. En dit kan hulle net op een manier gebied word, wat bliksemsnel die ingewing by hulle sal laat opkom dat hulle die verkeerde weg gegaan het. En daartoe moet die denke van die mens met geweld uit sy gewone loop geskok word.

Kragte moet hul teen die mense draai, waarop hulle tot nou toe nie gereken het nie. En aan hulle moet gesê word wat se hulpelose en magtelose skepsel die mens is, wanneer God sy hulp van hom terugtrek. Hulle moet gedwonge in `n situasie kom, waarin hulle hul toevlug tot gebed sal neem, sodat hulle dan merkbaar hulp gebied kan word en hulle in geloof en vertroue die weg na God kan vind, as hulle maar net gewillig wil wees, want anders sal hulle nie die terugweg na die geloof vind nie. En daarom probeer God nog om die menslike denke op hierdie manier te verander. Slegs `n toestand, wat menslike gesien hopeloos is, sal die mensdom aan `n hoër Wese laat dink, as hy sulke gedagtes tot nou toe verwerp het.

Tog sal ook hierdie wêreldgebeurtenis in baie gevalle tevergeefs wees in geestelike opsig. Die totaal verstokte aardse mens sal geen enkele goddelike beskikking daarin herken nie. Hy sal daarmee verlief neem, sonder om sy instelling teenoor God ook maar enigsins te verander. Hy sal God - as hy Hom nog erken - vervloek weens die oënskynlike onregverdigheid, óf die Goddelikheid totaal verwerp. En vir hulle is daar geen ander reddingsmetode meer nie. Hulle sal heeltemal verlore wees vir ewige tye.

Daar word dus op geen enkele manier dwang uitgeoefen op die denke van die mensdom nie, maar hulle denke word slegs deur buitengewone verskrikkinge en lyding in die regte rigting gelei. En dit word heeltemal aan hulle oorgelaat, om hulself bevestigend of afwysend op te stel teenoor God. Maar die geringste wil na God toe, lewer vir hul vergrote wilskrag op, sodat hulle die geestelike vooruitgang baie goed sal kan verwesenlik, wanneer slegs die gedagte aan God in hulle lewendig word en hulle die krag van God afsmeek en verwag.

God let op die geringste opwelling in die hart en Hy staan gereed met sy gawe van genade. Dit word vir die mens dus in `n sekere sin maklik gemaak om sy geloof in God terug te vind. Maar die verskrikkinge en die leed moet daartoe bydra om die mens gewillig te maak, want dan is die weerstand teenoor God nie so groot soos by die heeltemal rigiede verstoke mens nie, wat net homself en sy aardse goed bedreig sien deur die goddelike ingryping en wie hom verset teen die Mag wat so `n gesag het.

Maar God probeer veral om diegene te help wie se godsdiens tot nou toe net vormgodsdiens was en by wie alle innerlikheid ontbreek. Hy wil hulle help om die innerlike verbinding met die hoogste Wese te vind. Hy wil hê dat hulle in volle vertroue aan Hom sal oorgee, dat hulle hul geloof, wat hulle tot nou toe uiterlik bely, weer bewys, deurdat hulle hul toevlug by Hom sal soek, wie hulle tot nou toe nog nie regtig erken het nie. Hy gee hulle dus nou geleentheid om dit, waarvoor hulle vantevore uiterlik opgekom het, innerlik te beleef en in dade om te sit. Hy wil hul geloof dus tot `n lewende geloof maak, om hulle nou ook te laat kennismaak met die krag van só `n geloof.

Hy wil dat hulle nou innig aansluit by hul Vader in die Hemel, wie hulle altyd slegs met leë woorde aangeroep het. God wil in gees en in waarheid aangeroep word en hierdie nood op aarde sal baie mense daartoe bring om hom in gees en waarheid te wend tot Hom, Wie alleen hulp kan gee. En vir hulle het die aardse onheil dan tot seën geword, want hulle het in verbinding getree met hul Skepper en Hy sal hulle nooit laat gaan nie. Hy sal hulle gedagtes lei tot die regte insig en Hy sal hulle lei deur die duisternis na die lig. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205